Video: ‘Wat sou Henri se motief wees?’

Henri Van Breda ná sy skuldigbevinding (Foto: AP Photo/Nasief Manie)

Henri van Breda is verlede week ná meer as drie jaar skuldig bevind aan die gru-moorde op sy pa, ma en broer.

Van Breda is ook skuldig bevind aan poging tot moord op sy suster, Marli, asook aan dwarsboming van die gereg.

Een van die persone wat dié bylmoordsaak waarskynlik ten nouste gevolg het, is die verslaggewer Julian Jansen. “Terwyl ek inligting versamel het vir die boek, maar veral met die volg van die hofsaak en die geweldige sterk getuienis van die staat se getuies, het ek besef dat daar nie ʼn manier is dat Henri hier gaan loskom nie,” het Jansen vroeër aan eNuus gesê.

“Die rede of redes waarom Henri die moorde gepleeg het, sal dalk vir altyd onbeantwoord bly.”

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Grassie ·

Sy gaan (genadiglik) nooit onthou nie. Ek het baie jare gelede hoofbeserings opgedoen tydens ‘n motorongeluk. Ek kan in detail onthou wat tot ongeveer 3 ure voor die ongeluk gebeur het. Van daar af totdat ek ‘n week later my bewussyn herwin het weet ek absoluut niks, My neuruloog het aan my verduidelik hoe dit gebeur. Dit is ‘n te lang storie om hier te verduidelik maar dit is soos ‘n mens se kop werk.

Anoniem ·

So jy ken haar persoonlik dat jy só ‘n stelling maak Martin?

Lian ·

Wraak. Henri was altyd die swartskaap in die gesin en op die aand van die moorde het jare se gebroei ontplof.

VanAfrika ·

Hoe weet enige een hy was die swartskaap, familie se dan dat ouers baie lief was vir hul kinders. Moenie dat ons spekuleer as ons nie deel van die gesin was nie.

nico k ·

Ek kan ook nie dink dat iemand sy familie vermoor as daar ‘n goeie verhouding in ‘n gesin is nie. Behalwe dalk as daar dwelms betrokke was.

John ·

Henri ly na die tragiese gebeure dalk ook aan gedeeltelike geheueverlies. Gesinstragedies is erg verby en die beste tema vir Griekse tragedies in die antieke tye, is geglo. Haat, nyd en moord tussen familielede word daarin uitgebeeld. Pa-seun-verhoudings, is krities vir die ontwikkeling van ‘n gesonde manlike psige. Henri se brein wil dalk nie, vir selfbehoud, erken dat daar groot probleme in die gesin was nie…. maar dat buitegebeure al die rampspoed gebring het. Gewoonlik speel buite-familielede/vriende ook ‘n rol omdat hul eie ego’s nie aandadigheid wil aanvaar nie ~ beterweterigheid vier hoogty. Verwerping deur die pa en voortrek van kinders, veral as siek perfeksionisme ook intree, is katastrofies. Henri se probleme het kleintyd begin en sy sagte geaardheid het dalk alles laat opbottel totdat…

Linette Sauer ·

Nonsens. Mense wat gepiep word kry altyd ‘n ander sondebok. Altyd iemand anders se skuld. Geen verantwoordelikheids sin nie.

Amelia ·

Onrealistiese optrede, onrealistiese denke, onrealistiese redenasie vermoee, onrealistiese woede…………….Realistiese gedrag van iemand wat onder die invloed van drank/dwelms is.
Ek glo regtig nie dat hy eintlik enigiets onthou nie want hy was nie homself nie. Op ons ou dorpie wat so 17jaar terug dieselfde geval. En dit was drank en dwelms saam. Die mannetjie het vir 2 dae in die huis in en uit beweeg en nog gaan fliek ens….. voordat die liggame die Maandagoggend gevind is en die polisie na hom gesoek en gekry het.

Vra maar net ·

Was daar al uitsluitsel oor sy dr’s verslae wat vrydag ingehandig moes word. Dit sou mos bepaal het of hy in die hospitaal afdeling van Poolsmoor opgeneem word. En hoe lank is sy vonnis. Seker 3× lewenslank?

martin cilliers ·

miskien het die huis gesin besluit om hom vir rehab te stuur en hy het nie van die idee gehou nie

CAROL ·

Ek dink sy kan onthou maar wil net nie teen haar broer getuig nie. Maak nie saak of hy n motief gehad het of nie – dit bly verkeerd. Moord is moord!!!

Santjie ·

Skepties, waar val jy nou uit? ek is seker hulle sou definitief IEWERS agtergekom het as daar nog iemand betrokke was. Almal doen dalk nie behoorlik hulle werk nie, maar ek is seker dat daar iemand nog hul werk ernstig opneem en dit behoorlik doen.

White Rhino ·

Net ‘n gedagte of twee; Depressie? Of min liefde by die ouers gekry? Voel uitgeworpe vir jare lank en kook dan oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.