Video: Wildtuinwerker wat olifante verjaag “het nie reëls oortree”

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

SANParke het bevind dat die werknemer wat ‘n olifantkoei en haar kalf van die pad af gedwing het met ‘n amptelike voertuig, nie die Krugerwildtuin se reëls oortree het nie.

Maroela Media het vroeër berig dat SANParke ondersoek instel na die voorval nadat daar ‘n video daarvan op YouTube gelaai is. Die voorval het Saterdag naby Skukuza plaasgevind.

SANParke sê in ‘n verklaring hy het die beeldmateriaal, inligting van ooggetuies sowel as die werknemer se weergawe van die gebeure in ag geneem in sy ondersoek na die voorval.

“Dit moet in ag geneem word dat sekere prosesse gevolg is om vas te stel presies wat gebeur het en volgens die wet word ‘n persoon onskuldig beskou tot hy of sy skuldig bewys is. In hierdie geval en na deeglike oorweging is daar bevind dat die werknemer nie die park se reëls oortree het nie.”

SANParke sê die werknemer is egter gewaarsku en opdrag gegee om versigtiger te wees in die toekoms. “SANParke wil onvoorwaardelik om verskoning vra aan die besoekers wat die voorval aanskou het en ons moedig werknemers en besoekers aan om meer verantwoordelik op te tree.”

ʼn Paartjie is in Januarie in die wildtuin deur ʼn olifantbul aangeval en erg beseer nadat hulle glo nie ʼn veilige afstand van die dier af gehou het nie. ʼn Video van die voorval het opslae op sosiale media gemaak. Die olifantbul was glo beseer en is ná die aanval van kant gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wiltrud Fourie ·

Ek glo dit nie, dis heeltemal onaanvaarbaar! Wat gebeur net nie wanneer daar niemand is wat dit kan afneem nie???

Marlene ·

As hy dan so onskuldig is, hoekom is hy gewaarsku? Jy kan mos duidellik sien die Olifant is ontsteld!!! Idioot!!!

Theresa ·

Patetiese idiote…………… Julle het nie ‘n idee wat dit is om met diere te werk nie. Hoop julle verstik almal!

Elizabeth ·

Nee nou het ek wraggies nie woorde nie! HOE WERK DIT? MET ‘n video as bewys is hy “onskuldig”? Nou vra SANparke “onvoorwaardelik om verskoning” aan almal wat die oortreding aanskou het! Dis absoluut belaglik! Wees verseker – ‘n olifant vergeet NOOIT en ek sal nie verbaas wees as die arme goed een of ander tyd onthou ‘n verdomde kar het hulle uitmekaar gehou en verskrik en dan ‘n ander, onskuldige ou se kar gaan omgooi. Nou wonder mens sommer oor die aggressiewe optrede in die verlede deur olifante – kan dalk heel moontlik OOK deur sotlikhede soos hierdie voorafgegaan gewees het, mense was maar net nie daar om dit te sien nie. Absolute SKANDE! Dan word die arme diere vankant gemaak want hulle is dan nou “aggressief”, intussen weet mens nie wat dit veroorsaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.