Video: Wit armoede onder die loep op Nederlandse TV-program

dit is de dagJohan Eikelboom, aanbieder van die televisieprogram Dit is de dag, het besoek afgelê aan wit plakkerskampe in Pretoria.

Eikelboom gesels onder andere met die 13-jarige Riaan wat al ʼn jaar lank nie meer skoolgaan nie, omdat sy pa dit nie kan bekostig nie. Die gesin het eers op ʼn kleinhoewe gewoon met ʼn swembad, drie motors en sewe perde. Nou woon Riaan saam met sy pa en oupa sonder enige luukses.

Klik hier om die oorspronklike video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

okkie stander ·

Dankie vir die inligting.Dit is n onderwerp wat in Suid-Afrika n baie lang aanloop het. Ek is n PhD student aan die Univ Stellenbosch en my navorsing sluit aan by die onderwerp.

Daantjie Maartens ·

Okkie.
Dit is met die grootste vrymoedigheid dat ek hier op rekord Maroela-bestuur n mandaat gee om my besonderhede aan jou weer te gee.
Indien daar enigiets binne my vermoe bestaan om jou tot hulp te wees, kan jy op my nr. druk.
Jou studieveld / rigting is prysenswaardig. Sal jou tegemoet kan kom met logistiek en of enige ander afhaal van materiaal waarvoor n voltydse student nie aldag kans sien, of oor beskik nie.

Groete.
Daantjie.

PS.
Ek verneem hier duskant Kraaifontein lyk dinge benard.

Daantjie Maartens ·

Jammer.
Nagelaat om die uiterste verval in Ruyterwacht te vermeld. Aanvaar jy neem reeds, in die lig van jou studieveld, kennis ? Edward-John Bottemley se relaas en opbou tot hierdie situasie mooi vergestalt in sy skrywe in Rapport – Die Groot ( wit ) Projek -13 / 10 / 2012.
( Foto’s geneem van blanke “oumas” wat in Checkers-waentjies kliniek-toe aangestoot word. )

Shannon ·

Ek sou dag die Front Plus en ander politieke Doktore is tot bloed sweetens toe besig met die bekamping van blanke armoede. Help my asb., ek soek na `n skakel juis hier op die forum blaaie waar ons kan bydra. Ek weet geagte Dottor Roodt het `n kontant skakel .. maar dis vir sy psoonlike kampanje vir politiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.