[Video] Woede oor skopvoorval in wildtuin

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

SANParke het bevestig ʼn ondersoek is van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe iemand ʼn ietermagô skop.

Die video is op YouTube gelaai en word wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe ʼn man uit ʼn voertuig klim en ʼn ietermagô skop. In die agtergrond kan jy ʼn vrou hoor skree “nee, nee, nee” voor die man sê: “Moenie jou bekommer nie, dit sal nie doodgaan nie. Dit is taai. Sodat julle ʼn foto kan neem.”

Jason Janse van Vuuren het die video op YouTube gelaai en gesê die voorval het tydens ʼn nagwildrit in Punda Maria in die Krugerwildtuin plaasgevind. Volgens Janse van Vuuren was dit ʼn veldwagter wat die dier geskop het. “Hy het later aanmerkings gemaak dat hy gaan teruggaan en die dier vang sodat hy die publiek geld kan vra om dit te sien.”

Sosialemedia-gebruikers het intussen woedend op die video reageer en geëis dat die veldwagter afgedank word. Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die voorval en stel ondersoek in.

Janse van Vuuren het by die video op YouTube geskryf: “Ons is verstom en baie hartseer oor wat gebeur het.”

https://youtu.be/8yzWtDJM9FQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Uys ·

Ek is self ń veldgids. Ek sê moeinie die veldwagter afdank nie. Gebruik hom om vir die toeris, elke toeris wat SA besoek onverskoning te vra. Hy moet dit doen vir dieselfde tydperk as wat hy as ranger gewerk het x10 jaar.
Dit moet op video regoor oor die werled uitgesaai word hoe hy ELKE dag ń NUWE video laai en sy gedrag as waglik beskryf.
Hy mag ook nie ou material gebruik of sy verskoning herhaal nie.

Leon ·

Ek stem saam met Uys. Maak ‘n videos van hom waar hy verskoning vra en plaas dit op sosiale madia! En dan jaag hulle hom weg!

Andrea van Vuren ·

Dan word ons op sosiale media verbied om sulke mense (?) name te noem!

Adél Smit ·

Skop daai man ook so – hy sal mos nie doodgaan nie!!

l ·

Dit is afskuwelik !! Dit is die mense wat ons wild moet beskerm en bewaar. Hy moet onmiddellik afgedank word. Wat weet mens wat hulle nog alles aanvang!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Piet ·

Dit lyk vir my of hy hom net liggies tik om te maak dat hy homself opkrul. Toe ek die berig lees dog ek die skubbe het behoorlik getrek. Die ou moet die diere in die wiltuin uitlos en ‘n boete kry, maar om histeries te raak gaan ook nie nodig wees nie.

Katjie@1 ·

Verskoon my! hoe neem jy n video in plaas van om die dier te help? gee jou foon vir die “gillende” vrou en gaan skop daai toergids se gat warm!

Dan ·

Ek HOOP van harte daardie ‘toergids’ verloor sy werk. As hy so onskuldige outjie die boot kan gee, wat sal hy nog vir publisiteit doen?! SWAK.

Grap ·

Kruisig my maar ek dink hierdie ou is onskuldig hy wou vir die mense wys wat gebeur as jy hom stamp of skop die dier is gepanser julle oorreageer hier hy het nie seergekry nie my oupa het met ‘n bakkie oor een gery sonder besering aan die dier.

Charl Coetzee ·

Grap, ek stem saam. Kyk die video weer, maar sonder klank. Ek dink die mense oor reageer ‘n bietjie. Dis nie nodig om ‘n man (en sy gesin) se lewe te verwoes oor dit nie.

Praat met die man in liefde, opbouend, en leer hom wat om liewers in die vervolg te doen.

Aan die res van julle wat so gulsig die man wil stenig, Jesus het gesê laat hy wat onskuldig is die eerste klip gooi.

Amanda Borrett ·

Grap – Ek is seker die diertjie sou met ‘n aanraking ook opgerol het. Om hom te skop al is hy gepantser skep net nie die beeld wat mens van wildbewaarders wil hê nie.

Rietha Kobus Van Staden ·

Ek voel julle oor reageer darm Baie!!!!! Dis n taai dier en hy wou net die toeruste wys hoe die wild hulle self kan beskerm teen gevare. Dis al!

gatiep ·

Grap jy is reg die mense ruk nou die dam onder die eend uit,dis dan net n ligte skop daai. Hy wou vir hulle wys wat gebeur as jy hom skop.
Ek belowe die plaas aanvalle is baie erger as daai.

Anneke ·

Ek hoop iemand skop hom ook dat ons kan sien of hy ook taai is ?

E.K. ·

Rietha Kobus van Staden en Charl Coetzee – jul veragtelike opmerkings wys jul karakter. Men skop geen dier nie, nooit!

Karma ·

@Rietha/Kobus van Staden, Charl Coetzee, Grap, gatiep en al die ander wat dink dit is wel …. ‘n GRAP dat ‘n veldwagter ‘n dier – al is dit ‘n pangolien/ietermagô of armadillo – skop: kom buk bietjie hier voor my, sodat ek elken van julle ‘n skop kan gee – julle sal mos niks oorkom nie! Hoe hard die skop ookal was, of dit ‘n tikkie met die skoen was, of genoeg was om ‘n bal tussen die pale deur te klits, is irrelevant. Dit kom neer op dieremishandeling en al is dieremishandeling maar laag op die agenda waar dit vervolging en straf in SA aanbetref, is dit onaanvaarbaar. Wildbewaarders moet die beeld van SANparke uitdra, nie dit afbreek nie. Hulle is veronderstel om die res van die mensdom (toeriste ingesluit) in te lig oor bewaring en die natuurlewe self. NAME AND SHAME THIS PIG!!! (gesê met ap;ologie aan die varke, want ‘n vark het immers ‘n nut in die lewe). Dank die w3tt3r af. Te duiwel met ‘hy is ‘n gesinsman … blah-blah-blah”.

Amanda Borrett ·

Wat my die meeste pla is dat ons van die veronderstelling uitgaan dat opvoeding en opleiding al is wat mens nodig het om beskaafd te weees en dan bewys hierdie man dat dit ongelukkig nie genoeg is nie. Name and shame!!

humor ·

Ek wonder of die mense wat so gaande is al ooit n ietermago gesien het. Hier in ons wereld met baie miershope is hul nogal volop. Die mense oordryf beslis. Hartloop alweer met emosies weg rakende iets waarvan hu niks weet nie.

Susan ·

Ek kyk en kyk, maar sien nie “SKOP” nie. Die feit dat die veldwagter uit die voertuig geklim het om die dier aan te raak, asook sy opmerking dat hy die dier gaan vang en mense laat betaal om dit te sien, is vir my meer kommerwekkend! Skors hom vir ‘n tyd lank en in daardie tyd moet hy gedwing word om gepaste opleiding/onderrig by te woon waar hy respek vir sy werk en die diere kan leer.

Karma ·

@Susan, as daardie nie twee SKOPPE was nie, dan weet ek wraggies nie wat ‘n skop in jou opinie is nie. Hy het, toe hy die deur oopmaak, al ‘n skop … ekskuus, tikkie …. aan die ietermagô gegee en dit toe weer opgevolg met nog ‘n skop …. ekskuus, tikkie. As hy bv. ‘n takkie gepluk het en die dier liggies daarmee aangeraak het, sou ek nou daarmee kon saamgaan. Ietermagô’s reageer op die geringste aanraking, amper soos ‘n swart duisendpoot wat dit oprol as jy daaraan raak.

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Adele. En hulle kan sommer my kry om dit te doen. Dis mense met persoonlike probleme wat sulke dinge met onskuldige diere wat hulself nie kan verdedig nie, doen. Hierdie veldwagter het seker nou gedink hy skep ‘n helse indruk op die toeriste. 10 uit 10 vir die person wat die video gelaai het. Reynold, jy moet maar ondersoek. Jy moet beweeg ou, jy moet net beweeg met hierdie veldwagter!

Therina ·

Ek hoop regtig nie die saak word daar gelaat nie. Hoe verwag hulle moet mens en dier saam lewe as dit so gaan.

SPCA ??? ·

Ek wonder waar is die SPCA nou? Hulle was binne ure op die toneel toe ‘n boer twee rondloper honde geskiet het op sy wildsplaas wat hy by magte is om te kan doen binne die wet. Hoekom wil die SPCA nie ook optree in hierdie geval nie?

Lida ·

Dit was in die KRUGER WILDTUIN !!!! Die SPCA werk nie daar nie.

E.K. ·

Kan nie GLO wat ek lees – dat daar mense is wat heirdie goedkeur en sê daar word oorgereageer? Julle het dringend hulp nodig.

Miemie ·

Hierdie is ‘n joke… Dis so goed jy kielie die arme dier. Meer kommerwekkend is dat mense so aangaan oor aanranding, daai is g’n skop mense. Ek is seker julle kinders word ook nie gekielie so af en toe nie, want dis aanranding???? Daai is nie skop nie.

Rapes ·

Nee moenie hom net afbetaal nie,kla hom ook aan van dieremishandeling en kap hom hard want hy is veronderstel om die diere te beskerm.

Piet ·

Ek het eenkeer my vinger in ‘n seeanemoon gedruk om my kinders te wys wat gebeur, die selfde gedoen met n “vinus flytrap”. Die Vader weet ek is baie bly een van drama queens was nie by gewees nie!

Grap ·

As dit ‘n hond of ‘n kat was het ek ook ongelukkig gevoel .Die Afrikaanssprekende volk is kwaad en krop baie negatiewe emosies op want hulle word afgeknou emosioneel en fisies ….en nou lyk dit of iemand iets verkeerd gedoen het iemand wat ons ons frustrasie op kan uithaal …..vat ‘n oomblik en dink mooi hieroor.

erica roos ·

Dis mos so, eendag het vriende wat ons ken wat hulle renosters gereeld gepoach is, toe vang hulle van die blikslaers en toe hulle vir hom vra hoekom maak hulle dit dood en bewaar dit nie eerder vir almal se nageslag toe antwoord hy:” If I can’t eat it why do I have to protect it”, die veldwagter sou seker die dier afgeslag het en nog geeet het ook want waarvoor moet hy diere bewaar, barbaars dis al wat ek se

Theresa ·

Kry die veldwagters/toergidse fooitjies by die toeriste?? Indien wel, doen hy dit sekerlik nie net met die ietermago nie, want “so that you can take pictures” moet sy fooi die moeite werd maak?? Verseker nie nodig om te skop nie – kon net aanraak. Dissiplinêre verhoor om te hoor waarom en hoeveel ander diere het al deurgeloop ter wille van take the picture en dan ‘n lekker vet fooitjie… Wens hy wil ‘n ou, beduiwelde alleenloper buffel tart :)

Moeg ·

Jammer ek het in die wildtuin groot geword jare terug. Hierdie optrede skep beslis n swak voorbeeld vir die publiek. Sies hkm is daar mense soos hy in daardie beroep?!?!?

Jef ·

Laat ek dit so se…ek is lief vir mense maar ek is smoor verlief op alle diere.

Diere Liefhebber ·

Hy is ge”suspend” terwyl die saak onderskep word. Die video is bewus genoeg. Dank Hom summier af én hy moet geniet word!

Diere Liefhebber ·

Jammer, dit was ‘n paar foonspelglipse en moet lees: “Hy is ge”suspend” terwyl die saak ondersoek word. Dank hom summier af en hy moet beboet word!

Tc ·

Ai,Ai skud net my kop vir al die kommentaar…. Wonder of ons n slang mag skop of nie?Vra maar net?Ek glo ook maar die toergids wou toersite net gewys het hoe taai die ou dier maar is.Baie interesante kommentaar wat elke persoon gee,party wat kwaad raak,party emosioneel en party voel vere,ai ai die mensdom tog

Stan ·

My vrou het my al erger as dit geskop. Lyk meer of die ou net die dier uit die pad uit vee met sy voet!

Lance ·

Hierdie werk is net vir die man n job ….geen gevoel of agting vir lewe of die natuur !

Skaam ·

En die kommentaar van ons boere volk. Julle leer vinnig hoor. Begin al hoe meer die gevoel van barbaars wees kry. Skop maak seer vernetig…dis hoe jy dit in S.A doen.

Tommy ·

Ek dink dis belaglik dat daar so n groot bohaai oor die video gemaak word. Ek wonder of party mense weet hoe lyk n skop.

nicky ·

skop of nie geen mens moet diere seer maak nie maar mens weet nie wat daai man rerig wou doen nie moenie oordeel nie want dan sal jy ge-oordeel word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.