[Video] Wits skors EFF-studente wat verkiesing ontwrig

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het bevestig dat hy lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) geskors het nadat hulle Dinsdagaand ʼn debat tydens die Studenteraadsverkiesing ontwrig het.

Die party word ook nie meer erken as ʼn vereniging by dié universiteit nie.

Die debat moes gekanselleer word weens ʼn fisiese onderonsie en die EFF-lede op die verhoog geklim en begin het om te dreunsing, “Geen SR”.

Die uitvoerende komitee van die universiteit se raad het gesê hy neem met misnoeë kennis van die ontwrigting, aangesien dit teenstrydig is met alles waarvoor die universiteit staan.

Die universiteit het gesê, nadat hy beeldmateriaal van die voorval gesien het en met die verkiesingsbeampte en haar kollegas vergader het, dat daar redelike gronde bestaan om te glo dat die ontwrigting deur lede van die EFF-vereniging by Wits georkestreer is.

“Lede van die Wits EFF voer aan die ontwrigting het plaasgevind omdat sommige van hul lede deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word,” het die universiteit gesê. “Hulle word wel in die gesig gestaar deur dissiplinêre verrigtinge vir voorvalle wat plaasgevind het voor die verkiesing, maar dit is waar van ander studente ook. Die universiteit se reëls geld vir alle studente en dissiplinêre verrigtinge duur voort ongeag of die individu aan die verkiesing deelneem.”

Volgens die universiteit sal kandidate nie aan die SR kan deelneem indien hulle die verkiesingskode verbreek het en gevolglik geskors is nie.

Waar daar bewyse is dat studente betrokke was in geweld en/of dreigemente van geweld, is die studente ook geskors. “Nie een van hierdie studente het berou getoon oor hul rol nie en daar is dus geen aanduiding dat hulle hulself in die toekoms nie op só manier sal gedra wat die omgewing polariseer en dit tot geweld sal lei en die veiligheid van personeel en studente by Wits in gevaar gestel word nie.”

Die gevolg van die skorsing is dat hierdie studente dus onmiddellik van alle Universiteitspersele en aktiwiteit uitgesluit is.

Die universiteit sal ook ondersoek instel of, onder andere, die verkiesingskode verbreek is.

Die komitee het dit benadruk dat die visekanselier bewus is van die belangrikheid van studentebestuur en die verkiesing sal voortaan met verhoogde sekuriteit geskied.

Intussen het die EFF die universiteit versoek om die besluit oor die skorsing terug te trek. “Ons verwerp hierdie skorsing in die lig van die feit dat dit gerieflikheidshalwe op die vooraand van die SR-verkiesing plaasvind, wat die EFF sou wen,” het Lehlohonolo Fana Mokoena, waarnemende nasionale woordvoerder van die party, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Die EFF hou vol hy is in kennis gestel dat daar “geen bewyse bestaan dat spesifieke EFF-lede verantwoordelik is vir die voorval nie” en dat die universiteit nie ʼn “behoorlike ondersoek” gedoen het nie.

Die party het gesê hy sal nie die besluit sommerso aanvaar nie, en het die uitvoerende komitee van die universiteit versoek om die “drakoniese” besluit terug te trek. “Ons doen ʼn beroep op hulle om eerder die betrokke voorval deeglik te ondersoek,” het Mokoena bygevoeg.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thys ·

Die EFF sal moet leer dat die grap wat hulle van die parlement maak, nie oral geduld sal word nie.

André ·

Hoe lekker kry ek nou! Hoe gouer hierdie EFF idiote leer om hoe soos beskaafde mense op te tree, hoe better.

George ·

Dit lyk of die EFF probeer om ‘n skrikbevind te voer deur die goeie orde te ontwrig. Dit sal interessant wees om te weet wat die sotte beplan en waarheen hulle oppad is. Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat hulle die oningeligtes misbruik vir eie gewin.

J.Z ·

Hoop net dat die Universiteit nie gaan swig voor die druk van die EFF nie ,soos gewoonlik maak hulle droog en dan maak of hulle ontskuldig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.