Video wys hoe rowers polisieman doodskiet

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

Beeldmateriaal het aan die lig gekom wat wys hoe ʼn rower ʼn polisiebeampte verlede maand tydens ʼn rooftog doodgeskiet het.

Maroela Media het destyds berig dat die rooftog op 29 Julie by die Vosloorus Crossing-winkelsentrum plaasgevind het. Volgens die polisie het twee beamptes patrollie in die omgewing gedoen en was hulle nie bewus van die rooftog nie. Die beamptes het toevallig op die groep rowers afgekom, waarna die rowers op die beamptes losgebrand het.

Volgens die polisie is een van die beamptes noodlottig gewond. Sy kollega is nie beseer nie, maar was erg geskok en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die verdagtes het gevlug in ʼn silwer Nissan Tiida en ʼn wit Audi A4. Die Tiida is later in Vosloorus gevind.

Die bestuur van die polisie het reeds sy kommer uitgespreek oor die aantal polisiebeamptes wat vanjaar vermoor is.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

[wpvideo 8VKnBpeQ]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

volksmoord ·

Kyk met watse tipe wapens loop die teroriste rond in ons land. Die goed kom van die polisie of weermag af, waarmee die misdade gepleeg word. Nou wil zuma ons wat wettige wapens het ontwapen. Hoe beskerm jy jouself teen so n aanval met sulke wapens op n plaas of in jou huis?

Nee ou zuma,vang eersder die teroriste wat met die staat se wapens moorder pleeg in ons land

CHRISTA ·

Hy wil ons ontwapen, maar hoeveel lyfwagte het hy? Zuma die zombie!!!

Dave ·

Moet seblief nie de Wille Weste cheap maak asof dit sò rof gegaan het daar!

Peet Schabort ·

Om sommer net so trompop doodgeskiet te word is erg. Dit het skaars 10 sekondes geneem om ‘ n lewe te neem. Skynbaar was die polisie nie gewapen of totaal onvoorbereid. Waarom het hulle glad nie teruggeskiet ?Hulle polisievoertuig het onmiskenbaar hul dood veroorsaak deurdat dit uitgeken kon word.
‘n Grondige ondersoek sal gedoen moet word hoe om dit in die vervolg af te weer. Dit lyk ook asof die videokamera beweeg na die polisievoertuig ?

John Black ·

Jy kan sien die polisie skiet terug. Dit verbaas my altyd dat daar orals kammeras in dorpe en stede opgesit word om kwansuis teen misdaad op te tree. Ek dink dis eerder daar om rowers in te lig en op onskuldige mense se privaat lewens in te breek. Kyk maar by al die “hotspots” en verkeersligte. Maar nog steeds gebeur die dinge. Laat mens wonder wat eintlik aangaan agter die skerms.

Johan ·

Duidelik word daar terug geskiet. Mense agter die beweegende kameras hou dop, drink koffie en wag vir dievolgende mense om net weer aangeval te word. Niemand doen iets in elk geval nie. Ons moet die gemors en al hul makkers uitroei. Dis al hoe dinge sal verander

piet ·

Peet ,eerstens mag lede nie alleen in n gemerkte voertuig ry nie,en dit lyk of hy nie n vuurwapen by hom het nie,,word uitgereik met een,
Duidelik kan jy sien daar is n groot tekort aan opleiding ,,,,,,ek was n offisier in die ou bedeling ,en die situasie sou nie so benader gewees het nie,,die polisielede weet hulle word beteiken,Hoekom is hulle nie meer bedag en bewus waarvan nie,,,dit kan hul lewens red

Windhond ·

Met al die poliese korrupsie wat aan die orde van die dag in ons land is en ek my geliefdes teen die polisie moet begin beskerm, stort ek ongelukkig geen traan oor die spul se lot nie.
Vrot tot in die kern. Die spreukwoord lui; wat jy saai sal jy maai.

Kwagga ·

Ek wil nie nonsens praat, maar goed op geleide polisie sou hierdie ouens kon aan vat. Vra maar vir van ons ou polisie lede. Die bestuurder van die polisie bakkie hardloop sommer weg. Die een wat dood geskiet is het nie eens sy pistool uit gehad. Daar was gaan passiewe aanval van ons Polisie nie meeste van die ons kriminele hardloop sodra die skote na hulle kant to kom. Regtig waar goed op geleide polisie sou hierdie ounes kon ore aan sit. As jy n op roep kry van gewapen roof is dan is jou wapens uit cock and loaded reg vir aksie. Self die bestuurder ry met sy pistool in sy hand reg vir die ding. Dit wat ek hier sien was on professional.

Bets van Aswegen ·

hulle was nie bewus van die roof nie. Shame die een het nog sy hande opgesteek asof hy wou “hands up”. Wil nie snaaks wees nie, maar onthou in julle dae was daar minder misdaad, want het swartes nie wapens gehad nie, so die gevaar is vandag baie erger.

Deon ·

Op grond van wat ‘n mens op hierdie video kan sien kan daar maar net weer gepleit word om die doodstraf terug te bring!

Kwagga ·

Een uit elke 100 polisie lede het n kriminele rekord en jy as publiek mag nie n kriminele rekord hê om n wapen te besit. Hierdie ouens is in die polisie diens. Dis waar wat Agriforum sê dat die rigering kan nie die publik beskerm. Ek hou van Agriforum se plan dat ons ons self moet beskerm ongelukkig is daar baie van ons wat nog nie op daarsie punt is maar hulle sal by kom nog. Ek is stem saam dat gemeentskappe hul eie patrollies moet begin doen en ja dis nie moontlik vir almal maar die wat kan maak n verskil. Laaik Agriforum se aksie plan.

Fiki ·

Inige simpatie aan die beampte se familie… Nie een van bostaande kommentaar gaan oor meegevoel… Sies ek skaam my vrek vir jille.

Peet Schabort ·

Fiki, net soos die polisie koud en feitelik ‘n saak hanteer, so kyk ons ook na die gebeure. Tog het ek gemeld ‘dat dit erg’ is.
Daar word ook gevra vir die doodstraf wat opsigself ‘n aanduiding is van meegevoel vir hierdie tipe van ding. Nêrens sien ek dat die polisie self vra vir die terugbring daarvan.

pop ·

Ek glo nie die polisie was bewus van n rooftog nie. Die rowers was al in hulle voertuig, toe hardloop een doelbewus oor die pad en gaan skiet die niksvermoedende beamptes. Dis koelbloedige moord. EErs as die parlementslede dit aan eie bas begin voel en ook so afgemaai word sal daar iets aan gedoen word.

Danie ·

Baie tragies om te sien, maar hierdie polisiemanne was onprofessioneel , duidelik op n “jollie patrollie”, en duidelik nie gereed om onmiddelik op te tree teen enige misdaad nie. Die oomblik toe een sien daar is n probleem, het hy onmiddelik weggehardloop, en moes later selfs vir skok behandel word ! n Duidelike voorbeeld van die meerderheid polisiemanne / vroue wie n mens daagliks agter die stuur van polisievoertuie sien – half aan die slaap, en geensins gefokus op wat in die omgewing rondom hulle gebeur nie.

Pieter V ·

Voor 1994 het n polisie man nie weg gehardloop nie, hulle die situasie blits vining op gesom en die nodige aksie geneem selfs die swart polisie van daardie tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.