[Video] Wisselvallige reënval knou Vrystaatse boere

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Verskeie gebiede in veral die noorde van die land het die afgelope paar weke goeie reën gekry, maar sake lyk al slegter vir boere in dele van die Vrystaat.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk elke aand om 19:00 na eNuus op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ja, dan dink die meerderheid van ons land se bevolking as jy ‘n plaas het, is jy ryk!!! Hulle moet net vir die boere wys hoe ‘n mens daardie droë grond kan bewerk en eet!!!

Johann Marx ·

Christa, ek weet droogte maak van boerdery ‘n groot uitdaging, maar ek het as klein seuntjie op my oupa se plaas die volgende opgelet: My oupa het beeste, skape, bokke, donkies, perde, varke, hoenders, eende, ganse, makoue en ‘n melkery gehad. Hy het mielies geplant, lusern, pampoene, massiewe perske boord en groente tuin gehad, en soms self waatlemoene tussen die rye mielies. Hy het hoender-eiers verkoop, wol verkoop, melk verkoop…..en hy was ‘n ryk man, kom ons wees eerlik. Met sy afsterwe het sy seun die plaas ge-erf….en alles tot niet gemaak, en NET een keer ‘n jaar mielies geplant, en EEN keer ‘n jaar ge-oes…en die res van die tyd baie ander “stokperdjies” gehad soos ski-boot, radio beheerde vliegtuie, oorsese vakansie, jag-ekspidisies, en baie “vrye tyd” wat sosiaal spandeer is. Die eerste paar jaar was dit fantasties….en met die eerste droogte ‘n ramp. Hy het alles verloor, en nooit weer herstel nie. As mens regtig wil, kan jy jouself in mate teen “droogte” beskerm, want jy WEET dit deel van die natuur se siklus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.