[Video] Werkers staak by Unisa

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) het Donderdag by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) begin staak nadat loononderhandelinge vasgeval het.

Die vakbond eis ʼn salarisverhoging van 16%. Unisa het aanvanklik 6% aangebied, maar dit is later na 4,5% verminder.

“Nadat die onderhandelinge vasgeval het, is die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys om Woensdag beding te word. Tydens die KVBA se bedinging het die universiteitsbestuur hul aanvanklike aanbod van 6% na 4,5% verminder. Die vakbond is van mening dat hierdie verlaging van hul aanbod net die hoë vlak van arrogansie en ons lang vermoede dat die werkgewer nie in goeder trou onderhandel nie, bevestig,” het Nehawu in ʼn verklaring gesê.

Die vakbond het gesê Nehawu is toestemming gegee om vanaf Donderdag te staak totdat die saak opgelos is. Hy het gesê die verlaging van Unisa se aanbod het Nehawu se lede en werkers in die algemeen kwaad gemaak “tot ʼn punt waar hulle genoop is om hul betoging te verskerp”.

Unisa se bestuur kon nie vir kommentaar bereik word nie. Dit is nog nie duidelik tot watter mate die universiteit se bedrywighede deur die staking geraak word nie.

ʼn Leser het hierdie video aan Maroela Media gestuur wat sy vanoggend by die universiteit geneem het. Sy sê die betogers het haar verhoed om die kampus binne te gaan en hulle moes noodgedwonge omdraai:

[wpvideo q2FPFFPs]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Matmiet ·

Hehe. Hulle lyk vriendelik. Ek wens alle karwagte wil so dans as hulle jou help

JCS ·

Lyk nie vir my na staking nie, meer na intimidasie. Wanneer gaan ons sogenaamde stakers leer dat dit hulle reg is om te staam, maar hulle MAG NIE die regte van ander mense aan raak nie. Daardie persoon het die reg om in die pad te ry! As die pad nie deur die Metro polisie toegemaak is nie, dan is dit ‘n onwettige gebruik van die pad.

Asjas ·

Niemand kan dit beter doen nie, as daar ‘n trofee vir dit was, het hy beslis in SA gestaan. Weet net nie waar nie want dit sal seker ook gesteel of verbrand word.

Lynette ·

Dank hulle af. As jy nie dankaar genoeg kan wees om n werk te he nie, gaan le by die huis.

Susan ·

Wees dankbaar eerder julle het werk!!! Daar is ñ hoë werkloosheid syfer.. Hallo!!! Wees dank baar vir die bietjie verhohing wat jy kry. Ander het niks. In vroeë dae toe Ek gewerk het was dit bly stil aanvaar jou ou 5% verhoging en Gaan huis toe vanaand en dank jou Hemelse Vader jy het ñ werk en kan nog geld in bring vir jou gesin.??????

Chris ·

En dis dieselfde mense wat die #feesmustfall beweging ondersteun het. Hulle kan seker nie die vergelyking trek tussen inkomste en uitgawes nie. As jy nie meer geld in kry nie kan jy nie meer uitgee nie.

Andre ·

Presies die punt wat ek wou maak. Ons soek meer geld maar fees must fall… So wie gaan jou betaal? Jou regerings amptenare wat miljoene vir SARS skuld of jou presedent wat eerder miljoene op sy privaat eiendom spandeer en luukse voertuie vir elk van sy 5 vroue. Sonder om eers te dink aan wat is alles binne die huis wat hulle gekoop het met die geldjies wat jou verhoging sou betaal. Maar met die volgende verkiessing gaan ons tog maar weer voort op dieselfde ou trant. Ag julle dink soos klomp klippe regtig.
Hahahahahahahahahahahahaha

Johannes van Staden ·

Demands demands …as jy nie happy is gaan soek n ander werk so maklik soos dit …of gaan leer verder en word iets in die lewe !

Jean ·

Hoekom gaan julle nie liewer maar almal nie, lyk of julle nie wil werk nie .. julle BETOOG SAAM TEEN VERHOOGDE STUDIEGELDE, en more wil julle VERHOGINGS hê. Het niemand nog die kloutjie by die oor uitgebring nie. Julle ondersteun studente wat NIKS studiegelde wil betaal nie, maar soek nou ‘n verhoging? Die goed gaan egter hand aan hand, maar dis seker te moeilik om daardie som te maak .. veral met 20% in Wiskunde.

Anoniem ·

Dan moet ek ook staak. Kry n salaris verhoging van 5%. Party n salaris verhoging van 4.5%…..dan moet jy hoor en sien daar is wat to 20% gekry het in dieselfde company..maar jy wat altyd twee ure voor die tyd by werk is, jou werk altyd op datum…eintlik vooruit…nooit kla as jy iets doen wat nie jou plig is nie…wat jou verlof ure opgee om werk gou te kom doen…kry net 5%…Genade man wees dankbaar julle kry…daar is van ons wat baie swaarder kry as julle, maar ons werk, ons oorleef met die bietjie wat ons verdien, ons bedank nie, ons staak nie…nee ons werk want ons weet daarbuite gaan dit swaarder. Julle kla met die wit brood onder die arm. Kyk julle karre wat jul ry, jul huise waarin julle bly, julle koop elke dag by werk kos…ja julle maak nie soos party van ons en bring kos van huis…begin dankbaar wees vir wat jul het..werk vir dit wat jul wil bereik in die lewe..geen geld geen werk val uit die hemel….Ja ek braak gal hier vanoggend, gatvol vir die wat net heeltyd wil he….gatvol vir dit wat nie raakgesien en erken word nie…maar werk sal ek werk, want ek weet wat daarbuite aangaan….te dankbaar vir dit wat God my gegee het!!!!

Jaques ·

Al wat ek kan se is Amen!
Ek se dit ook elke dag, het vir 6.5 jaar vir plek gewerk waat ek nie ‘n sent verhoging gekry het na my eertse jaar nie.
Take that and smoke it, sien hoe jy en jou leefstyl agteruit gaan, maar ek het elke dag gaan werk en gewerk het ek gewerk.
Ek het eers bedank na ek my aanstellingsbrief gekry het van my nuwe werk, rol nogsteeds nie in die geld nie, maar baie gelukkig en kry darem elke jaar ‘n klein, en ek bedoel in die lae enkel syfer %, verhoging, en is maar net te dankbaar daarvoor. Dis iets, nie niks nie.

My tweesent bydrae . ·

Die feesseisoen is verby . Besigheid soos gewoonlik .

Milwa ·

Ek dog hulle staak al lankal want ek wag nou al ‘n maand om enige reaksie te kry op my registrasie. Eposse word geignoreer, telefone word nooit geantwoord nie!! UNISA sien my nie weer as ‘n student nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.