*Waarskuwing: Hierdie video kan sensitiewe kykers ontstel.
Ysingwekkende beeldmateriaal van ʼn vragmotor wat Dinsdagoggend in digte mis in stilstaande voertuie geploeg het, word nou wyd op sosiale media versprei. Die ongeluk het sowat 35 km buite Ermelo op die eMkhondo (Piet Retief)‑pad in Mpumalanga plaasgevind.
Die vragmotorbestuurder het die voorval wonderbaarlik oorleef.
Op die video kan gesien word hoe motoriste buite stilstaande voertuie staan en vir ʼn skynbaar aankomende voertuig beduie om te stil te hou. Die mense spat dan uitmekaar kort voordat die vragmotor in nog ʼn vragmotor vasry.
VIDEO: Of the horrific accident in on the N2 in Ermelo Piet Retief in mpumalanga.The accident was reported on social media by the vehicle tracker account.
NOTE: VIDEO IS NOT FOR SENSITIVE VIEWERSVIWERS pic.twitter.com/FY9NG1UxiZ
— TV Channel (@mdntvlive) March 23, 2022
Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê minstens vier vragmotors en vier ligte voertuie was in die ongeluk betrokke.

Die ongeluk het sowat 35 km buite Ermelo op die eMkhondo (Piet Retief) pad in Mpumalanga plaasgevind. (Foto: Twitter / SCP Security)
Volgens hom was daar glo reeds ʼn ongeluk op dié mistige pad kort voordat die vragmotor ook in die stilstaande voertuie vasgery het. Twee van die vragmotors het glo kop aan kop gebots en die pad versper.
Dit is nie duidelik in watter mate die ander voertuie by die ongeluk betrokke was nie.
“Dit lyk erger as wat dit was. Hoewel die pad Dinsdag gesluit was, is niemand in die voorval dood nie. Twee mense is wel ernstig beseer, van wie een die bestuurder van die vragmotor op die video.
“Die mis was baie dig, wat sigbaarheid belemmer het. Die polisie ondersoek nou die voorval verder.”
The aftermath of the horrific multi-vehicle crash on N2 between Ermelo and Piet Retief yesterday morning pic.twitter.com/LdBiPosf5U
— SA Trucker (@rsa_trucker) March 23, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Dis alom bekend dat jy stadig ry in digte mis en jou “hazards” aansit. Die drommel jaag asof 10 duiwels agter hom aan is!!!!! Hoop hy word aangekla en kry lank tronkstraf.
Nou waar het hy geleer om so vinnig te ry in sulke digte mis? Hy behoort van roekelose bestuur aangekla te word. Geen simpatie met hom nie.
Presies wat die vorige persoon gese het, waar in jou lewe jaag mens so in die digte mis!!?!?? Jy ry teen 20km/h om veilig te wees maar nee, dit is net van toepassing vir sekere mense!! Ongelukkig, waarvan daar heelwat per dag gebeur is agv spoed en roekeloosheid!
…reels is mos net van toepassing op sommiges. Ander kan hul net nie steur nie. Dit is mos aanvaarbaar vir die meerdere om padreels teen te gaan ..net omdat hul kan.
Dink die pad behoort aan hulle