Video: Woede oor buitelandse ingenieurs

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

AfriForum het die departement van water en sanitasie skerp gekritiseer oor sy besluit om 35 Kubane aan te stel wat met die opgradering van die land se waterinfrastuktuur moet help.

Die burgerregtegroep glo hy kan voor die einde van die maand CV’s van 35 Suid-Afrikaners kry wat méér gekwalifiseerd is as die buitelanders om die werk te doen. Intussen het AfriForum reeds meer as 20 CV’s ontvang. Klik hier om meer te lees.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Asjas ·

Al weer Kubane! Het die “dokters” nie destyds genoeg skade gedoen nie?

CHRISTA ·

Wat ‘n grap!! (Dis seker waarvoor ANC staan = African National Circus)!!! Suid-Afrika kan die Kubane leer van watersuiwering en die bou van damme. Stel net die mense aan met die kennis. Hulle is volop in ons land.

Ben Spreeth ·

Soveel haat. Die ANC haat selfs die land waarin hulle woon.

scalla ·

So gaan daar waardevolle kennis verlore wat ons mense het, dankie an circus, sorg vir jul comrades, as jul die dag nie water het om te drink nie sal jul besef dit is te laat. kyk hoe lyk ons pragtige land se riviere, pateties

Cathy Kotze ·

Baantjies vir boeties. Daar moet onthou word dat Kuba altyd een van die ANC se getrouste ondersteuners was.

Ek wonder of die arme ingenieurs darem ‘n sê gehad het. Soos die dokters van destyds, besluit die Kubaanse regering waar hulle mense “ontplooi” moet word.

adriaan ·

Ons is in n kommunistiese land mensë. Eers gaan hulle Kubane inbring onder geheime kommunistiese instruksies daarna Chinese boere….. stap vir stap maak hulle hulself onafhanklik. Ek glo niks wat Ek meer hoor of lees in die nuus nie. Ons regering laat ons net dinge sien wat ons behoort te sien. EFF en ANC een party. Wil geen opposisie hé nie. Baie slim van hulle Hulle speel met Suid Afrikaners. Ons is uit verkoop aan China wat alles beheer.Daar is niks wat ons meer kan doen nie. Absoluut niks. Dis my opinie. Dis kommunisme gaan lees maar op en vind uit hoe kommunisme begin oorvat in n land. Ek glo ook dat daar geen probleem is by Eskom. Kruppel Suid Afrikaanse maatskappye meer Chinese produkte wat land instroom. Wen wen situasie. Geniet maar die goeie Tye.

Isak Tait ·

Dit is baie duidelik dat Zuma se reënboognasie nie witmense insluit nie. Sy reënboog het net twee kleure: swart en geel.

Johannes ·

Ek dink nie hulle hou van ons witmense nie. Hulle sal eerder die werk vir Kubane gee as om enigsins ‘n witmens in ons eie land ‘n geleentheid te gee. Ek kan nie anders as om haat teenoor ons in hulle optrede te sien nie. Dr Pieter Mulder het mos gese hy dink nie die ANC hou van die Afrikaners nie. En toe lieg Zuma en se dis nie waar nie, want ons is mos ‘n rainbow nation. So wat van ‘n tweegesig het ek nog nooit in my lewe gesien nie. Met so ‘n leier sal die land nie vooruit gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.