Video wys oomblikke voor rowers geskiet word

Polisiebeamptes rondom die Mercedes-Benz wat in die gewapende rooftog gebruik is. Foto: Verskaf

Beeldmateriaal van ʼn gewapende rooftog in ʼn gegoede buurt van Durban-Noord het aan die lig gekom wat wys hoe ses gewapende rowers helder oordag op ʼn huis toeslaan.

Maroela Media het vroeër berig die rooftog het tragies vir twee van die ses rowers geëindig toe veiligheidswagte een op die toneel doodgeskiet het, en nog een ʼn entjie daarvandaan by ʼn begraafplaas ineengesak en aan sy skietwond beswyk het.

In die video kan gesien word hoe ʼn wit Mercedes-Benz Dinsdag om 15:45 by die woning se veiligheidshek ingery kom. Die bestuurder hou na aan die veiligheidskamera stil, waarna vyf gemaskerde mans aan weerskante van die motor uitpeul.

Een hardloop na die hek om seker te maak dit gaan toe terwyl vier met wapens in die hand die huis binnehardloop. Die bestuurder trek eers ʼn klapmus oor sy kop voordat hy uitklim om die deure toe te maak wat sy makkers oop laat staan het in hul haas om by die huis in te kom.

Hy struikel met die terughardloop huis toe amper oor ʼn verbouereerde swart kat wat angsbevange by die huis uithol.

In die video kan gesien word hoe een van die rowers amper oor ’n verbouereerde swart kat struikel.

Die bestuurder draai dan die motor, met wat lyk na ʼn Umlazi-registrasienommer, om sodat sy neus in die rigting van die hek wys en parkeer teenaan die hek. Net daarna storm een van die mans by die huis uit om iets in die bagasieruim te kry en struikel met die terughardloop huis toe amper oor ʼn verbouereerde swart kat wat angsbevange by die huis uithol.

Dit is nie bekend hoe die aanvallers die veiligheidshek wat toegang tot die eiendom bied kon beheer nie, maar kort hierna gaan die hek oop terwyl een van die vermeende rowers daar waghou met ʼn vuurwapen in sy hand.

Intussen begin hul makkers wat in die huis ingegaan het, goedere buitentoe dra en in die kattebak pak. Die drie minute lange video eindig voor die veiligheidswagte opdaag.

Kol. Thembeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê die wagte het in ʼn skietgeveg met die rowers betrokke geraak. “Twee van die verdagtes is gewond, maar die [res] het op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Joan Strydom ·

ja, ’n man moet maar ligloop dat ’n swart kat nie jou pad kruis nie

Jane ·

Dis oor hierdie wanopvatting dat so baie diere, veral swart katte, mishandel en dood gemaak word

tamboti ·

Sal dit nou vir jou ‘n ding wees as daar volgens die video bevind word dat een van die gestrorwe helde die onderonsie met die kat gehad het?!!!!

Karin ·

Ek het n swart kat… Mense wat daai snert glo….. Is nie baie slim nie.

Mellie ·

‘Tragies geëindig’ ??? Nee wat!! Ek gee hierdie brawe sekuriteitsbeamptes n staande toejuiging dat hulle van 2 van die gemors ontslae geraak het.!!

Ekke ·

‘n Rooftog wat TRAGIES vir rowers eindig… regtig … en die simpatie ??

Charlotte ·

Op 2:03 ry daar n Blue Security Patrollie voertuig verby, sien n gewapende man wat in die pad staan met n oop ek , en hulle stop nie…. Nie n baie goeie advertensie vir een van die “beter” sekuriteits maatskappye in Durban nie

Karolis ·

Het dit ook opgelet maar kyk weer, die gewapende man wys vir die verbygaande voertuig om aan/verby te beweeg.

Johan H. ·

Al wat die dof video wys is oorywerige deurmekaar “whant to be rambos”. Maar ek verstaan nie ,hier is fout dis dan swartes.. hoe nou.Hoop egter die kat is oraait,!

Karl ·

@Thelsa, dis nie baie moeilik om n remote te program op hekke nie. As ek my remote vergeet, gebruik ek enige remote en stel dit net in.

Action ·

Hierdie makkers kyk heeltemal teveel action movies as jy my vra!

Thinus Erasmus ·

Dit is verder tragies dat ek my tyd gemors het om vorige kommentaar te stuur.

Stem Thinus ·

Dis tragies dat ek vir weke lank kommentaar lewer en MM dan net ‘n paar liberales of politiek korrektes se plasings doen ..

Santjie ·

Dis presies wat ek ook gedink het – maar ek dink daar is seker weer iemand in die binnekring wat ‘n “remote” of kode kon uitgee

Snowball ·

Ek glo nie iemand wat al ‘n slagoffer van misdaad in SA was, sal dit as ‘n tragedie beskou wanneer kriminele aan die hand van geweld sterf nie; hulle bring dié lot oor hulleself wanneer hulle ‘n lewe van misdaad kies. Wie weet vir hoeveel terreur en teistering is hulle reeds verantwoordelik? Jy behoort te weet: “If you live by the sword, you die by the sword”

Michelle ·

Baie goeie werk van die sekuriteit beamptes daar is twee rowers minder hul behoort ‘n goeie bonus te kry. Ek wonder net of die rowers nie die remote by die huishulp gekry het nie. Baie dankbaar die katjie is veilig. Blue Sekuriteit moet meer oplettend wees so word hulle opgelei.

Paul ·

Aanvalsgewere vrylik beskikbaar, maar hulle wil ons verantwoordelike wapeneienaars ontwapen.

ZAR ·

Aan die begin staan daar 2 is dood, aan die einde staan daar 2 is gewond, nou hoe nou?

Johan H. ·

Zar ! Ek hoop dis 2×2. Waar kan ek bydra dat die kat sielkundige behandeling kry? Ook lief vir katte!

Dafer ·

@ Jane – Kan jy jou voorstel die sielswroeging van hierdie arme kat. Die dag toe hy besef het “Ek is ‘n Swart Kat – dink net aan al die onskuldige diere wat gaan sterf net omdat ek swart is! Oh woe is me!!!”
Ek hou nie net van katte nie, ek is lief vir hulle. Graag wil ek sien dat jy willens en wetens paaie kruis met ‘n swart kat. Watch out, beware!!! :-)
Jy is seker ook braaf genoeg om onder ‘n staande leer deur te loop?

Magda ·

Bygeloof pas nie by n kind van die Here nie. Swart kat of onder deur n leer loop, daar is iets as jy n ambilans ook hoor, Di k jy moet jou hande op jou kop sit of jy kan in een beland of so iets. Ek hoor seker in n week 10 of 12 ambilans…. hier staan ek nog. Ek steur my nie aan twak nie. Al uil gehoor op die dak, swart katte het al voor my oor die pad geloop, loop gereeld onder deur n leer. Ek voel n veer, ek vertrou net op my God. Jy kan nie die Here dien en in sulke twak glo en vashou nie.

Stripes ·

Arme kat. Bygelowig…… weet nie so lekker nie. Baie ongelukke gesien waar mense beseer word wat onder lere deurloop, veral as daar werkers bo besig is. Uil op die dak…. self ondervinding in soortgelyke gevalle. Swart kat oor die pad, nee nognie gekry nie maar dit is iskien oor ek een in die huis het wat ek van “uitsit” gered het toe dit klein was. Ek is ook gelowig en glo in my God vir my daaglikse beskerming en as motorfiets ryer het ek Sy genade al baie op die pad ervaar maar ek glo ook om myself nie onnodig in situasies te plaas om Sy geduld met my te beproef nie. Ek is ook ‘n oud grensvegter en het ongedeerd daar uitgestap so ek ken bietjie van Geloof in ons Vader. Ek is nogtans jammer dat die kat so getraumatiseer moes word.

Iroc ·

Stem saam tragedies met ‘n AK in die hand. Hoe belaglik dit is geen tragedie.

tamboti ·

Diere en kat liefhebbers: die hele gedoente oor die swart kat is net ń grap en blote toeval. En nou kom die swart Vrydag ook nog by. Aag ons lag net lekker, niemand glo in die strooi nie. Wees net rustig rustig – rustig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.