[Video] ‘Welkom se drinkwater nou bloedwater’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Bloedwater van slagpale én rou riool besoedel Welkom in die Vrystaat se drinkwater.

Johan Terblanche, voorsitter van die AfriForum Welkom-tak, sê die water moet ingevolge wetgewing na die rioolwerke vloei vir suiwering, maar noudat die rioolwerke buite werking is, het die Matjhabeng-munisipaliteit ʼn rioolmangat oopgebreek wat die water herlei. Wat van groot kommer is, is dat die ongesuiwerde riool- en bloedwater in die panne vloei waaruit Welkom se drinkwater kom.

“Dié waterbesmetting kan deur die munisipaliteit gekeer word, maar hulle lig nie ʼn vinger nie. Die rioolwerke word nie in stand gehou nie, en rioolwerke is een ding wat binne ʼn munisipale gebied móét werk vir inwoners se gesondheid. Menseregte word direk deur hierdie laksheid van die munisipaliteit geskend,” het Johann Hattingh, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Vrystaat, gesê.

AfriForum het onmiddellike optrede van die departement van water en sanitasie asook van die munisipaliteit geëis en gesê die organisasie sal regsaksies instel indien die owerhede nie onmiddellik oplossings toepas nie.

Kgojane Matutle, woordvoerder van die munisipaliteit, het intussen gesê hy is Donderdagaand van die besoedelde water ingelig. “Ons probeer uitvind wat gebeur het. Ons sal so gou as moontlik besonderhede verskaf.”

AfriForum het intussen laat weet dat Welkom se drinkwater skoon is en voldoen aan gesondheidstandaarde. “AfriForum het die feit met Sedibeng Water bevestig. Ondergrondse waterbronne, stroomaf van Witpan, Welkom, kan egter moontlik met besoedeling te kampe kry weens bloed afkomstig van die slagpale en riool wat nie deur Witpan se rioolsuiweringsaanleg gesuiwer en op standaard gestort word nie. AfriForum wil boere ook graag waarsku oor die moontlikheid van besoedelde water.”

[wpvideo i13HX2a3]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Alet ·

berig met feitefoute. Welkom se drinkwater kom gelukkig nie uit die panne nie maar uit die Vaalrivier! Sedibeng is die verskaffer en water vloei van Balkfontein, Bothaville na Welkom

Elbie ·

Absoluut walglik! Goeie genugtig, hoe sleg kan die munisipaliteite nog raak?!

Gessie ·

Hi Elbie ,dis die Vrystaat jong en glo my ons Vrystaatse munisipalieteite voel vere vir ons ,Koppies se water is party dae ondrinkbaar so stink dit ,

Elbie ·

Mens moet seker nie meer geskok wees nie Gessie, maar ai tog! Dit gaan nie veel beter hier in mpumalanga nie hoor. Die agteruitgang is ooral te sien!

Paul ·

Ek stem saam dit is n onhoudbare toestand maar…………… kla kan my nasie kla. En as ons klaar gekla het, het niks verander nie. Mense mense, laat hierdie gekerm julle beter voel? Doen tog n slag iets konstruktief.

Nick ·

Die besoedeling vind al baie jare lank plaas waar die rou riool in die panne gestort word. Witpan se pompe van die van die rioolwerke is toe onder die water en die myne se riool word net so in dit pan gestort. By die ander rioolwerke langs die Flamigopan het ook sy probleme.
Die riool lyn loop van Welkom na die rioolwerke aan die suidweste kan van Flamigopan en daar is ‘n pompstasie aan die Ooste kan van die pan op die Unicorn Mashie Park Golfbaan en van voor 1994 as die krag af is vir onderhoud dan loop die rou riool so 100m van die pomp stasie in die pan in.

Daar word al vir baie jare suurmyn water in die Wolwepanne gestort, wat suid van Welkom op die R30 geleë is.

Gelukkig kom al ons drinkwater van Bulkfontein by die Vaalrivier naby Bothaville.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.