[Video] Weermag betaal geskorste soldate miljoene

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Sewe jaar en meer as R560 miljoen later is die weermag stééds nie seker wat presies sy plan is met sowat 500 soldate wat hy in 2009 geskors het nie.

Die soldate sit ledig tuis sedert hulle destyds aan ‘n gewelddadige betoging by die Uniegebou deelgeneem het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

M'Lady ·

Te lekker in die land van melk en heuning en die res van die SANW stort in duie.

johann cb ·

Gaan die soldate wat nou “een-een teruggeroep word” die afgelope jare se salarisse terugbetaal? Hulle het immers niks gedoen nie en is daarvoor betaal! Ek sal ook só kan werk – lekker!

NEL ·

Ek slaan my hande saam en wonder wat was die ouens se kans om deel te wees van die weermag wat in die 70 en 80 s in Angola oorlog geveg het soos ek. Vriende op 18 jarige ouderdom verloor het en in die gevaarlikste omstandighede vir die land se belang geveg het met die minste soldy denk moontlik. Hy sal vir een dag nie opgedaag het nie , en die bloed so by sy oe uitgeloop het so hulle jou gedrill het. Kom Zuma, maak plan man , hulle kan mos nie ons swaarverdienste belastinggeld so vermoers nie, sal seker niks doen nie want hyself is besig om die staats koffers leeg te melk…………….

jakes ·

Praat jy! Oud 61 Mech maar erkennig geen die land. Ons het protokol gevolg, nie terrorisme/ kommunistiese taktiek. R 7,20 per dag vir volk en vaderland!

Piet ·

Kom ons rond dit af: R13,000.00 per maand om by die huis te sit vir 7 jaar! En dan sit hulle by die huis omdat hulle geweldadig was in hulle eie land, met die opleiding wat hulle veronderstel is om te gebruik om die land / inwoners te beskerm…!

Watter ander geweld was daar nie net nog van 2009 af waar hulle ook betrokke was sonder dat iemand weet? Hulle sit by die huis en het baie tyd om al die opleiding te gebruik…

Ek het net nie woorde vir wat ek voel nie. Dit is absoluut ongelooflik wat in die land gebeur en hoe dinge hanteer word!! Alles gaan oor geld, daar is net mooi geen meer maniere, respek, integriteit of morele rigting…

marianne ·

Die staat is te genadig! Skors iemand vir ‘n maand. Hou ‘n dissiplinere verhoor en dank hulle af!!! Daar is staats amptenare wat al jare op siek verlof is!!! Cut your losses! Stel mense aan wat wil werk en ruk die land reg!

GES ·

Dit gebeur net in Suid-Afrika. Eg Suid-Afrikaans! My mond hang oop. Hoekom kom so ‘n gelukkie my ook oor nie?

Sarel Strydom ·

Sew jaar lank betaalde vakansie. Lekker Man. Maae dit is nie die eerste keer dat so iets in Staat of Semistaat Departement plaasvind nie. Die ander gevalle het maar net nie die Media gehaal nie.

vermeende ·

Sort hulle uit soos in die oudae.
Eers kas toe dan DB toe vir 3weke, maar die DB van die 70′ en 80’s en spaar so 560 000 000.00

Oom Kalahari ·

Ai maar dit is darem ‘n lekker plek die ou Suid-Afrika, hier moet ons bly want hier gaan dit nog lekker raak. So werk dit mos, vry skenkings in salarisse en vry skending van mense se veiligheid met die optredes van 2009. Pateties.

neelsie ·

Die generaal wat vir die gemors verantwoordelik is moet voor die hof gedaag word.
Hoe werk(werk?) die nuwe weermag?
Dit moet n lekker plek wees!!
(Het diensplig gedoen vir R15.00 / mnd)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.