Video: Weermag soek ‘lafaard’ in uniform

‘n Skermgreep uit die video op Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hy het kennis geneem van ʼn video wat op sosialemediaplatforms gedeel word waarin ʼn man, in klere wat lyk soos ʼn weermaguniform, glo ʼn vrou aanrand.

In die video kan gehoor word hoe ʼn ongeïdentifiseerde man die persoon in die uniform vra om die vrou toe te laat om op te staan. Die video is baie donker, maar dit lyk of die persoon in die uniform bo-op die vrou sit terwyl sy kreun en huil.

Die man vra die persoon in uniform “as ʼn gawe mens” en “man tot man” om haar te laat opstaan. Die persoon in uniform antwoord dan oënskynlik dat sy nie kan opstaan nie, omdat hy op haar sit. Hy sê daar is “gʼn man tot man nie, ek praat met my meisie”.

Die weermag het die voorval as ʼn vernederende voorval van mishandeling bestempel.

“ʼn Ondersoek is deur beamptes van die militêre polisie van stapel gestuur om die lafaard in die video te identifiseer,” het kol. Ronald Maseko, weermagwoordvoerder, gesê.

Maseko het gesê die weermag steun nasionale pogings en veldtogte om die misbruik van vroue en kinders deur individue wat “nie mans genoem kan word nie” te stuit. “Enige soort geslagsgeweld teen vroue en kinders in die weermaggemeenskap is onaanvaarbaar en word nie geduld nie.

“Die weermag veroordeel enige soort misbruik van vroue en kinders deur enige van sy lede ten sterkste,” het Maseko gesê.

Die video is reeds duisende kere gekyk en gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Snaaks dat julle hom so graag op sy naam wil aanspreek, terwyl hy bloot malema is.

RB ·

Lyk nie of dit sò moeilik kan wees om die man op te spoor.
Hang natuurlik af van vlak van bevoegtheid en die wil om ‘n vinger te lig.

Stephan ·

Eish “our piepol”… hulle het nou regtig nie n saak met wat hul prez alles “whara whara” oor geweld teen vroue… of enigiets anders eintlik.

Werner ·

Hulle sal nie die ou kry nie want volgens die media lyk dit dan nou kwansuis soos n weermag uniform soek al klaar skuiwergate

Eerlik ·

Die naam is verskaf so hoe moeilik kan dit wees om hom te vind, o ja, ek vergeet, ons ” weermag” is lankal nie meer WEERMAG nie.

Nie Verbaas ·

Mmmm. Gelukkig is hy nie wit nie, anders was hele polisie brigade ingeroep en alles afgebrand.

Flip ·

Jy is reg, dan was dit hoofnuus op alle kanale oor die hele wêreld.

Jaco ·

wat nou van black lives matter? of tel dit net wanneer wit mense lelik is met swart mense? Is our people se geweld teenoor our people maar ok, soos in die Colins Khosa geval?

4ntj13 ·

Sóék die Weermag? Het hulle reeds iemand aangestel wat ʼn tweet kan lees? Hoeveel dae het dit geneem? Die 16e is reeds 3 dae na die 13e…
My eerlike opinie is die mense in die sogenaamde Weermag SLOER WEEREENS, terwyl hulle maskertjies probeer aantrek met media-vrystellings wat LESERS PROBEER MISLEI dat hulle soek. Dis eintlik net so erg soos die lafaardigheid van die houvrou-sitter in die video.

Michael 1 ·

Ek sien die weermag soek lafaard in uniform ek was onder die indruk dat hulle reeds baie het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.