Video: Zille lê aanrandingsklag teen polisiebeampte

Helen Zille. (Foto: Tracey Adams/African News Agency)

Helen Zille, leier van die DA se federale komitee, het ʼn saak van aanranding aanhangig gemaak nadat sy Maandag glo hardhandig uit ʼn stemlokaal in Bethelsdorp, Oos-Kaap, verwyder is.

Volgens Cilliers Brink, DA se nasionale woordvoerder, het die voorval omstreeks 12:30 by die Fernwood Primary School – wat as stemlokaal dien – gebeur .

“Volgens Zille het sy by die lang kiesersry by die stemlokaal afgeloop om mense aan te moedig om nie te loop nie, maar te stem. Sy het gesê toe sy voor in die ry kom, het die ANC-waarnemers haar daarvan beskuldig dat sy stemme werf,” bevestig Brink.

Volgens Brink het ʼn polisiebeampte haar toe na bewering opdrag gegee om die perseel te verlaat en gedreig om haar in hegtenis te neem en agter in ʼn polisievoertuig te laai.

“Die polisiebeampte het haar arm in ʼn greep gehad en haar van die perseel af begelei. Die selfoon wat haar kollega gebruik het om die voorval te verfilm, is deur die polisiebeampte geneem.”

Volgens Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), is Zille se kollega se foon wel later aan hom teruggegee. Dié kollega het ʼn saak van diefstal geopen.

Langa sê Opod se ondersoekbeampte Zille in die hande probeer kry, maar kon nog nie daarin slaag nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur wanneer jy ‘n onbevoegde mens ‘n uniform en ‘n vuurwapen gee ,daar is groot fout met Suid-Afrika se polisie en die feit dat die meerderheid onbevoeg is is net ‘n gedeelte van die probleem.

piet ·

Hierdie polisieman lyk na ‘n ouer wit man wat waarskynlik reeds baie lank al in die polisiediens is.

JL ·

Ek stem nie saam met die manier waarop sy verwyder is nie. Nieteenstaande, wat het sy in Bethalsdorp gesoek op stemdag? Dit is nie haar stemwyk nie. Me. Zille, ek dink dit is tyd dat jy jou politieke ideologië wegbêre. Die DA het bevoegde mense om die party voorentoe te neem. Vat ‘n blaadjie uit Mnr. Tony Leon se boek. Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan.

piet ·

Dis normaal vir politieke leiers om rond te beweeg tussen kieswyke gedurende verkiesings. Om die waarheid te se dit word deur hul partye van hulle verwag.

Baardman ·

Daar is reels neergelê. Sy moes daarby hou. Niks vehoed haar om rond te beweeg tussen wyke, Maar sy mag nie inmeng waar mense in rye staan nie. Verbeel jou die EFF doen dit. Watse chaos sal dit veroorsaak.

SjN ·

Daar moes iets gebeur het wat tot die optrede gelei het, n saak het 3 kante, kom ons wag maar vir die regte kant.

annie ·

Van die ander partyleiers het ook maar lekker stemwerwery gedoen. Cyril het uitgewy oor die ANC se beloftes en antie Pat se mondjie was nie stil nie. Natuurlik het Zuma’s Life Matter Most nie uitgebly nie. Nie een van hulle is weggedra nie…. Wat wel gewigtige probleme sou oplewer… Meer as een polisielid sou moes help dra.

Dirk Mostert ·

Dan was daar Ramaphosa se toespraak op die “no fear no favor” kanaal. Hoeveel ander politieke leiers het spreekbeurte op TV gekry?

Swartskaap ·

Almal weet eNCa is eitlik e ANC, so geen verassing hier nie.

Adriaan ·

Helen Zille was n vooraanstaande anti apartheidsaktivis en het in die voorste ry van die Black Sash gestaan. Die nie rassige demokrasie met gelyke geleenthede vir almal waar niemand op grond van ras uitgesluit word nie waarvoor sy haar beywer het, het werklikheid geword en sy kan nou, saam met die res van ons, die resultate daarvan geniet.

James ·

Een van my goeie maatjies in Volkrust se lewe is beeindig toe hy en sy pa met die fordbakkie beeste toe is. Landmyn – op die plaas pad. Maar – dis soos jy verklaar: Helen is ‘n heldin. Sy het NOOIT terroriste weggesteek nie. Ek wens soms dat ek mense soos sy persoonlik kan ontmoet. Ek wil graag dieselfde verdraagsaamheid wat Helen in die 80’s gedoen het met haar en haar familie deel……

Anton ·

Ek is darem bly dat ons wetstoepassers hulle pligte so getrou na kom. Dis aan hulle te danke dat kinders so veilig kan skool toe stap en na skool so lekker in die parke gaan speel. Plaas leer Eskom by hulle :-)

Jaco ·

Mev. Zille kan deur albei haar oupas Duitse burgerskap kry. Vreemd dat sy hoegenaamd nog in SA is. Met so ‘n lekker “agterdeur” sou ek lankal weg gewees het. Ek keur nie die hardhandige manier wat sy behandel is goed nie, maar sy kon mos ook lankal SA verlaat het.

Stephen ·

Ons het n sirkus verwag… Moenie die klagtes laat vaar nie, laat dit deuglik ondersoek.

Genis ·

Verbbel ek my of het daai Poot, sy Poot gelig, vir die foon?

Papsak ·

Hulle is onbevoeg en korrup om n vuurwapen re hanteer geen respek vir hulle nie werk lelik met ons wittes jammer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.