Video: Wildtuinwerker verjaag glo olifantkoei en haar kalfie

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Die video volg onderaan die berig.

Die Krugerwildtuin sal ondersoek instel oor ʼn video wat wys hoe ʼn SANParke-werknemer glo ʼn amptelike voertuig gebruik om ʼn olifantkoei en haar kalfie van die pad af te dwing.

Die gebruiker Stephen Segal het ʼn video van die voorval op YouTube gelaai. Volgens Segal het die voorval Saterdag omstreeks 15:40 naby Skukuza plaasgevind. “ʼn Amptelike Krugerwildtuin-voertuig het ons verby gesteek terwyl ons vir ʼn baba-olifant en sy ma gewag het om oor die pad te stap,” het Segal by die video geskryf. “Hy [die werker] het geen respek vir die olifante gehad nie en het hulle van die pad af gedwing. Hy het  die diere en die toeriste se lewens in gevaar gestel.”

Rey Thakhuli, hoof van kommunikasie by SANParke, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die video en is besig om die voorval te ondersoek. “Ons is besig om al die feite oor die voorval bymekaar te kry, en sal dan bepaal hoe daar teen die vermeende oortreder opgetree gaan word,” het hy gesê.

Hy het gesê as die personeellid skuldig bevind word, sal tugstappe teen hom gedoen word. “Ons beskou dit in ‘n ernstige lig en sal alles in ons vermoë doen om ‘n einde te bring aan onaanvaarbare gedrag in die wildtuin. Ons wil graag die mense, wat die voorval afgeneem het, bedank en wil ander toeriste aanmoedig om soortgelyke voorvalle aan te meld,” het hy bygevoeg.

ʼn Paartjie is in Januarie in die wildtuin deur ʼn olifantbul aangeval en erg beseer nadat hulle glo nie ʼn veilige afstand van die dier af gehou het nie. ʼn Video van die voorval het opslae op sosiale media gemaak. Die olifantbul was glo beseer en is ná die aanval van kant gemaak.

Lees ook:
Olifantaanval: ‘Hulle het ons vir dood agtergelaat’
‘Olifantaanval kon vermy word,’ sê kenner
Olifant-video is eg, toeriste kan beboet word
Olifant-slagoffer ontslaan
Olifant-aanval: Toeris sterk aan; name bekend
Publiek ontstoke oor wildtuin-olifant; slagoffer sterk aan
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anne ·

Is die mense wat daar werk nie veronderstel om lief te wees vir die diere nie? Laat mens wonder wie is die diere?

Sollie ·

Wat se “feite” wil hulle dan nou nog bymekaar kry voor hul optree teenoor die onnosel ding? Die video is mos heeltemal duidelik genoeg bewys! Hul soek nou weer redes om hom in sy pos te hou! Ek hoop ons kry “updates” oor wat van die ding geword het – hopelik is hy ontslaan!!

Theresa ·

Ja dit gaan my verstand te bowe dat arme diere dit moet ontgeld vir idiote soos diè wat dink hulle kan met diere werk. Wonder hoe de hel het hy die pos gekry en waar het hy sy CV gekoop? Mense wat hom aangestel het is net so onnosel soos hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.