Video: Yorkie laat boef spaander

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Kringtelevisie-beeldmateriaal wat wys hoe ʼn klein Yorkshire-terriër ʼn vermeende inbreker laat spaander, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Die video wys hoe ʼn man in ʼn erf rondstap en dan uit die kamera se sig verdwyn. Sekondes later hardloop die man en spring oor die muur met ʼn klein Yorkie kort op sy hakke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rina Pretorius ·

Eish dat iemand sooooo bang kan wees vir ‘n ou klein yorkie maar ‘n yorkie is ‘n dapper woefie, hulle verbeel hulle mos hulle is boerboele

pop ·

My hart sal uit my keel spring as dit my ou hondjie was, mens is so bang hulle word skade aangedoen.

Leeutjie ·

Wys jou net! Klein botteltjies met groot gif! No matter the size…

Toelsie ·

Kyk net hoe maklik klim die man oor die muur dan dink ons ons is veilig Gaan dadelik vir my ‘n yorkie koop Dapper brakkie.

Linda van Mosselbaai ·

Kyk al hond wat my al gebyt het was my vriendin se Yorkie – ek het ‘n kontrakteurs reënjas aangehad & hy het opgespring en my aan my bobeen gebyt. Elke keer as ek daarna daar gekom het, wou hy my net OPVREET veral as ek hom nie met koekies gepaai het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.