Video: Winkel tydelik gesluit ná rot-voorval

In die tweede video wat in ’n Food Lover’s Market in Soweto geneem is, kan twee babarotte op ’n sak appels in die Jabulani Mall-winkel gesien word. Foto: Skermgreep

Food Lover’s Holdings het die franchisehouer van die Food Lover’s Market in Diepkloof Square, Soweto, opdrag gegee om die winkel tydelik te sluit ná ʼn bohaai in die sosiale media oor ʼn video waarin gesien kan word hoe ʼn rot aan ʼn slaai in die winkel smul.

Die beherende maatskappy sê sy direksie het die besluit geneem nadat hulle die video gesien en die openbare reaksie oor die toestand van die winkel in Diepkloof gehoor het.

“Die sluiting sal ʼn span deskundiges kans gee om die winkel binne te gaan en dit diep te reinig om te verseker dat wanneer die winkel oor sowat ʼn week heropen, dit weer skoon en higiënies is en aan die Food Lover’s-standaard voldoen en gereed is om bedryf te word op ʼn vlak wat ons van al ons winkels verwag, korporatief sowel as franchise,” sê Food Lover’s Market in ʼn verklaring op sy webwerf.

Dié rot smul rustig aan die slaai in Food Lover’s Market, Diepkloof Square, Soweto. Foto: Skermgreep

Na aanleiding van aantygings van sommige sosialemediagebruikers dat die winkel in Soweto ongelyk behandel word omdat dit in ʼn minder gegoede gebied geleë is, sê Food Lover’s: “Ons wil herbevestig dat al ons winkels, waar hulle ook al geleë is en hetsy korporatief of franchise, gelyk behandel word. Dit het veral betrekking op die verkryging, uitstalling en reinheid van produkte.”

Die kleinhandelaar sê in gevalle waar winkels nie aan die hoë standaarde voldoen nie, word onmiddellike optrede deur die winkel vereis, so nie word streng teen hulle opgetree. “Winkels word onderwerp aan ʼn maandelikse ‘geheime-klant-inspeksie’ deur ʼn buitemaatskappy en word ook kwartaalliks deur ons afdeling vir gesondheid en veiligheid geouditeer,” sê Food Lover’s.

“Wanneer ʼn winkel nie aan ons standaarde voldoen nie, werk ons met hulle saam om regstellende stappe te doen en hou dan gereelde opvolg-oudits.”

Die maatskappy erken sy standaarde is “duidelik nie in die Diepkloof-winkel gehandhaaf nie”. Daarom vra die firma sy “lojale klante” verskoning. “Ons kan ook noem dat dié winkel vanjaar ʼn beplande vernuwing sal ondergaan om dit te laat lyk soos die beeld wat ons in ons nuwer winkels inbring.”

Intussen het nog ’n skokkende video aan die lig gekom, dié keer een wat Bongani Mtshali in die Jabulani Mall, ook in Soweto, op 31 Desember geneem het. Daarin kan gesien word hoe twee bloedjong babarotjies lê en kriewel op ’n sak appels.

Food Lover’s Market het Mtshali intussen op Facebook verskoning gevra vir die “aaklige” ervaring.

https://www.facebook.com/bongani.mtshali.1460/videos/2478559048827609/?fref=search&__tn__=%2Cd%2CP-R&eid=ARASvZHiiohUsynEiulaGKmHxYEW2Dre5rKgMuOJhV-0bPoRvReMFfaXLzt1ZBpQzad84fi9V_ZJdql3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Michelle O. ·

Alhoewel dit nou disgusting is en als en ek hoop dit word vinnig uit gesorteer ..
Wil ek net noem hoe weird dit is dat die rot sommer net daar babas gehad het ..
Dit maak nie s’n nie want hulle maak gewoonlik ‘n nes.
#justwondering

Meisiemens ·

Die video like bietjie “gestage”…. Hoe sou die 2 babas bo-op die appels kom? Mens kan sien hulle is nog bitter klein en kan nog nie eens self kruip nie???

Nettie ·

Nee – aikôna – nou raak dit bietjie erg. Ek dink hierdie winkel word geteiken en die video’s is ALBEI ge”STAGE”. Geen twee rotjies, só klein, sal daarin kan slaag om op ‘n sak appels te klouter nie. En die aanvanklike video van die rot wat knaag aan ‘n slaai …. dit lyk ook nou heel verdag.

En dan natuurlik, die ou-ou-óú ding van “benadeelde/minder-gegoede mense/buurte” wat nie die hoeveelheid aandag en bystand kry wat hulle moet nie. Ai, ai, ai, wanneer gaan mense oor Apartheid/rassisme/voorheen-benadeeldheid/minder-gegoedheid kom??????????????

zoom zoom ·

Nou het die rotte van die plotte die winkel vir hulle self

alida ·

Enige mens met bietjie grysstof tussen die ore kan sien daaardie is pasgebore rotte. Die goed kan nog nie eers loop nie en die oe is toe. Natuurlik is dit daar geplant vir sensasie en sodat sy naam in die koerant kan verskyn. Hoop seker op geldjie vir die inligting. Belaglik.

Karolis ·

Stem saam.
Volgens my beterwete maak muis en rot ‘n nes van papier en sagte materiaal ens.

JJ ·

Dit maak glad nie saak watter verskoning verbruikers het nie, dit gaan nie oor waar die plek gelee is nie, die feit bly staan elke winkel het bestuurders wat moet sorg dat so iets nie moet gebeur nie. As personeel nie worry nie sal daar niks gebeur voordat kliente nie kla nie. So kla by die Personeel wat nie Hygiene toepas in winkel nie.

Izak ·

“Afdeling vir gesondheid en veiligheid”….dit is nou uit eie geledere!! Hou beslis geen water by die klient en publiek nie, veral nie in gevalle soos hierdie nie.

Rooikop ·

Hulle higiëne is oral bedenklik, nie net in Diepkloof nie.

Izak ·

…die kwaliteit van produkte (veral vleis en groente/vrugte) in kettingwinkels is oor die algemeen so swak, dat dit seker maar net geskik is vir knaagdiere en varke.

Vonkprop ·

Ek is nou nie ‘n muiskenner nie, maar sover ek weet kry muise hulle kleintjies in beskuttings en is weggesteek. Dit is hoogs onwaarskynlik dat kleintjies so in die oopte sal lê. Hierdie is beslis opgestel. Ongelukkig sal dit weer ‘n rassistiese ding word as die winkelgroep sê dit is opgestel so hulle sal moet skuldig pleit al weet hulle dit is onwaar. Ai ons ou stukkende landjie…

Alida ·

Hoe kan rassisme hier n rol speel? Kry die kamera opnames en kyk wie het die arme goed daar neergesit. Iemand met n baie siek brein doen dit. Hoekom is beide winkels in die townships geteiken? Ledigheid is die duiwel so oorkussing.

Amanda ·

Totally staged. They wont be lying on top. They would be hiding. Someone is trying to do allot of damage to that company.

Maria ·

Daar is nog sulke winkels. Malvern in Durban is ook on higienies met verskriklike vliee en brommers. Koop lankal nie meer daar nie

Wag 'n bietjie ·

Dit is so dat muise neste maak, maar ek persoonlik die ondervinding gehad by ‘n hoenderplaas. Sodra die ma muis agterkom haar nes word bedreig dan vat sy haar kleintjies een vir een in haar bekkie en verskuif sy hulle. Hulle hardloop op dun paaltjies met die kleintjies. En dan kry hulle nog soms ‘n glipsie en val die muisie bo op jou. So dit gebeur. Vra maar die hoender boere wat se las is dit.

Karlien ·

Was enige van die mense wat hier kommentaar lewer al ooit in ‘n winkel in Diepkloof.? Indien nie hoe weet die mense dan so as ‘n feit dat Diepkloof takke nie anders benader word nie as meer gegoede woonbuurte se takke nie

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of party takke van Food lovers nie op standaard is, uit eie ervaring het ons al vleis gekoop by ‘n tak in die Laeveld en die inhoud was bederf, dieselfde geval het hom weer herhaal. In die Oos Kaap was dit ook so, lekker braai vleis gekoop en toe ons die pakkie oopmaak toe “pong” die vleis.
Volgens ‘n wetenskaplike opmerking skei die mamma rot bloed af voor geboorte en op die video is daar beslis vloeistof. As daar een rot teenwoordig is, is daar ‘n kolonie rotte in die omgewing. Rotte woon nie alleen, hulle skep ‘n nasie.

Gert ·

“n Positiewe reaksie en volhoubare veiligheids en gesondheids standaard sou wees om publiek toegang tot diensdepartemente aan te moedig. So kan byvoorbeeld weekliks een persoon van die publiek genooi te word om die standaard waar te neem. So kan verhoudinge en klientediens te verbeter. Wat van die wetlike vereistes?

madels ·

Ek dink hierdie winkel word geteiken, n ma rot sal verseker NIE haar kleintjies op n sak appels kry nie, dis siek om te dink iemand wil hierdie winkel sulke groot skade berokken

Skroef ·

And who do we have to thank? Defnislis nie bolandbank nie! VIVA BBBEE VIVAAAAA!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.