Video wys glo motor ry 260 km/h voor gru-ongeluk

Andrew Turnbull. Foto: Facebook

Drie mense is dood ná ʼn gru-ongeluk Sondag op die R72 sowat 10 km buite Port Alfred in die Oos-Kaap.

Twee mense is op die toneel dood terwyl ʼn derde persoon later in ʼn hospitaal oorlede is, het kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Volgens ʼn ooggetuie wat in die rigting van Port Elizabeth gery het, het ʼn voertuig wat in die teenoorgestelde rigting gery het skrams die regteragterkant van sy voertuig getref voor dit teen ʼn motor agter sy motor gebots het.”

Die Daily Dispatch berig intussen die botsing was tussen ʼn Jaguar en ʼn Mercedes-Benz en dat Andrew Turnbull, wat die Jaguar bestuur het, later in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk het.

‘n Skermskoot van die video wat wys hoe ‘n motor teen 260km/h ry.

Volgens Turnbull se ma, Martha Turnbull, was ʼn vriend van haar seun, Ryan Byrne, ʼn passasier in die Jaguar en is op die toneel dood. Die bestuurder van die Mercedes-Benz is ook op die toneel dood.

Martha Turnbull het haar seun se dood op Facebook aangekondig. “Ek smeek almal asseblief om ons tyd te gee om te rou en op te hou met die vieslike goed wat op Facebook geplaas word. Ons harte is gebreek.”

ʼn Video word op sosiale media versprei wat wys hoe Turnbull glo teen 260 km/h met die Jaguar gery het. Die video is glo deur Byrne geneem kort voor die botsing.

Turnbull was uit op borgtog ten tyde van die noodlottige ongeluk. Hy is in Oktober 2018 op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding van sy voormalige vriendin.

Die wrak van die Jaguar na die botsing. Foto: Skermskoot uit video

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Willie Nel ·

Die ongeluk is vreeslik en baie tragies. My gebede is met die familie en vriende wat hierdie verlies moet verwerk. Bid God se steun aan julle sodat julle, mettertyd, vede kan ondervind.

Mariaan ·

Sjoe dis sad…so jammer vir die ouers wat nou in hartseer gedompel is…en dit oor so reuse SPOED…sy eie dood en 2 ander mense…ai ai…as mens maar die wiel kon terug draai

piper ·

ek ken daai pad. meeste van die plekke kan jy nie eers 120kmh ry nie wat nog van 260.

marous ·

As die spoed waar is , dan moet die grootste rou aan die kant van die onskuldige in die ander voertuig wees .

Hans ·

Innige simpatie aan oorledenes se naasbestaandes met hierdie tragedie

Angel ·

Dit is hartseer vir albei families. Dit is nie een van ons se plek om klippe te gooi nie. God sal self judge.

SjN ·

Tragies dat daar onskuldige mense ook moes sterf weens sy onverantwoordelike optrede. sterkte aan al die geliefdes betrokke.

Cherokee ·

Die motoris wat in die berig as ‘n ooggetuie bestempel word, moet op sy knieë gaan en dankie sê.

Maria ·

Wys respek teenoor sy naasbestaandes.Hle is in rou en het nie jle snedige aanmerkings nodig nie.Hle kan nie verantwoordelik gehou word vir wat hy gedoen het nie.Onthou hy kan nie jle kommentaar lees nie so respekteer die mense in rou se gevoelens

LBS ·

Hulle moet maar eerder dit nie lees nie. Ek is seker op ALLE kommentare op verskeie bronne sal hierdie die publiek se reaksie wees. Ons het die reg om omgekrap te wees. Dit kon ONS mense gewees het wat deur hom VERMOOR is. Hy was seker ook 10vt high gewees toe hy so gejaag het. Kyk maar na sy videos as jy sy naam Google.

Roger ·

Nie die eerste keer nie, maar dit was die laaste keer. Klink na iemand wat geen respek gehad het vir ander nie.

Ook net 'n ma ·

Ek verstaan almal se woede oor die tragedie wat gebeur het – maar nie een wat betrokke was hoor dit nie – kan ons nie maar genade betoon en Martha Turnbull respekteer nie? Ongeag wat en wie hul seun was – is hulle harte oor baie dinge gebreek. My gebed is dat Kosbare Heilige Gees as Trooster aldrie se families sal vertroos en elke leemte op die regte tyd sal vul.

? leser ·

ek sal my aanmerkings vir myself hou, ons maak almal foute ongeag die omstandighede en moenie vir my se dat julle wat sulke nare aanmerkings maak, dink julle julle is heilig nie
jammer vir wat gebeur het, simpatie met almal wie se lewens daardeur geraak word

E ·

Ek voel bitter jammer vir sy ma. Die hartseer en skuld wat daardie vrou moet saamleef. Sy verdien dit nie. Geen ma verdien dit nie.

VE ·

Het Ryan Byrne baie goed geken. Hy was n goeie kind. Het nie verdien om so te sterf nie. My hart gaan uit na my vriendin. R.I.P Ryan xx

Bobbi Gerber ·

Sy bly ‘n ma…ek is ook een en het ook seuns. Die Here is vir daai man so lief soos vir elke volgende mens. Dis gemeen om hom as ‘n krimineel te bestempel. Hy het oortree. Hy het betaal. Ander ongelukkig ook. Daar’s baie seer. ‘n Ma bly liefhê,maak nie saak wat nie. Elkeen verskyn voor die Groot Troon om te verduidelik. Hy’s nie meer hier om al die lelike kritiek te ontvang nie. Dié wat gal braak,maak die ma seer en sy is nie skuldig nie.

kassie ·

Wet is oortree.Onskuldige mense is dood.Sterkte aan die families

Nakkie ·

Sjoe mense….Is al hiedie lelike comments regtig nodig? Ja ek weet wat gebeur het is nie reg nie maaaar wie is ons om te oordeel Wil graag weet hoe sou jy gevoel het as dit jou kind was en jy nou al die comments moet lees My innige simpatie met almal betrokke Onthou God het n doel met alles in die lewe so wie is ons om te oordeel

Marita ·

Die persoon wat die ongeluk veroorsaak het het met sy lewe betaal en ongelukkig nog lewens geneem. Ons almal sou hom iets wou aandoen maar ons kannie want hy is DOOD. STOP asb al die lelike goed wat sy arme hartseer ouers nou moet lees. Hul harte is seer genoeg. Onthou almal asb een ding meeste van ons het groen koring op die land … ons kan maar net bid dat ons kinders sal leef soos ons hul leer want ons as ouers kan nie ons kinders se lewens namens hul lewe nie. Ons kan hul alles wat reg , mooi, edel, geloof, liefde, respek en alles van n mooi skoon lewe leer … wat ons kinders daarmee doen is hul besluite. Hou op om die aaklige goed te skryf …. anders moet ons seker ook maar aanvaar jou ouers het jou alles geleer maar jy sal eerder dat hul skaam kry namens jou wat geen simpatie of empatie vir hartseer mense wat hul kind verloor het hê nie. DIE MAN IS DOOD SY OUERS KAN NIKS VIR DIE ANDER DOEN NIE.

Fienie ·

Carel ek het ook so opgemerk. So baie mense dink na hulle laaste asem is alles verby. Met skok en afgryse gaan hulle die ewigheid in, maar dan is dit te laat om dinge anders te doen. Ons almal gaan dié pad nog loop. Dit is net ‘n kwessie van tyd. Tussen vandag en daardie dag, hoe gaan ons onsself gedra?

Ruby ·

Alle simpatie en troos by almal betrokke in hierdie ongeluk.

Ek glo sy ma is deeglik bewus van al sy foute en tekortkominge, sy weet ook meer van hom as ons almal saam. Verkeerd is verkeerd, onskuldige mense betaal ook die prys, my hart is baie seer daaroor.

Maar ‘n ma bly ‘n ma…het lief onvoorwaardelik… vergewe en probeer weer…help weer. Reg of verkeerd, ‘n ma skop nie haar kind onder ‘n bos. Blind is ons nie, baklei, smeek, gee raad is wie ons is.

As dit my seun was sou ek woedend vir hom gewees het, skaam ook, MAAR EK SOU ROU OOK. Gee die ma daardie bietjie respek en spasie.

Elna ·

Steem heelhartig met jou saam Ruby. Laat die een sonder foute vinger wys. Lewens is weggeneem en ouers het seer. Mag God hierdie families troos en styf vashou in hierdie moeilike tyd.

Ina Jordaan ·

Almal wat nou iets hier te sê het, gaan vanaand op jou knieë en dank God dat jou kinders veilig by die huis gekom het na n dag van blootstelling in die verkeer. Bid dat jou kinders versigtig en verantwoordelik sal bestuur dat hulle nie die oorsaak van iemand anders se hartseer sal wees nie. Meegevoel met al die amilies.

Theresa ·

Ek skaam my vir julle met die snedige opmerkings. Daai ma het haar kind verloor en ander mense het ook geliefdes verloor agv hom, maar is dit nodig om klippe te gooi. Hy was haar kind en geen ouer verdien die stukkende seer en dan nog al die opmerkings nie. Ja hy was nie die beste seun nie en hy moet verantwoording doen eendag, maar hoekom daai arme ma straf. Plaas jouself vir n paar sekonde in haar skoene en dan gooi jy weer klippe. Ons almal bly in huise van glas. Ek voel jammer vir almal wat se lewens stukkend geskeur is, maar is dit nodig om te judge?

JJS ·

Een onskuldig. Die ander een het alte lekker saam gery en dit verfilm… het hom nie beangs hoos skree om stadiger te ry nie.

Melinda ·

Daar is niks meer hartseer en ondraagbaar soos om ‘n geliefde te verloor nie. Ek is jammer vir die verlies van elke persoon wat sy lewe verloor as gevolg van ‘n kar ongeluk. Mense julle gaan so aan oor die spesifieke saak wanneer daar elke dag oral sulke gevalle is. Mense jaag en ry roekeloos en neem ander se lewens. Ek hoop dat ons wetgewing streng sal begin optree teen mense wat ander se lewens neem deur roekelose bestuur. Ons moet met die letsils sit terwyl daardie mense herstel na ongeluk en net aangaan met hulle lewens. Dit is nie fair nie!

Right said Fred ·

Stilstaande voorwerpe kan nie van self bots nie, maar soos wat avokado daar se kan jy met jou motor teen ‘n muur wat ‘n stilstaande voorwerp is of ‘n motor wat stadiger as jy ry, bots.

Blommie ·

Wat vir my sinneloos is, hoekom enige motor maak wat so vinnag kan ry.
Mense gaan kyk of hy so vinnag kan ry, wat so onnodig is.
Hulle moet n WET in bring wat n vereiste op vinnage motors sit.
Jy kan nie n sak geld langs die pad los en dink niemand gaan dit vat nie.
MAW – Kar wat vinnag ry en niemand gaan probeer nie.
RIV almal wat gesterf het en sterkte vir die wat agter bly

Trish ·

mense kan so vining oordeel, did nie vir ons om te oordeel nie.
Sterkte aan AL die families

Anoniem ·

Ai as ek so na van hierdie comments bekyk. Daar was ‘n geweldige verlies van lewe. Minste wat mens kan doen is simpatie en empatie toon aan die nabye familie en vriende en bid vir die oorledenes. Dis altyd tragies. Ek wens die jongmense wil besef openbare paaie met ander onskuldige padgebruikers is nie die plek om jou ‘passie’ uit te leef nie, Gaan boek eerder ‘n renbaan en gaan verongeluk jouself daar as dit moet. Ek doen ook altyd veral aan die onskuldige padgebruikers met klein kindertjies in die karre. Ai die mensdom het regtig selfsugtig begin raak. Maar ook weer, ouers moet bietjie meer waaksaam en oplettend wees omtrent hul kinders se tekortkominge en waaghalsigheid en ‘n stokkie daarvoor steek, voor ander onskuldiges met hul lewens moet boet. Dis so hartseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.