[Video] Wou Susan Rohde haar eie lewe neem?

‘n Skermgreep uit die video van WhatsApp-boodskappe wat Susan Rohde aan haar man Jason gestuur het

Die voormalige eiendomsmagnaat Jason Rohde se regspan voer aan daar was heelwat tekens dat sy vrou, Susan, haar eie lewe wou neem.

Susan se sielkundige, Jane Newcombe, het in die saak getuig. Newcombe hou voet by stuk dat Susan geen sulke tekens getoon het nie.

Rohde, voormalige Suid-Afrikaanse hoof van die eiendomsgroep Lew Geffen Sotheby’s International Realty, staan tereg vir die moord op Susan in ʼn hotelkamer in die luukse Spier-hotel buite Stellenbosch in Julie verlede jaar. Hy ontken dat hy haar vermoor het en beweer Susan, die ma van die egpaar se drie dogters, het selfmoord gepleeg deur haarself aan die badkamerdeur op te hang. Die staat voer aan Rohde het haar verwurg.

Die egpaar het by die hotel op die wynlandgoed tuisgegaan vir Sotheby’s SA se jaarlikse konferensie. Rohde het reeds in ʼn beëdigde verklaring aan die hof beken dat hy ’n buite-egtelike verhouding gehad het met een van sy kollegas, Jolene Alterskye. Alterskye het ook die konferensie bygewoon en Susan het, teen Rohde se wil, ook die konferensie bygewoon.

Dit het in die hof aan die lig gekom dat Susan tussen Februarie 2016 en haar afsterwe op 24 Julie 2016, Jason altesaam 1 703 keer gebel het en sy het 2 029 WhatsApp-boodskappe vir hom gestuur.

Die saak duur Maandag voort.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Ma ·

Lyk my sy het nie kans gekry om selfmoord te pleeg.Bloed praat.

Ditto ·

Ditto. Die bloed in die kamer vertel die verhaal. Sy regspan braai almal, soos met al die ander, Panayiotou is die hele wereld leuenaars en onbevoeg, slegte getuies. Die man wat saam in die buite egtelike verhouding en sommer trots daarop en lyk is, is so eerbaar, hy lieg nie. Mag geregtigheid vir hierdie vernederde vrou seevier.

John ·

En… sy was ‘n desperate vrou… en haar liewe man het haar lyding so geniet.. baie sadisties en maak toe bewyse bymekaar on dit uiteindik te gebruik om homself te verontskuldig,.. Hierdie plan is sorgvuldig oor tyd ontwikkel… Die vriendin het ‘n lekker magsgevoel ontwikkel.

Stem saam ·

Dan skaamteloos in die hof haar seer en vernedering uitbuit om sy dade te regverdig, my hart pyn vir die vrou se laaste jaar op aarde en hul arme 3 kinders.

Ditto ·

John jy kon dit nie meer nugter opgesom het nie…baie goeie insig. En as ‘n man sy vrou so behandel en sy is lief vir hom, al haat sy wat hy aan haar doen,sal sy hom 1000 keer bel en whatsapp, want sy probeer ‘n konneksie herbou wat sy met haar man gehad het. Dis soos ‘n drenkeling wat geryp na ‘n tou. Dis heel normaal onder omstandighede.

Absoluut ·

Absolutely, elke boodskap was ‘n uitroep en hoop. Uitstekende sielkundige ken haar werk en staan nie terug vir ongepoetste Advokaat en n h…reerder nie!

Maak nie saak ·

Maak nie saak wat die uitkoms van die saak is of hoe aggresief sy regshulp in die hof met eerlike mense is nie, die na doodse ondersoek se alles.

Etsê ·

Etsê, die stress het hom nog laat pokkel ook, hy is koeelrond en vol ook. Of is dit juis stresvrye lewe, vrou uit die pad unit, gelukkig is dit nie so maklik,

Jaco Weber ·

Liewe hemel. Ek betreur die verlies van haar lewe en as sy vermoor is – en nee, ons weet dit nie reeds nie, dis waarom die hofsaak daar is – maar iemand wat nie in staat is om aan te gaan met haar lewe nie en haar man teister met 1703 telefoonoproepe en 2029 WApp boodskappe in 5 maande is ontoereikend genoeg om selfmoord te pleeg ook. 11-12 oproepe en 13-14 WhatsApps PER DAG en geen daarvan vrolik nie. Hoe werk en leef die ou? En kom ons gee die hof maar ‘n kans, as die reg so slim was soos die mense wat hierdie boodskappe skryf is ‘n hofsaak nie nodig nie

Elizabeth ·

Jaco, in ‘n “rouproses” is daar niks “vroliks” nie en miskien SOU sy vroliker KON wees as hy woord gehou en wel die verhouding verbreek het . . . maar hy het aanhou lieg en bedrieg en dus WAS daar niks om oor “vrolik” te wees terwyl sy haar huwelik probeer red het nie . . . ‘n Vrou wat wil selfmoord pleeg , veg nie so woedend vir haar huwelik nie en pleeg beslis nie op só ‘n manier selfmoord nie . . . glo nie hy het “beplan” om haar dood te maak nie, maar in die hitte van die oomblik ná ‘n klomp drankies is dit seker maklik om iemand aan die keel te gryp en “te laat” te besef jy het te hard gedruk . . . en toe moes hy vinnig dink/plan maak . . . ? Dink hy sou baie beter gevaar het as hy skuld erken het aan “passie-moord” al was die passie op daardie aand woede en frustrasie met sy vrou en nie liefdespassie nie . . .
Verstaan net nie hoe vroue dit aan mekaar kan doen nie? Hoekom kan vroue nie getroude mans uitlos nie – hulle weet tog daar kan niks goeds van kom nie? Eish . . die Alterskye-vrou gaan lewenslank met ‘n skuldgevoel rondloop dat sy aandadig is en dit kon voorkom het .. .

Elizabeth ·

Die vroue wat ek ken wat deur hul mans verneuk is, het almal sonder uitsondering deur so ‘n “donker” stadium gegaan – dis normale gedrag om die skok, pyn, hartseer en verraad te probeer verwerk . . . die feit dat sy steeds so baklei het om haar huwelik te red en na die Sotheby-byeenkoms wou gaan, is allermins tekens van selfmoord-neigings – inteendeel. Moord-gedagtes ja, maar selfmoord? Aikôna. En as sy dit beplan het, sou sy darem seker beter voorsorg as ‘n haartang getref het . . . Glo net Jason se geld hou die saak nog aan die gang . . . soos met alle sake waar geld hoftyd “koop” . . .

Lee Randburg ·

Karen ek stem 100% saam met jou. Die waarheid kom altyd uit!!!

susan ·

Ek kon my eks en Sy “vriendin” malle sonde tal iets aangedoen het. Ek kan dink wat Sy deugegaan het. Ek het n oordosis pille gedrink maar Dankie Vader ek get oorleef!

Dina ·

Direk of indirek, deur egbreuk is hy en die ander vrou albei verantwoordelik vir Susan se dood. Watter vrou wat haar man in alle opregtheid liefhet sal nié voel en optree soos Sue gedoen het nie? Haar reaksies was normaal. Sy was gebroke oor haar huwelik wat vir haar uiters kosbaar was. Wat wel abnormaal is, is dat ‘n man so lank met so ‘n pragtige, baie spesiale vrou getroud kan wees en dan met soveel weersin sy rug op haar kan draai. Dat hy haar deur sy gebrek aan liefde tot selfmoord kon dryf, is moontlik. God was getuie van wat ookal gebeur het. Maleagi 2:14 – En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Baie sterkte aan hul dogters. Onthou die mooi…

Karinda ·

Sal daarvan hou om sy gedeelte van die boodskappe te sien. Hoekom word dit nie ook gewys nie?

Anoniem ·

Want ek dink daai man het haar eenvoudig ignoreer en net nie geantwoord nie…dis die genot wat hy daaruit gekry het – haar reaksie as hy haar ignoreer asof sy nie bestaan nie…

Jay ·

Google haar naam en whatsapp boodskappe ander nuus webstuistes het meer inligting ook wat hy gesê het en boodskappe wat sy vir die ander vrou gestuur het as ook haar sielkundige.

cathy ·

Elizabeth so waar wat jy se, wat my ontstel sy word as die onstabiele uitgemaak deur hom maar ek WEET hoe dit voel, mens verloor perspektief, bottomline hoekom het hy haar nie net geskei, en vir die ANDER vrou het jy nie gewete, jy tog geweet hy is getroud!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.