Video: Woede oor ma wat glo kind laat steel

In die video kan gesien word hoe die oudste van die twee meisies ’n klant by ’n restaurant se handsak steel.

Sosialemediagebruikers is die hoenders in oor ʼn video waarin blykbaar gesien kan word hoe ʼn vrou haar kinders laat steel.

Vandat die Facebook-groep Suburban Control Centre die video Sondagaand gedeel het, is dit reeds meer as 1,6 miljoen keer gekyk en het gebruikers meer as 5 000 keer daarop kommentaar gelewer.

Kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die beeldmateriaal is op 11 November in ʼn winkelsentrum in die Paarl verfilm.

In die video kan gesien word hoe ʼn vrou met drie kinders by haar, twee meisies en ʼn seuntjie, naby ʼn vrou staan wat alleen by ʼn tafel onder ʼn sonsambreel sit. Die polisie wou nie bekendmaak in watter winkelsentrum die voorval plaasgevind het nie.

In ʼn stadium loop die kleuterseuntjie in die rigting van die vrou se handsak wat langs haar op die vloer staan. Hy draai dadelik om en gaan staan weer by die vrou en twee meisies.

Nadat die vier weer ʼn hele ruk lank rondstaan, kniel die oudste meisie onder die sambreel agter die vrou se stoel. Terwyl die vrou, moontlik haar ma, op haar selfoon staan en gesels, strek die meisie haar hand uit na die handsak, trek dit nader en stap ewe gelate saam met die ander drie weg.

Dis ook nie bekend hoe die video in die sosiale media beland het nie.

Die kamera volg die vier terwyl hulle wegstap, wat daarop dui dat dit beman was, maar niemand het die viertal voorgekeer nie. Dis ook nie bekend hoe die video in die sosiale media beland het nie.

Van Wyk sê die polisie ondersoek die voorval, maar “geen ander voorvalle wat verband hou met die verdagtes in die beeldmateriaal is by die Paarlse polisie voor of sedert die voorval aangemeld nie”.

Hy sê speurders volg leidrade op, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Dis hartseer dat ʼn mens kan sien hulle het dit al vantevore gedoen.

Facebook-gebruikers het met afgryse op die video gereageer. “ʼn Swaar lewe wag op hierdie kinders,” skryf ʼn vrou. “Om hulle te leer steel sal hulle in die tronk of ses voet onder die grond laat beland.”

Nog ʼn gebruiker skryf: “Dis hartseer dat ʼn mens kan sien hulle het dit al vantevore gedoen! Daai kinders is goed daarmee. En dis jammer dat dié kinders vir altyd onbetroubaar sal wees weens hul ma!”

Maar minstens een gebruiker glo nie die voorval het regtig gebeur nie. “My vraag is, wie het dit verfilm en hoekom? Hoe weet hulle reeds wat gaan gebeur? Moenie alles glo wat julle sien nie. Dikwels is dié soort nonsens vals om mense sover te kry om dit te kyk.”

Parenting at it's best! What a good example this mother is – Ladies always keep your handbags attached to your person or chair.

Posted by Suburban Control Centre on Sunday, November 25, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Brutus ·

Die ma het n krimenele “mind ” nou leer sy haar kinders ook om krimenele te word. Skandelik.

Jessica ·

LOOKS LIKE THE SAME MOTHER WITH HER CHILD IN THE SHOPPING CENTER WHERE THE CHILD STEAL THE OLD LADY’S CELLPHONE OUT HER HANDBAG AND WALK QUICKLY AWAY, SHOCKING

Jessica ·

Kids should be taken away from her, and show them the video of the wrong they doing, put her in jail for this.

Corne ·

Lyk nie of dit (kamera) beman was nie, die persoon wat die video afneem het net sy foon beweeg soos hulle na regs geloop het.

Marius ·

As jy mooi kyk is dit met ‘n foon afgeneem wat op ‘n rekenaar skerm is. Ha Ha

Eish ·

Indien dit waar is, kan ek nie glo dat persoon buite sit met haar handsak op die vloer!

MissDemeanor ·

Daar is mense wat mos n lewe maak uit “fake news” deur geld te kry vir elke keer wat hul videos gekyk word. Miskien is die vrou met die handsak, die ma en die kinders almal ‘akteurs’.

Al ·

Ek glo nie die video is vals nie. Minderjarige kinders is al by huisbrake betrek.
Dis skandelik.

GM ·

Ek kan nie glo daar is mense wat vra: ‘Wie het dit verfilm, en hoe het hulle geweet dit gaan gebeur?’. Regtig? Dis in ‘n winkelsentrum, met KAMERA’s. Daar was al baie gevalle waar ‘ouers’ hul kinders op so ‘n manier misbruik het. Dis vir hulle aanvaarbaar.

Marius ·

die video is op n rekenaar en met ‘n sel afgeneem en aan media gestuur.Niemands het gesit en kyk dit word eers na die tyd deurgegaan as daar ‘n voorval is soos die een.

honourable member ·

In n land soos hierdie los jy glad nie jou handsak net op n vloer langs jou nie.

$ ·

Nou word die slagoffer weer veroordeel – ‘dis haar eie skuld’.
Wat het geword van ons land en sy mense? Veroordeel die dief!

Santjie ·

Aan die gebruiker wat nie rerig glo dit het gebeur nie…. die persoon wat die video maak, of dan nou ‘n kamera beman, het seker gesien die ma en die kinders lyk verdag OF ken al die groepie?

Marius ·

die video is op n rekenaar en met ‘n sel afgeneem en aan media gestuur.Niemands het gesit en kyk dit word eers na die tyd deurgegaan as daar ‘n voorval is soos die een.

Cherokee ·

O.. maar die kamera volg hulle terwyl hulle wegstap? Die area waarheen hulle stap was nie eens id veld van die eerste beelde nie.

IK ·

Kyk weer Cherokee. Dis wel ‘n video op ‘n skerm wat met ‘n ander kamera afgeneem is. Die kamera sluit uit die gedeelte waarheen die vrou beweeg en skep die indruk van beweging. Reg aan die begin kan links onder die raam gesien word vd oorspronklike video asook aan die einde aan die regterkant (voor die vrou).
Dis werklik ‘klein maar reeds getrein’.

Roger ·

Wonder hoe die Suid-Afrikaanse hofnarre hieroor sal oordeel? Sal seker kinders gebruik as versagting om nie die volwasse te straf nie. Prettige spul!

TLC ·

Waar of onwaar
Laat dit vir elkeen van ons n goeie les wees
Maar ek glo dat dit wel waar is het al soortgelyke video’s in eetplekke gesien

Magrietha ·

Sy is nie n suid afrikaner nie hulle kry visa verniet jy hoe nie werk te he nie

DS ·

As jy in vandag se tyd nog so onverskillig is met jou handsak dan is dit wat met jou gaan gebeur. Regtig? Dis soos mense wat met selfoon teen oor sit by robotte jy VRA dat dit moet gebeur.

EP ·

Die ergste is dat sy drie kinders het en dit lyk of daar nog een oppad is. Kan alreeds nie vir die drie wat sy het sorg nie. ?

NAÏEF ·

Skelm Ma, wat skelm kinders grootmaak. Hoop sy word gevang en kinders in sorg gesit….
Maaaaar die VROU wat so sit, met haar handsak op die vloer!
Neeeewat, as jy dom is moet jy sukkel!

Ons almal weet mos om die handsak op jou skoot te hou. Of sit dit op die vloer, maar draai ten minste die band om jou enkel, dan kan jy voel as iemand dit wil gaps.
En dan staar sy vir -hoe lank die video ook is- net voor haar uit!
Kyk bietjie om jou rond. Kyk wat om jou aangaan….o en smile ook bietjie…
(you’rw on camera?)
Mense moet nie so naïef wees nie!
Wees versigtig. Wees paraat.
Vakansie gaan baie skelms uit die dreinpype kruip…

Hollander ·

Er is een spreekwoord : De gelegenheid maakt de dief.
Die mevrouw is super dom wanneer zij haar handsak naast haar los op de grond laat staan.
In welk land dan ook wordt op deze manier gestolen.
Je kunt de riem van je tas om je been of om de stoelpoot vastmaken.
Ek dink daar is niks besonders in die handsak.

Penellope Jones ·

Moet NOOIT jou handsak op die grond neersit waar jy dit nie onder oog het of selfs oor die rugleuning hang nie. Sit jou handsak op jou skoot of onder voor op jou voete waar jy kan agterkom dat iemand graag jou handsak wil he.

Paarliet ·

Nie so seker of dit met n selfoon geneem is nie – lyk vir my of dit van “bo” af geneem is. Paarl Mall het net een vlak en dit is duidelik by die Steers oppad na die badkamers. En sal iemand regtig sit en kyk hoe dit gebeur sonder om iets te se of alarm te maak – ek twyfel.

Geweeg en te lig bevind ·

Ek weet van een klein dogtertjie wat ‘n groot pak slae gekry het omdat sy uitgevang is. Dis maar net deel van hul opvoeding.

Dina ·

Dit lyk beslis na die ware jakob. Die a se gesig moet oral op lamppale en by winkelsentrums aangebring word om mense te waarsku om op die uitkyk vir haar te wees. Maak krimenele soos sy rugbaar.

Karolis ·

Waarom gaan julle so tekere?
Dis ‘n graad 4 onderwyseres besig met standaard praktiese opleiding.

Johann cb ·

As jy nalatig genoeg is om persoonlike besittings só alleen te laat, moet jy die gevolge dra!

Pieter ·

Swak beriggewing MM. Die kamera was nie beman soos julle beweer nie. Die beeld wat hier gesien kan word is van n CCTV skerm afgeneem. Gaan kyk maar weer die beeld van die begin, waar die TV skerm duidelik sigbaar is.

Hanna Hoekom ·

Kinders word al van jongs af ge-train! Paar jaar gelede by ons meenthuiskompleks in Pretoria so ingebreek: druk die kleintjie deur die boonste, klein en oop badkamervensterjie en laat hom die deure van binne af oopmaak. Gelukkig is hulle gevang! Ek glo daardie kind is vandag n geharde misdadiger. Alles te danke aan sy Pa. En dan word hulle nog in ons skole ook ingeforseer…

Koeksuster ·

Kinderwelsyn moet haar opsoek en die kinders by haar weg neem! Maklik soos dit!

Staak saam ·

In die laaste 370 jaar het net die kleredrag verander maar nie die geaartheid nie

Jan Alleman ·

Die kamera volg hulle nie. Dis ‘n cctv kamera beeld op ‘n skerm wat met ‘n selfoon afgeneem word. Soos hulle oor die skerm loop volg die selfoon hulle op die skerm. Van een kant van die skerm na die ander. Ek het al baie sulke video’s gesien. Selfde modus operandi. Al self so beroof by ‘n winkel in Gauteng.

M ·

Hoekom is mense verbaas ? Elk geval 3 kinders en nog een op pad so geld moet van iewers af kom …

jakes ·

Enigste manier om sulke dade te bekamp is om die ouers swaar te straf al sou die kinders die daad pleeg. Heelwaarskynlik was die kinders nie eers die vrou sn nie. Die video sal ook nou ander kriminele aanpor om kinders te misbruik vir diefstal.

Kallie ·

Wat van die vrou wat regoor die vrou sit? Sy moes dit gesien het!!

Andre ·

Glad nie verbaas nie selfde as zuma , malema ens .. dis waar dit begin

train a child ·

laat my dink aan die bybel vers wat min of meer so gaan: Train up a child in the ways he (she) should go, and when he is big he will not depart from it

Debbie ·

In Europa gebruik die “gypsies” ook hulle kinders, so klein as 3 jaar om die stelery te doen. Hulle handjies is klein en kan maklik in sakke in en uit en omdat hulle so “cute” is, trek hulle baie mense se aandag af van die daad wat gepleeg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.