Video: Winkelsentrum brand; betogings woed voort

Die Brookside-winkelsentrum langs die N3-hoofweg in Pietermaritzburg. (Foto: Twitter)

Die Brookside-winkelsentrum langs die N3-hoofweg in Pietermaritzburg is Maandagoggend, te midde van voortgesette gewelddadige betogings in KwaZulu-Natal, in vlamme gehul.

Betogings in dié provinsie asook Gauteng het die afgelope naweek opgevlam nadat oudpres. Jacob Zuma verlede week sy vonnis van 15 maande in die Estcourt-gevangenis begin uitdien het.

Sedertdien is talle winkels in dié provinsies geplunder en besteel en is verskeie nasionale paaie versper en beskadig.

Die KwaMashu-winkelsentrum in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

’n Polisiebeampte is onder meer in Gauteng geskiet en in KwaZulu-Natal is meer as 37 vragmotors asook ’n ambulans aan die brand gesteek. Dit word verneem dat geweerskote Sondagaand en Maandagoggend in Vosloorus afgevuur is en dat verskeie OTM’s opgeblaas is.

Metrobusdienste in Johannesburg is intussen tydelik opgeskort.

Foto’s en video’s van die onluste word deurlopend op sosiale media gedeel en daar is toenemende oproepe dat pres. Cyril Ramaphosa daadwerklik moet ingryp.

Onluste in Mamelodi, Pretoria. (Foto: Twitter)

Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering het intussen in ’n verklaring gesê dat die skade wat aan private en openbare eiendom in dié provinsie aangerig is reeds sowat R100 miljoen beloop.

Daar heers ook kommer dat die ontwrigting ’n negatiewe ekonomiese uitwerking gaan hê aangesien die provinsie twee strategiese hawens het.

Luidens die verklaring is altesame 123 mense reeds in verband met die betogings in hegtenis geneem en aanklagte van sakeroof, opsetlike saakbeskadiging, openbare geweld en die oortreding van rampregulasies staar hulle in die gesig.

Betogings in Germiston. (Foto: Twitte)

Mandla Nsele, woordvoerder vir die eThekwini-munisipaliteit, het bewerings dat metropolisiebeamptes in KwaZulu-Natal ook aan ’n geplundery deelgeneem het, verwerp.

Dít volg na ’n video op sosiale media gedeel is wat wys hoe metropolisiebeamptes goedere buite ’n winkel in hulle voertuig laai.

“’n Voorlopige ondersoek dui aan dat die beamptes die goedere gekonfiskeer het en verlate items op straat opgetel het.”

Die Johannesburgse metropolisie het dié foto’s van betogings op twitter gedeel. (Foto: Twitter/ JMPD)

Volgens supt. Parbhoo Sewpersad, woordvoerder vir die Durbanse metropolisie, is honderde mense tans in aanhouding by polisiestasies in die provinsie in verband met goedere wat tydens die plundering van winkels gesteel is.

David Makhura, premier van Gauteng, het ook die geweld en “wetteloosheid” in dié provinsie veroordeel en ʼn beroep op “kalmte” onder inwoners gedoen.

“As provinsie en land is ons reeds in die middel van ’n dodelike pandemie. Ons word almal versoek om onsself te beskerm en openbare byeenkomste te vermy.”

Betogers het deur die nag altesaam 37 vragmotors uitgebrand (Foto: Rob Beezy, Twitter)

Makhura het die Gautengse polisie geloof vir inhegtenisnemings wat reeds in verband met die betogings plaasgevind het en gesê dat die polisie sal voortgaan om lewens en eiendom sonder vrees te beskerm. Daar is tot dusver 96 mense in Gauteng in hegtenis geneem.

Die vakbond UASA het Maandag gesê die voortslepende betogings sal bloot tot verhoogde armoede en werkloosheid in Suid-Afrika lei.

“Die land sit reeds met ’n pandemie wat onmeetbare skade aan ons ekonomie aanrig. Die laaste ding wat ons nodig het, is onverantwoordelike geweld en plundering.

“Ons doen ’n beroep op betogers om huis toe te gaan en nie verder skade aan die ekonomie en eiendom van medelandsburgers aan te rig nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa het die geweld Sondagaand veroordeel en gesê dat geweld, vandalisme en die skending van menseregte nie geduld sal word nie.

“Ons as nasie sal geen geweld en vandalisme duld nie en diegene wat hulle hieraan skuldig maak, sal in hegtenis geneem en vervolg word. Dit geld ook vir dié wat hulle skuldig maak aan die verbreking van afsonderingsregulasies,” het Ramaphosa gesê.

Van die paaie in KwaZulu-Natal en Gauteng wat tans onbegaanbaar is:

  • Die N3-tolroete tussen Harrismith en Cedara
  • Die M2 naby Cleveland
  • Die N1 in Finetown, Ennerdale op pad na die Grasmere-tolplaza
  • Die Grasmere-tolplaza is tans gesluit.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Andrew ·

Geen kuns om die nationale sport sterre se bou vernuf te voorspel nie.

Dirk Mostert ·

Die K.P. het gedurende die 1980s/1990s gewaarsku dat die N.P. se “hervormings” sal lei tot die einde van beskawing in S.A., maar die media en die meerderheid kiesers wou nie luister nie. Elana Meyer se silwermedalje by die Olimpiese Spele was ons pot lensiesop in 1992.

Boer ·

Kom Bheki ons wag dat jy die tronke moet vol maak.!!!!!!!!!!!!

Frik ·

Bheki die godfather is te besig om branderplankryers wat covid regulasies oortree te jag, want hulle is BAIE gevaarliker as hierdie spul.

Leana ·

Dit is regtig hartseer om te sien wat met ons land gebeur en die ergste is niemand doen iets daaraan nie.

Andrew ·

Dit was voorspoel in 1992 . Maar daar bly nog te veel “beter-weeters”

piet ·

Demokrate, nie die ondemokratiese gemors gedurende Apartheid nie.

Werner ·

Wel lyk my jy kies die burgeroorlog nou ou Piet.Daai tyd het jy met die beste veiligheids magte gesit wat die wereld kon bied vandag sit jy met niks.Sou dit eerder toe wou gehaad het.

Harley Davidson ·

Die probleem is die polisie, hulle is of onbevoeg of het nie die wil om die kriminele te stop nie .Ek sê ontbind die polisie soos dit nou is en elke polisie stasie word verander in ‘n soortgelyke sherrif departement soos in die vsa met lede wat uit die polisie area / buurt aangestel en opgelei word.

Andrew ·

maar hulle ontbind dan die polisie daar ook. en jong, hulle brand en plunder net so daar ook.

Harley Davidson ·

Ek praat van mense wat wet en orde handhaaf ,nie kriminele in uniform nie

marius ·

Totale anargie . Binne weke gaan die hele spul wat veronderstel is om in beheer te wees of bedank of siek word . Hou maar dop .

Willie ·

Nee Marius, die spul sal nie bedank nie, want hulle word nie verantwoordelik gehou nie. Hulle sal net weereens apartheid die skuld gee. Dit is mos die ou manier van dinge doen – of “apartheid” of “white monopoly capital”. Wat die spul geleer was in 1976, gebeur nou met die ANC. Dit is ‘n geval van “one’s chickens come home to roost”.

Hendrik Marthinus ·

Laat Zuma vir dit ook sit
Sy maatjies Kan Sy sel deel
Los die hof Saps het Hulle gesien af brand en betoog
Sluit net toe en verhaal die skade van die saam met hom in die sel
Moet Hulle nie borg gee nie, al se hulle Hulle is enigste broodwinners
Brood winners doen nie dit nie, almal moan covid veroorsaak werksverlies, kyk wat doen julle dan
Sit sonder werk in tronk is fine met my
Gooi die sleutel weg Todat Al’s wat geplunder is reggemaak is

Martie Smartie ·

Ramaposa sal dit nie duld nie, ha ha ha ha, dit gebeur dan, wat doen hy daaraan? Sit en snert praat op tv.

Martie Smartie ·

Carl Niehaus moet van openbare geweld en hoogverraad aangekla word, hy het hierdie veroorsaak

Anton ·

Ek stem saam dat hy moet tronk toe maar ek dink nie hy het soveel invloed as wat hy sou hoop nie

Werner ·

Cyril sit nog en drome droom terwyl Rome brand.As die kos nou klaar is gaan hulle ogies na ons huise draai

Skyspy007 ·

Watter weermag……hehehe…GRAPPIE Willem. Daar bestaan nie meer ‘n weermag nie!

SwartBees ·

Eerstens, watter weermag? Hulle is deesdae bekend as die meerwag.
Tweedens het hulle nie petrol/diesel om tot by die onluste te ry nie.
Derdens het hulle nie geld vir koeëls nie.

gehasie ·

Indien Covid n pandemie is wat noem ons diè en waar is Cyril of moet ons, ons eie afleidings maak?

Andre ·

En so sien ons die gevolge van jare lange aanmoediging deur die wat nou in die regering is, om alles af te brand om beheer te kry. Nou het hul beheer en kan hul nie hul volgelinge beheer nie….kry vir jou! Boewe en plunderaars is die resultaat van die opleiding wat die ANC en sy vennote vir hul volgelinge geleer het. Dit sal slegs einde kry as die regering dringend ernstig sal optree , sonder aansiens van persoon, en die verantwoordelike aan die pen laat ry, net my 2 sent opinie

Andrew ·

Nationale sport sterre besig om hul sport te be-oefen, los hulle. die blm het n neiging om aan dieselfde sport deel te neem en ek sien in haiti be-oefen hulle ook soortgelyke sport. My kinders kan net so tekere gaan , maar hulle leer nog wat om met hulle emosies te doen.

Andries ·

Dink mense, dink asb!

Wanneer di rook en as weg is, is baie werkers se inkomste daarmee heen.

Maar, dit help seker ni om dit hier te noem ni…

Anthony ·

Ja nee, die wat dit moet hoor lees die DIE site se boodskappe nie Andries

Leana ·

Hulle is besig om kapsie te maak oor lock down level 4. Daar is nie nou vir hulle tyd om te worry oor die land wat tot as gaan nie, maar almal huil oor die ekonomie. As dit so aangaan gaan daar in elk geval geen ekonomie wees nie.

Wielspore ·

Die regering (polisie) is nie opgewasse om die huidige situasie onder beheer te bring en mag slegs die weermag se hulp inroep as hy ‘n nood toestand aankondig. As ‘n nood toestand aangekondig word het die weermag volmag om wet en orde te herstel.

gehasie ·

Indien Covid ‘n pandemie is wat noem ons diè en waar is Cyril of moet ons, ons eie afleidings maak…?

Dirk Mostert ·

Lede van die Zuma-familie (insluitend die hoof-induna) en meelopers soos Charl Niehaus, wat mense opgestook het tot gewelddadige betogings, oftewel opstand, behoort van hoogverraad aangekla te word. Ek hoop diegene wat skade berokken is stel ‘n groeps-eis teen die Zuma-familie in.

Nie Verbaas ·

Dit wys jou net watter tipe karakters die land met ons deel. Dan verwag die spul dat ons hulle moet respekteer terwyl hulle die land en sy regering bespotlik maak voor die res van die wereld.

Mariana ·

En niemand doen iets nie, want die kriminele mag so maak. Regtig, is dit wat van ons land geword het. Land van kriminele en die vark in die tronk glimlag van oor tot oor en voel vreeslik geëerd dat hulle so verniel en brand in sy naam.

Piet ·

Minister van Polisie? Hy was “uitstekend met strand arrestasies” of dwaal hy nog op strande rond met die hoop dat die moelikheid verby sal gaan asof hy niks gesien het nie.

Eugene ·

Hoe is dit moontlik dat mense sonder teenstand oorlog kan voer teen hulle eie land? Wat ek hier lees is tog niks anders as oorlog nie. Om die ekonomie van die land aan te val kom neer op self vernietiging.

Jaco ·

Al die rolspelers in die Zuma sage is in die ANC. Die ANC-beheerde konstitusionele hof pas ‘n wet van die ANC-regering toe wat die gewese president van die ANC regering na ‘n tronk stuur wat val onder die ANC beheerde regering. Niehaus en sy MK Veterans kla oor dit, maar hulle is OOK almal in die ANC. En dan word niehaus deur polisie wat werk vir die ANC-regering in hegtenis geneem. So ALMAL in dié drama is in dieselfde ANC. Iets GROOTS maak regtig nie sin nie. Dit kan mos alles binne die ANC huis gehanteer gewees het. Of waarom breek die pro-zuma faksie in die ANC nie net weg van die ANC nie, want tans betoog die ANC teen die ANC. Dis regtig vreemd

Anoniem ·

SA sit op ‘n kruitvat en dis net ‘n kwessie van tyd voordat onderlinge etniese verskille die politieke speelveld oorneem.

Antoinette ·

En ek glo Zuma sit en grinnik selftevrede met die dat hy so ‘geliefd’ is terwyl hy lekker op ‘n sagte bed sit en heerlike maaltyd geniet.

Sluier ·

U weet. n Klompie jare gelede was daar n President met die naam van Lucas Mangope. (Ek hoop ek spel dit reg). Hy was die President van Bophutatswana. Sulke gedrag was nie in sy land toegelaat nie. Hy het sy weermag met skerp punt ammo ingestuur en geseg : Skiet dood.

piet ·

Al wat ek van Bop onthou is die AWB se onsuksesvolle “inval”. ‘n Paar ou, boeppens oompies wat hulself as soldate voorgedoen het. Dit was ‘n hartseer dag om te sien hoe hulle afgemaai word soos diere. Ek onthou nog die skokkende foto’s in Rapport. Eish.

Piet parys ·

Tyd vir skerppunt ammunisie en dit sal die betogers aarde toe bring

Kokerboom ·

Die President , sy Polisie en weermag is TOTAAL onbevoeg!!Dis ‘n erge skande. Ek distansieer my totaal van die man en sy boewe kaders. Hy is NIE ons president. Hy het die stryd verloor. Ek skaam my!!!

SomeOne ·

die polisie wou mos toegee en toegee, nou sit hulle met hul hande in die hare, daars niks, om die situasies hok te slaan, maar ry net 5 minute oor nege in die aand in die straat en jy sit met jou agterent in die tronk, useless klomp lafaards

Noels244 ·

Dis nie asof ons alreeds gebuk gaan onder die stres van die virus nie, nou maak hierdie opperste booswigte amok. Ons land brand af tot roet en as en al wat die Onorobel Memba vra is “hou asb op” Dit ruk my tot in my diepste wese. Cry, the Beloved Country!

annie ·

Net wanneer dit CR pas is ons ‘n nasie… Jammer, maar count me out.

Anton ·

Wel as Cyril aandui dat hy nie geweld en vandalisme gaan duld nie, kan ons almal seker rustiger slaap

Shaun ·

En dan probeer Bekkie se ons het nie gewere nodig in SA nie? lol

Anel ·

Ek kan nie glo dat die polisie nog nie skerppuntaminusie begin gebruik het nie. Hietdie is terrorisme. Skiet ‘n paar van hulle raak om te wys die regering is ernstig. Jy kan hulle vra om op te hou tot jy bliu is, hulle sal nie. So, begin vir hulle SÊ om optehou ander word hulle geskiet. So maklik soos dfit. Maar nou ja, met ‘n bang minister en ‘n nog banger polisie gaan niks gebeur nie. Hou net vir zuma in die tronk!!!

Anoniem ·

Ek wil eers ‘n foto van Zuma in die tronk sien voordat ek dit glo.

Andries ·

95% van die vergryping het niks met Jacob Zuma te doen nie. Dit is opportunistiese kriminele dade wat gepleeg word en Zuma word as gemaklike verskoning gebruik. Môre, oormôre word die plek langsaan verbrand omdat die plek wat hulle vandag afbrand nie meer bestaan nie…

Astrain ·

Nou kan die Westerse wêreld wat SA so gekruisig het, self sien dat die voorspellings van verskeie figure in die geskiedenis, nou vergestalt. Die martelaar word altyd eers gekruisig voor daardie selfde figuur tot ‘n heilige verklaar word. Hierdie land sal die gevolge van hierdie kriminaliteit as die laaste spyker in die doodskis beleef – as ons gedink het COVID-19 is ‘n pandemie, die pandemie van geweld gaan bloed in die strate laat vloei, letterlik en figuurlik!

Malan ·

Dit is absoluut onbegrypbaar hoe hierdie ANC regering sulke boewery toelaat. Tensy hulle dit natuurlik goedkeur.

Elméne ·

ANC president en sy kaders orkestreer hierdie gebeure , daarom sal hy dit nie stop!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.