Video: Woede ná aanranding op JMPD-vrou

Lede van die Johannesburgse metropolisie het beslag gelê op vragte vol items. (Foto: AsktheChief/Twitter)

Die munisipale werkersvakbond Samwu sê hy is gewalg deur ʼn video wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het, wat wys hoe ʼn lid van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) by die Pan Africa Mall in Alexandra aangeval word.

Twee mans val die vrouebeampte aan en ten spyte van pogings om die twee te stuit, val die vrou eindelik op die grond. Die voorval Sondag het gespruit uit ʼn wetstoepassingsoptrede waartydens beamptes onwettige straatsmouse aangekeer het.

Die beampte het beserings aan haar gesig en lyf opgedoen en is by die Milpark-hospitaal behandel, het supt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, vroeër gesê.

Metropolisielede is kort na die voorval terug na die winkelsentrum waar die twee vermeende aanvallers in hegtenis geneem is. Hulle word aangekla van aanranding en die verhindering van ʼn beampte in die uitvoering van haar pligte.

Samwu sê nou die aanval op die vrou het voortgeduur, ten spyte van die teenwoordigheid van verskeie ander beamptes op die toneel.

Lede van die Johannesburgse metropolisie tydens die optrede in Alexandra. (Foto: AsktheChief/Twitter)

“Dit lyk dalk of die ander beamptes hulself beteuel het in ʼn poging om die situasie te ontlont en nie te vererger nie. Ons glo egter meer moes gedoen word om die lewe én waardigheid van die beampte te beskerm. Misdadigers kan dié selfbeheersing moontlik as ʼn teken van swakheid sien,” het Samwu in ʼn verklaring gesê.

Die metropolisie het Dinsdag ʼn opvolgbesoek aan die sentrum gebring. Sewe buitelanders is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering onwettig in die land is en nóg ʼn persoon is aangekeer omdat hy die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder, het David Tembe, hoof van die JMPD, gesê. Die polisie het ook beslag gelê op vragte vol bederfbare en nie-bederfbare items.

Samwu het ʼn beroep op mense gedoen om wetstoepassers ruimte te gee om hul pligte uit te voer, selfs al word hulle daardeur verontrief. Die vakbond het die metropolisie geloof vir sy spoedige inhegtenisneming van die vermeende aanvallers.

“Ons wil sien dat geregtigheid geskied sodat ʼn boodskap aan ander gestuur word dat die aanranding van wetstoepassers nie geduld gaan word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Ek verstaan nou nie so lekker nie? Dis juis die boosaards wat die ANC met oop arms die land in nooi om te kom help om dir ANC ANARGIE doeleitte te bereik? Nou word hulle “benadeel” en uitgesit(I WISH)?

Oompie ·

Die opdrag aan die (naamloos) Metropolisie is dat jy nie skiet nie. Al is jou lewe in gevaar, al is jou lewe op die spel. “ons” mag jou nie bystaan as jy dit doen nie. “Ons” het geen simpatie met jou nie.

Zettie ·

Dis jammer dat ‘n wetstoepasser so aangerand moet word omdat sy haar werk doen. Dit is omdat straatsmouse al so lank al toegelaat is om te smous waar en wat hul wil en nou skielik word daar teenoor hul opgetree!

RC ·

New wat, hulle het die mense toegelaat om in ons land te wees, hulle (uitlanders en burgers) het baie onder die tafel toestemming gekry om so op te tree teen die polisie, verkeerspolisie en weermag lede al jare terug! Ook kan hulle vir jare al vrylik goed verkoop net waar hulle wil! Hoe wil hulle dit nou stop sommer soos in dadelik!

jonathan ·

Ek verstaan oo nie wat is nou fout met die wat gebeur het, dit gebeur elke dag in ons land, as hulle nie aangeval of aangerand word deur die mense nie word die mense aangeval deur hulle, weet nie hoekom die nuus maak nie want dit is elke dag se storie in die land

HPV ·

Sulke optrede, die moord en misdaad syfers, bankrot Eskom, SAL, SABC, DENEL ens, die volgehoue plundering van die ekonomie, volgehoue haatspraak en dubbel standaarde teen blankes, dan besef mens die land is reddeloos reeds oor die afgrond.

marous ·

Niemand gaan hulle keer nie . Dit is die gevolge van ‘n mislukte regering . Jammer dat ander vir die wolwe gevoer word .

A ·

Ek het ook nie simpatie met haar nie. Daai klomp dink hulle is verhewe bo die wet. Hulle deel gereeld klappe uit en intimideer mense. Laat sy vir haar kry

Meloney ·

DONALD TRUMP for PRESIDENT = LET’S MAKE AFRICA GREAT AGAIN

Willie ·

Ai wat n bespotting, publiek en Metro Polisie… skande om die minste te se…

Trots Afrikaans ·

Jong, hier is ‘n slang in die gras. Dit lyk amper of sy iets aan hulle gedoen het. Die gevoel is teen haar gemik en nie teen die ander lede nie. Kyk die video mooi…..

tinker ·

Lyk of sy eerste slaan. Lyk ook nie of sy regtig beseer is nie.

Johan ·

Dit is nie meer die taak van die beamptes om wet en orde te handhaaf nie. Hulle taak is om alles van ‘n afstand soos toeskouers waar te neem. En niks te doen nie….

uniform ·

Al wat ek verseker kon sien, is dat dit ‘n baie sterk belt is wat sy aanhet.

Leon ·

In die ANC en die unies se wetboek , as jy langer as drie maande iets doen of iweres plak, dan is dit permanent en niemand kan dan dir verander nie. In ander woorde as jy vir drie maande by ‘n plek werk, is jy permanent aangestel. As jy drie maande op grand plak, is dit permanent en jy mag nie geskuif word nie. As jy drie maande op die sypaadjie verkoop, dan is dit jou possie en jy mag permanent daar verkoop. So wat is hulle probleem.

Adrian ·

Laat ons oop wees, die EMPD is oor die algemeen boewe in uniform oor die algemeen betrokke in korrupsie en dwelms by ander afgevat is. Hulle is niks anders as gangsters in n groep nie. Ongeskik en arrogant nou ja toe kook die pot oor.

TDW ·

Ek is baie trots op daai man met die wit hemp wat voor die vrou gaan staan het en haar beskerm het met sy lyf. Dis voorwaar ‘n voorbeeld vir die toeskouers.

Adel ·

Ek stem saam, sy spesifiek moes iets aan hulle ook gedoen het…… hoekom foeter hulle net vir haar? Hulle is ook nie altyd die onskuldige ‘victims’ nie. Die storie het ñ ander kant ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.