Video: Watson gooi wit Bosasa-werkers vir die wolwe 

Gavin Watson. Foto: Skermskoot uit die video

Gavin Watson, omstrede uitvoerende hoof van die voormalige Bosasa, het aan personeel van die maatskappy gesê hulle moet bewus wees van die regering se rasideologie want as hulle nie is nie, is hulle “dinosourusse wat gaan doodgaan”.

In ʼn kort video wat aan die lig gekom het, spreek Watson werknemers toe oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en sê hy wit mans het volgens die regering geen waarde nie. Volgens hom sal Bosasa “nie eers een SEB-punt kry” as wit mans opgelei word nie. Hulle moet hulle dus self oplei.

“Dit is nie ʼn wet van Gavin Watson nie, maar van die regering. Ons moet aanpas by die regering se behoeftes,” sê hy.

In ʼn klankgreep wat ook aan die lig gekom het, verduidelik Watson aan werknemers hoe Bosasa kliënte hanteer. “Indien ʼn kliënt swart is, gaan jy nie met ʼn wit groep [om die kliënt te besoek] nie. Dit is ʼn feit. Dit is realiteit. As ek na ʼn swart kliënt gaan, maak ek seker een persoon is wit en die res is swart. Dit is waaroor Bosasa gaan. Dit is hoe ons sake hanteer.”

Volgens Watson sal kliënte wil weet of die maatskappy aan SEB voldoen. “Jy moet hiervan bewus wees. As jy nie is nie, is jy ʼn dinosourus en gaan jy doodgaan.”

News24 het intussen ook oor ʼn ander kort video berig wat aan die lig gekom het waarin gesien kan word hoe Watson personeellede uittrap omdat die maatskappy byna ʼn tender van R800 miljoen verloor het. Dié video lyk of dit tydens dieselfde geleentheid opgeneem is as die ander video. Volgens News24 is dit in Maart 2017 tydens ʼn personeelvergadering in die Silverstar Casino in Krugersdorp opgeneem.

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het intussen in reaksie gesê die vakbond is gewalg deur Watson se uitsprake en dat hy die staat se rasideologie misbruik om guns te wen. “Om wittes te reduseer tot kommersiële objekte is op geen manier aanvaarbaar nie. Wittes se waarde word bereken aan die hand van ʼn koue telkaart. As wit werknemers nie punte kan beteken nie, beteken hulle niks. As hulle nie punte inbring nie, moet hulle hulself oplei.”

Volgens Hermann staan Watson nie op ter verdediging van sy wit werknemers teen ʼn rasideologie nie. “Hy interpreteer die staat se rasideologie op die mees radikale manier en implementeer dit so. Hy doen dit net om een rede en dit is om die staat se guns te wen. Hy offer dus sy wit werknemers op ter wille van gunste deur die staat. Dit het sy manier van doen geword,” sê Hermann.

“Soos hy sy wit werknemers sonder gewete bestuur het, het hy Bosasa sonder gewete bestuur, ter wille van die guns van invloedrykes en die staat. Watson sê self dat hy wit is en in plaas daarvan om die rasideologie van die staat te beveg koop hy in daardie ideologie in vir gunste en kontrakte.”

Solidariteit het intussen ook gesê dat hy van die Bosasa‑werknemers in ʼn likwidasieproses gaan verteenwoordig. Dit kom nadat African Global Operations, voorheen Bosasa, vandeesweek aangekondig het dat hy om vrywillige likwidasie sal aansoek doen.

Volgens Solidariteit sal die vakbond sodra ʼn finale likwidasiebevel gegee is, namens werknemers wat ook krediteure is, vra dat Watson ingevolge artikel 65 van die Insolvensiewet gedagvaar word om te getuig wat van die geld geword het. Uit die proses kan strafregtelike klagtes volg.

“Dit is ʼn absolute skande dat ʼn maatskappy roekeloos bestuur kan word en dat gewone mense wat daar werk die prys moet betaal. Die minste wat ons kan doen, is om te sorg dat daar geregtigheid kom. Watson moet vervolg word en ons sal graag daarmee help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Johann cb ·

Julle gaan bitter lank sukkel om iets uit hom te kry! Is hy al arresteer?

Thinus Erasmus ·

Wel ek is geskok hoe kan enigeen geskok wees deur wat hy verklaar! Ons almal (meerderheid) weet moes dit is presies hoe die regering redeneer, wat hul doelstellings is en hul metodes. Om met die regering besigheid te doen – op die skaal van Bosasa – is dit vanselfsprekend dat jy presies nes hulle opereer.
En Watson kan “black en white” nes hy wil, want hy het die een instrument in sy hande wat enige regeringsamptenaar se weerstand verkrummel: OMKOOPGELD!
Wees eerder tevrede dat hy iets van die waarheid vertel, en ons weet mos almal die Engelsman en sy geslag het sulke bruin ringe om hul nekke, waarom verbaas wees of daaroor kla – dis soos om oor jou oor eie vuil skottelgoed gal af te gaan.

Deon ·

Gavin Watson het onlangs verklaar dat alles wat hy doen plaas God in die middel. Hoe kan ons nou daarteen stry?

Boerboel ·

Johann.cb nee ek glo nie, kan ook nie verstaan waarom nie. Word hy beskerm?
Weet hy dalk te veel wat nog mense gaan bloot stel ?

Boerboel ·

Is sy seun nie Luke Watson nie ? Die een wat gehuil het hy word nie sprinkbok nie en wil nie in die springbok trui gesien word nie ?

Anoniem ·

Nee, dis nie Luke Watson se pa nie. Luke Watson se pa is Cheeky Watson wat die rugby in die Oos-Kaap so lekker opneuk onder die dekmantel van transformasie.

Gerhardb ·

@Boerboel…nie 100% seker nie maar dink hy is die broer van Chicky Watson, Luke se Pa. ?

Hanna ·

Nou watter kleur id Watson as hy die Witmans onder die bus gooi?

J ·

Ek hoop hy verduidelik dit so aan sy kinders ook. Ek wonder wat gaan hy se as hy vervang word met iemand wat slegs daar is agv sy velkleur

BlinkStephaans ·

Kyk daar is een ding wat julle maar die Watson karakter sal moet gee…hy het die anc span gelees(hulle is maar voorspelbaar)… hy het presies geweet wat die anc soek….en hoeveel nulle om daar by te sit… en hy het munt geslaan daaruit… “puppet master” van formaat. Die wiel draai egter en nou sink die werknemers saam met die skip. Watson het nie vir een dag ñ vlenter vir julle omgegee… dit was alles net oor hom. Hierdie gaan ñ lang pad wees. Sterkte

Smirre ·

Wat verwag jy van die tipe wat wat met die ANC heul al van die 70’s af.

Cheeky: Vertel orals hy het nie springbok in die 70’s geword nie want hy was anti apartheid rugby. Al was hy pro apartheid rugby sou hy ook nie ‘n springbok geword het nie want hy sou nie Chris Pope, Gert Muller, of Gerrie Germishuys gelig het nie. Hy was gelukkig om OP te haal. OP rugby unie later bankrot verklaar onder sy leierskap.
Gavin: Al sy skelmstreke kom nou uit. Hand op die blaas met Zupta.
Luke: Seun van Cheeky – in Jake White se keelgat af gedruk. John Smit en meeste bokke kon hom nie verdra oor sy aanmerkings ” hy vol lus om oor die springbok trui te kots”.

Kwaliteit mense die Watsons van PE.

Santie [email protected] ·

Jip Gavin en Cheeky is broers. Luke is Cheeky se seun. Luke Puke Watson wat wou kots op die Springbok trui. Hulle is almal ewe skelm.

Johan ·

Daar is soveel prima faces getuies dat hulle vir Watson kan arresteer en omdat die vlug risiko baie groot is, in aanhouding sit totdat die ondersoek klaar afgehandel is

wraggies ·

Al wat ek sien is Watson wat sekere vereistes wat BBBEE aanbetref uitlig wat maatskapye in die gesig staar, ons weet mos teen die tyd dat dit meestal teen blanke mans diskrimineer, dit blyk dat sy blanke werknemers nie bewus is van die wetgewing nie.
Met al die ANC korrupsie en BBBEE kan ek net dink dat Bosasa maar net een van baie is wat op so manier “besigheid” doen.

wraggies ·

Ja arresteer vir Watson, dis reg ao, ek wonder net wat die gesloer is met Papa Leshebane, Mokonjane, Meyeni, Zuma, ens ens

Skerp ·

Hy praat waar dis die euwel van BEE. Daar is reeds teen BEE geskop in Namibia, Botswana en ook Zimbabwe. Dit is die drek wat nou nasionale sport geword het.. Oom CR en sy bendes is nou mooi in beheer. Ons verloor al hoe meer tenders agv BEE punte.

Maryna ·

Ek wil nou nie lelik wees nie. Maar hier gaan dit nou oor. Die witmense weet van sekerlik van al die gelde wat so verdwyn het. Nou kom hulle met sulke walglike boodskappe

John ·

Die woord ‘kruip’ word deur die glo witman vervolmaak en ‘soort soek soort’, is nog ‘n toepaslike spreekwoord. Hy laat mens dink aan Hitler met sy donker gelaat en hare wat Duitsland wou suiwer van alle donker rasse… Nogal snaaks. Hierdie ou kyk ook nooit in die spieèl nie, anders sal hy sekerlik van skaamte sterf… ‘n has beee-n wees…

christa ·

hy wou seker maak hy is al witte daar sodat hy die kitaar kan slaan. so slim soos die houtjie van die galg.

Sê net ·

Jare terug vir ñ bekende maatskapy gewerk. Toe die dames in die kantoor die fluitjie blaas oor wat daar aan die gebeur is, toe verloor hulle, hulle werk. Hoe werk dit het ek destyds so by myself gewonder? Hulle was so ge intimideer deur die sondebok dat hulle bang was om iets te sê, maar het toe besluit, so kan ons nie aan gaan nie. Dis hartseer.

waarheid1 ·

Hy gaan so hard val – ek kan nie wag om dit te aanskou nie.
Hy vergeet seker wat jy saai sal jy maai.
Die ANC vreet jou op spoeg jou uit. Kan nie wag nie.
Solidariteit gaan hom looi.
Dankie Dirk Hermann!

Niks vreemds ·

Lekker hensopper weet wat sou gebeur het met hom in toeka se tyd…..byt sy eie soort ?????

leser ·

Lyk my die Watson – familie het vreeslike probleme met hulself.

Wessel ·

SORRY……..

EK sien elke dag die Selfde beginsel hier waar ek werk….

DIT I PRESIES wat die regeering verkies en Wil hê moet gebeur……….

Blank Man…….. Jy is in die Pad…… Dit is hoe dit werk!!!!!

DUS DIE ANC Sê NUWE SA….

Die wat dit nie weet nie….. waar is julle…..

George in Bloem ·

Moet se hierdie hensopper/joiner se optrede verbaas my soos in GLAD nie.

Adrian ·

Die Watson sy broer Cheeky Watson asook Luke is n familie vol rassiste. Hoe leef en slaap die spul kan nie haat vreet jou van binne af op …,,,, tick tock … tick tock jou tyd is besig om op te raak

Hennie ·

Hierdie Watson moet net onthou sy vel kleur is ook wit en hy is n “man” hy gaan sy beurt kry sowaar as wat die son opkom .Hy moet maar nou nog rustig aangaan . Ek wil net vir die wit mans wat vir die persoon werk sê: Vat dit van wie dit kom en verag dit met die minagting aan wie dit toekom.

JPV ·

Hoekom is julle so verbaas oor die man se uitsprake. Hy’t net verwoord wat al vir jare deur die ANC op ons blankes afgedwing word. Moenie naïef wees – skrik wakker. Of jy nou hou van die man of nie, hy is reg. Dit is die realiteit!

Pieter ·

Dan moet ek as wit man maar aansukkel. Ek betaal reeds vir my eie opleing maar sit al meer as ‘n jaar tuis. Dit met 35 jaar ondervinding as professionele ingenieur. Geen wonder my apteekreking is so hoog nie

Waardeering ·

Ek is trots op “ons mense” se wit mans.
Hulle het rugraat integriteit en hoe moraliteit.Hulle is ook geseend met baie grysstof!!
Trots op julle Manne.
Die uitverkopers joiners en hensoppers is loosers maar ONS MANNE nie.

jaco ·

regstellende aksie en BEE all over the show, maar Watson wat self wit is werk dan nog daar en nogal in ‘n bestuurspos. iets maak nie sin nie

Judge Dredd ·

Hoe meer wit mans hy van ontslae kan raak – hoe veiliger is sy eie posisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.