Video: Wagters sit boef ore aan

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

Die gemeenskapsforum, SA Crime Watch, het ʼn video op sosiale media gedeel waarin kringtelevisie die oomblik vasvang wanneer ʼn inbreker oor ʼn muur klim voordat twee bulterriërs hom aan sy broek gryp.

Die video wys hoe die man stilletjies oorklim tot in die erf en net voordat hy sy voete op die grond sit, kom twee honde om die hoek gehardloop. Dit lyk eers asof die honde vriendelik naderkom, maar soos wat die man probeer retireer, is dit baie duidelik dat dié twee nie wil speel nie.

Die honde ruk die man grond toe en hy veg verwoed terug om te probeer wegkom. Selfs met ʼn geskop en geslaan weier die honde om te los en die video wys verder hoe die man na ʼn ander deel van die erf hardloop.

Die video is amper 30 000 keer op YouTube gekyk en meer as 1,3 miljoen keer op Facebook, met 3,500 kommentare en dit is 32 000 keer gedeel. Baie mense het ook kommentaar gelewer en gevra oor die welstand van die honde, terwyl ander foto’s van hul bulterriërs gedeel het en meen hulle is die beste waghonde.

Daar is geen ander inligting oor waar die insident plaasgevind het nie, maar inligting onderaan die video dui aan dit het op 12 Januarie 2017 gebeur.

https://youtu.be/b0o_vyr4b08

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

m ·

Dis reg so want hierdie mense moet begin respek kry vir privaat eiendom..

Laurika ·

Mooi man! Vanaand gee ek sommer my twee Bullterriers by die huis ‘n extra been. Kom in my erf in en dieselfde sal met jou gebeur.

WitBlits ·

Mooi so en net vrek jammer dit was nie twee pitbulls gewees nie!

Buitestander ·

Word niemand aangeklaar van diere mishandelling nie.
Gaan hulle die honde uitsit omdat hulle ‘n skelm beetgekry het?

antjie ·

Hy kan maar in my erf inkom….hy salie weer daar uit ni….

Alida ·

Ai ek stem ‘n pittie of twee sou hom nie sommer gelos het nie. Mooi my woef julle verdien ‘n steak !!!!!

cynthia ·

sou so graag vir daai 2 kinders elkeen n lekker steak wou koop net om dankie te se dat hulle sulke goeie waghonde is. net jammer ek weet nie waar hulle bly nie. Well done.

Johann ·

Kan ek my twee maltese poedels stuur vir klasse by die twee?

Bella ·

Die man het ook nie gekom vir n koffie nie, anders sou hy by die hekkie voor ingeloop het. Ek hoop die honde is ok.

Conrad ·

MM – is die honde ok?
Ek wil nie spoke opjaag nie- maar- hyt (ongelukkig) lewendig weggekom-
oppas vir vergiftiging.
Dink al hoe meer ons moet pit bull s op ons plase kry.

amanda nelson ·

Hoop die honde is oraair hul het net hul plig gedoen om n skelm of moordenaar wat oortree goed n les te leer

J ·

O blikemmer! Ek trek my woorde terug i.v.m. die rassisme ding. Een vd helde honde was wit! Ek dink hyt groot twak!

Adri Bouwer ·

Dit was eintlik sy “lucky day”…die bullterriertjies is nog bloedjonk en nog nie eens kniehoogte nie…..sjoh!

Laurika ·

Jy is reg J, dis presies hoe my Bullterriers ook te werk gaan. Hulle blaf of grom nie, jy sien net sy nek hare staan pen regop en dan is dit te laat. Die honde in die video is ook definitief nog jonk. Daai knaap sou nie so gelukkig weg gekom het met my 2 nie….

Johann ·

Hoor die honde se name is FLAF en FI. Of was dit nou BLIK en SIM….o nee nee dit was VAT en SO

dolphin ·

oelalala die bullterriers is die beste waghond en slaap nie mooi so.

DNA ·

Dis jammer daar was nie klank by gewees , die honde is eintlik kwaad omrede die intruder op hul skoon wasgoed getrap het, nou moet dit weer gewas word en water is n skaars hulpbron………………………….ek hoop nie die wit bull terrier gaan in die moeilikheid wees nie

Willem ·

Na n bloubles maandag soos vandag kom ek by die huis gaan in op die beste media om tekyk watse ongelukigheid is daar nou weer maar sien die video en my dag is gemaak dankie net een versoek vat asb die honde vir n klem ini kaak in spuiting en steek die wit hond weg hoop hulle kry elkeen n n lekker T bone

Brutus brutus ·

Ai, hoe lekker kry ek nou. My blou Maandag het sommer weer kleur!

diedie fernandes ·

Die beste honde, net jammer hul my bully twee weke terug vergiftig het

kap trug ·

My kef brak ook n been. Hy GAAN DIE BAAS WAKER MAAK En ek raak moeilik as my slaap versteur word..

Lionel ·

Is jy heeltemal van jou kop af??????? Iemand moet my honde iets wil aan doen omdat hulle my beskerm daar sal jare se moeilikheid wees. Ek hoop sommer jy is die eerste een wat in my erf in kom ek kan jou belowe jy gaan nie daar uit kom nie jy sal jou gat sien met my bullterrier! !!!!!!!

Lance ·

Klein hondtjies wat in die huis slaap maak is baie effektief omdat hulle vinnig alarm maak …het dit al baie gelees

Brabus ·

Daai knaap kan sy sterre dank dat hulle nog jong bullies is. Hele paar jaar gelede het my twee een beet gekry wat oor die muur geklim het “om te kom water drink” (sy weergawe gewees)
n paar byte en rukke later, moes hy vir hom n nuwe naam in vroulike vorm kies. As julle verstaan wat ek bedoel……..

Annelize ·

Lag ek my nou slap!!! Hoop nie jou bullies het gevrek van “wat” afgebyt was nie. Nie net het hulle misdaad bekamp nie, die bevolkingsaanwassing is ook so effentjies bekamp.

Fantasties ·

Uitstekende werk!!!!! Ek hoop die honde kinders is darem ok en dat hul nie seer gekry in die proses nie! Ek wonder nou net waar is al die mense wat so kommentaar gelewer het op die ander berigte dat hierdie ras honde uitgesit moet word saam met Rotties en Pitbulls. . Ek hoop hulle dink nou maar tweekeer. . . Hierdie honde verdien ‘n braai!!!!

Annelize ·

Bullies bo! Het met hulle groot geword en is absoluut mal oor hulle. Is nou besig om ‘n 4 weke oue Pittbull met die hand groot te maak, was eers baie skepties toe my man met hom by die huis opdaag, maar is nou verlief tot oor my ore.

sarie van heeden ·

Jammer ons weet nie wat die uiteinde van hierdie goeie berig is nie.

Niccy ·

Lekke man Lekke…. elke slaanhou na die honde wat hy gee beteken vir hulle vat nog ‘n happie. Hy kan bly wees hy het op sy bene gebly anders het hul hom aan die keel gegryp en was dit taboe met hom

Annelize ·

Presies Niccy, as hierdie woefies jou van jou voete kan afkry is dit neusie verby. Hulle gaan dan dadelik vir die keel.

Henk ·

Well done. Baie mooi. Ek gaan nou vir my popcorn kry en dit weer kyk.

Moegviraldiebeloftes ·

mooi man – ‘n vet stuk cowboy steak vir hulle albei!! Hy lewe nog so by daardie huis sal daar nooit weer “muur geklim” word nie want hy sal vir almal vertel hoe en waar hy gehap en gebyt is!!

latie ·

kan staat die nie daai mense se honde sertifikaat kry nie ……………………………..

LB S ·

Dit lyk vir my nie juis na ‘n sekuriteitskamera wat dit afgeneem het nie, kyk hoe beweeg dit.
Dalk het die eienaar iets gehoor of ‘n sekuriteitslig langsaan aangegaan en hy gesien het hier kom ‘n ding en dit toe sommer op kamera opgeneem het. Ek sou ook graag die einde van hierdie storie wou hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.