Video: Yolande Korkie pleit om man se vrylating

CaptureYolande Korkie het vandag opnuut in ‘n videoboodskap ‘n beroep gedoen vir die vrylating van haar man wat deur militante in Jemen gyselaar gehou word.

Pierre Korkie word op 27 Mei reeds ‘n jaar lank aangehou. Hy en Yolande is ‘n jaar gelede in Taiz, Jemen ontvoer. Yolande is op 10 Januarie vrygelaat nadat die noodlenigingsorganisie Gift of the Givers haar vrylating onderhandel het.

Daar is in Maart vanjaar vir die laaste keer nuus gehoor oor Pierre. Sy ontvoerders eis R32,5 miljoen vir sy vrylating.

Yolande het in Februarie ook in ‘n videoboodskap vir haar man se vrylating gepleit.

Die nuwe videoboodskap is deur Gift of the Givers op Youtube gelaai. Yolande het die boodskap in Engels sowel as Arabies opgeneem. Hier is die Engelse weergawe:

Lees alles oor Pierre Korkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.