Video: Wildbewaarder stuit stormende olifant in sy spore

alan-mcsmith

Alan McSmith. (Foto: Facebook)

ʼn Video van ʼn Suid-Afrikaanse wildbewaarder wat ʼn stormende olifant in die Krugerwildtuin in sy spore stuit word wyd op sosiale media gedeel en maak wêreldwyd opslae.

Die beeldmateriaal wys die olifant wat twee keer op Alan McSmith probeer afstorm terwyl McSmith hom in die gesig staar sonder om ʼn oog te knip, wat die olifant dwing om die aftog te blaas.

“Dié ontmoeting met die olifant is ʼn outentieke voorbeeld van hoe kalm energie die gedrag van wilde diere kan beïnvloed,” het McSmith volgens The Daily Mail aan Newsflare gesê.

“Meeste ander gidse wat die video gesien het, het teenoor my erken dat hulle waarskynlik die olifant sou skiet uit selfverdediging indien hy so naby gekom het. Die video getuig van olifante se intellek en komplekse gedrag en wys hoe mens en dier op ʼn sinvolle manier met mekaar kan omgaan,” het hy bygevoeg.

“Uiteindelik gaan die video oor die olifant en nie oor my nie,” het McSmith gesê.

Die video is glo al ʼn wyle terug geneem, maar is eers onlangs wyd op sosiale media versprei.

https://www.youtube.com/watch?v=_Jo_xMOFpXY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek persoonlik self is nie n bangjan nie maar in so n situasie sou ek myself so bevuil het dat dit weke sou neem om weer net skoon te kom.

Johann ·

Wil nou nie iets wegneem van die bewaarder nie… maar die kammera persoon kort ook melding!

Johan ·

Ek wonder darem hoe eg die video is.
Die persoon met die kamera is self nie iemand om sonder handskoene en skoon klere aan te pak nie.

FM ·

As dit ek was, sou die olifant gestik het van die reuk uit my vuil besmeerde broek.

Rooi Jan ·

Wou ek ook sê die olifant sou skoon weg gehol het om van die reuk te ontsnap. Daai twee, Alan en sy kamera persoon moet yswater in hul are hê.

Hans ·

In my geval sou ou Ollie nie “daai” reuk kon verduur nie

LB ·

Laat hy my nou dink aan die grappie van die skeepskaptein wat skrik toe die skip van die seerowers op die horison verskyn en hy skree vir sy bemanning…”manne bring my bruin broek!”

Verskil ·

Verskil is dat Steve gaan moeilikheid soek het. Hier sou hardloop definitief groot hartseer veroorsaak het.
Laat my dink aan die jagter wat vir die leeu weggehardloop het. Op die vraag oor hoe hy dit kon regkry was sy kalm antwoord; ‘Ek het ‘n verskriklike modderpad agter my vir die leeu gelos’.

MinWoorde ·

Ek lewer nie sommer kommentaar op enige nuus of sosiale media nie, maar ek het my bedenkinge oor die “situasie”. My beskeie mening is dat hierdie video vir advertensie doeleindes gemaak is en dat die olifant nie ‘n wilde olifant uit die natuur is nie. Die ou bly gerieflik naby ‘n reservaat wat mak olifante het wat dit voorheen gebruik het om olifant rug safaris aan te bied maar di tnie meer doen nie. Die hanteerder van die olifant kon maklik naby gewees het en die olifante reageer op hul hanteerders se bevele. Kruisig my maar, maar ek sluk nie die storie dat dit ‘n “encounter” was nie. Soos die kamera man was darem te rustig en te gerieflik naby.

Gustav ·

Ja ek stem saam, hierdie olifant is nie regtig ‘n wilde een nie. ‘n bedreigde een sou nie gestop het nie en hy sou ook nie net daar gestaan het nie.

Tienie ·

‘N mens het nie medies nodig om te weet dat dit nie modder is wat in sy broek na dese was nie

Annatjie Kruger ·

Daar is natuurlik altyd die moontlikheid dat die olifant nie regtig ernstig was oor die storm loop nie.

Saartjie ·

Ek bevraagteken nie die egtheid van die stormloop nie … ‘mak’ of te nie, Olifant is nie Mens se speelmaat nie. Wat my hinder van die video is die musiek … ja, goed, die ‘song’ het wel te doen met jou man staan, maar ek sou eerder die takke behoorlik wou hoor kraak, en enige kommunikasie tussen Alan McSmith en die kamera-‘man’. Die oorspronklike klankbaan sou die ervaring beslis meer outentiek maak.

Justice ·

Sonder `n geweer in die Krugerwildtuin? Wat doen hy ona met `n buffel of leeu wanneer hy onverwags in hulle vasloop en op hom afstorm ? – tensy hy `n lone ranger is wat van dag tot dag lewe stel hy sy kameraman onnodig bloot aan groot gevaar. Ek admireer egter sy senuwees en absolute vertroue dat olifante `n vrees vir `n stok het. Kry mens `n blinde kameraman?

Maklike verduideliking ·

Wanneer ʼn olifant jou bestorm met gevleuelde & wapperende ore . . . dan is dit ʼn “Mock Charge”
Solank jy stil staan is jy OK . . . hardloop; & jy is dood

Wanneer hy egter sy ore plat teen sy kop trek, is alle grappies op ʼn stokkie & kom hy om jou “uit te haal”

Het dit toevallig by ʼn kliënt van my gehoor wat ʼn PH is (Professionele Jagter)

Alan McSmith het dit uiteraard geweet . . . hy bly nietemin ʼn baie brawer persoon as die uwe

Leeutjie ·

Ek het die video verskriklik geniet en ook julle kommentaar. Julle het my laat skater. Ekself het natuurlik die mooi man raakgesien! Ai tog…waar is my jare!!

nossob ·

Ja die man is braaf. Uit my eie ondervinding met olifante weet ek egter dat as n olifant sy ore so bak hou as hy storm hy jou net wil laat weet hys daar. As daai ore teen sy kop plat gedruk word is dit heeltemal n ander storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.