Video: Weggooibabas se verlore stryd

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Meer as 80% van babas wat ʼn onnatuurlike dood sterf, se ma’s het hulle weggegooi. Volgens die Mediese Navorsingsraad het Gauteng en KwaZulu-Natal die hoogste voorkoms van sulke voorvalle.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Jy sal maar moet raai Leon maar ek glo dit is nie beperk tot een ras. Daar heers ‘n kultuur van losbandigheid en ook ‘n ‘eers doen en dan dink’ houding. Ons is weer terug by geen dissipline tuis en dan ook skole wat verplig word om ‘n Lesufi-kultuur toe te pas.
Nee-wat, niks sal verander deur kinderregte verkeerd toe te pas. Daarom sal die wrange vrugte gepluk word deur ontwortelde kinders vir die samelewing te baar.

m ·

Watse tipe mense is in ons samelewing wat so iets doen? Hierdie mense maak my naar!!!

julius ·

Hierdie is baie hartseer. Is dit nie ‘n geval van babas wat deur verkragting verwek is nie en net besluit is die baba moet weggedoen word. Die ma van so kind kan sekerlik opgespoor word en ondervra word om die oorsaak te bepaal.

besorgde ouer ·

Goeiedag, kan julle asb. die “link” deel na youtube om te kyk?

Jean ·

WAT word daaraan gedoen? Mense wat hulle kinders vir jare mishandel kom absoluut NIKS oor nie. Eers as die baba dood is, skrik die gereg/maatskaplike dienste wakker. Hoeveel van die babas en peuters wat doodgemartel word IS al aangegee by maatskaplike werkers deur die bure of ander familie en dan word die kind WEER in die sorg van die biologiese ouer teruggeplaas? En as jy weer sien, is die ma weer swanger van haar vriend wat die vorige kind doodgemartel het, maar beweer het dit was ‘n ongeluk, ‘n kind wat in ‘n kookwater- stort of bad ingegooi is, wat skedelbreuk opgedoen het, daar is GEEN beskerming vir ons arme kinders en diere in hierdie land nie. Die ‘EIENAARS’ kan doen met hulle wat hulle wil, tragies maar waar, want hoekom hoor ons nog so gereeld van ‘n ma en haar kêrel of stiefpa of stiefma wat hulle kinders doodmartel en beweer die kind het geval of self in die kookwater ingeklim of homself self gebrand? Nonsens, teen die tyd dat die kind DOOD is en die owerhede wakkerskrik het die kind 200 brandwonde en 6 ou breuke opgedoen .. wat wil jy dan doen, vir die begrafnis betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.