[Video] Yslike stofkombers omvou Noordwes

Foto: Facebook

‘n Foto van die stofstorm (Foto: Facebook)

ʼn Video van ʼn yslike stofstorm in Biesiesvlei in Noordwes, wat byna lyk soos ʼn stofkombers wat dié gebied omvou, word wyd op sosiale media gedeel.

Die video, wat op Facebook gedeel is, is deur Johan Terblans geneem. Volgens Terblans kan dié stofstorms, wat baie selde voorkom, grootliks toegeskryf word aan die min, of dooie, gras in die omgewing.

Hoewel sommige dele van die land die afgelope naweek reën ontvang het, kry die meeste gebiede steeds baie swaar te midde van die voortslepende droogte.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër aan Maroela Media vertel dié droogte is die gevolg van ʼn herhalende reeks droogtetydperke en uitermatige warm toestande en dat dit Suid-Afrika ʼn lang tydperk sal neem om van die droogte te herstel.

Die Weerdiens het verder bygevoeg dat alle hoop egter nie verlore is nie, aangesien die meeste modelle meer as normale reënval in die somer van 2016-’17 aandui.

Terblans kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Moeder van alle Stofstorm

Dit vind nie aldag plaas nie, maar na die erge droogte van 2015/2016 is daar baie min gras op die grond oor. Die tipe stofstorms laat dit donker word.

Posted by Johan Terblans on Saturday, October 15, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Speedguard ·

Baie lank in die streek gewerk, daar waai die Boer se hele plaas weg , net die verband bly oor!! Ek hop en bid dat julle spoedig reen sal kry , julle boere is van staal om so deur die moeilike tye nog kop bo water te kan hou, STERKTE !!!

Speedguard ·

Het lank in die hele streek gewerk, dit gebeur dikwils dat die wind die boer se hele plaas weg waai en dan net die verband oor los , sterkte vir julle en bid ek dat die groot water kom!!

AJ ·

Het dit baie gesien in witkleigat omgewing in NW en ook in die Vrystaat.

AJ ·

Het dit baie gesien in NW in die Witkleigat omgewing. Baie naby Botswane grens. Kom ook in Vrystaat voor.

popeye ·

Elmar Kelton het die (voorgeskrewe) boek vir VSA-skole, The time It Never Rained, geskryf oor die tydperk wat as die “Dust Bowl” gebiede van Amerika bekend staan. Lees die boek en sê my of jy ook dors raak! Nou wonder ek oor “global warming” dit was in die1930’s

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.