[Video] Zim-verbod knak Musina-besighede

Ondernemings in die Suid-Afrikaanse grensdorp Musina trek noustrop weens Zimbabwe se onlangse verbod op die invoer van verskeie kossoorte en ander goedere.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

tamboti ·

Jammer maar dit moes lankal gebeur, die Zimmers moes lankal besef hul regering is op afdraende pad maar nee!!! meer as die helfte van hul stem nog altyd vir hul hero, die grond gryper.
As daar nie kos en ander goedere uit SA vir hul aangery word nie sou omtrent die helfte al dood wees van hongersnood. O ja, die helfte van die Zimmers is reeds in SA.
Nou kom ons by Julius, hy wil ook die grond terug “steel” – kan U nou sien dat dinge in SA in dieselfde algemene rigting beweeg???

Musina inwoner ·

Tambotie sal jy asb my W&L rekeninge betaal?
Ek het nie genoeg geld om my besigheid s’n te betaal nie en nog minder my huis s’n, omdat ek nie salaris kan trek nie.
Ek het ‘n kleuterskool en omdat van my ouers nie geld inkry nie, kan hulle my ook nie betaal nie! My ouers is taxi-drywers, ‘street hawkers’, klein besigheids eienaars… Ouers wat die beste vir hulle kinders probeer gee…
En hoe moet ek ‘n kind weier omdat skoolfonds nie betaal is nie, as hierdie dalk die enigste plek is waar hulle kos kry?
Ons almal weet dat SA op die afdraende pad is, maar om jou te verlekker in ons besighede wat swaar kry is nie mooi nie!
Daar is duisende ander manier waarop mense se oë oopgemaak kan word vir die werklikheid, maar nie ten koste van ‘n klein dorpie se besighede waar ons NET op ons eie en ons buurland kan staatmaak om te oorleef! Julle wat in groter dorpe en stede bly het nie CLUE waarvan julle praat nie!
Meeste van die groot besighede trek ook swaar, maar hulle kan nog bande styf trek.. ons baie klein besighede het al so baie band styf getrek dat dit KAN NIE stywer nie! Ons leef onder die broodlyn, maar daar word nog steeds van ons verwag om ons beste te doen en gee…. ons mens-wees vereis dit van ons.

KP ·

Musina inwoner, jy moet hierdie brief vir jou president JZ skryf en vra hom hierdie vrae want hy is die oorsaak van die elende in hierdie land dit is nie net in Musina nie maar in hele SA.

Musina Inwoner ·

KP dit is onvanpas om iemand aan te vat oor ons land se President. Ek woon al 27 jaar in hierdie klein dorpie, en glo my die helfte van julle weet nie wat hier aangaan nie. Ons is afhanklik van Zimbabwe vir besigheid, want plekke soos De Beers (Anglo) ondetsteun nie eers die dorp nie! Die kontrakteurs wat groot werk hier doen kry ook hul voorraad van die voorwêreld af! Ons besit ook ‘n winkel in die dorp en daar is baie mense wat vir ons werk en afhankik is van ons! So dink mooi voor jy iemand aanvat oor iets waarvan jy absoluut niks weet nie.

Bets ·

“Musina Inwoner” ….De Beers ondersteun nie nie die dorp nie?Wanneer laas het jy bietjie om jou gekyk en gaan rond ry en gesien wat De Beers alles vir die dorp doen?Die paaie wat reg gemaak word? ? (En jy is seker ook ń skuldige een wat so lekker kla oor hoe ons paaie lyk) Hulle probeer waar hulle kan.Soveel dinge wat ek kan dink wat hulle doen! Hulle kan dalk nie die besighede ondersteun in die dorp nie maar hulle probeer darm ook maar waar hulle kan. Verseker gaan De Beers en kontrakteurs hulle goed van die voorwêreld af kry want wat as dit miskien net daar vervaardig word? So help my net om te verstaan hoe moet hulle dan die dorp ondersteun as hulle sulke masiewe masjiene en goed nodig het? En jy self weet jy kry omtrent nooit iets hier in die dorp nie ons naaste is LTT waar ons moet gaan “shopping” doen. Hoeveel keer moes De Beers werkers en Kontrakteurs ń dag gaan uithelp om die minder bevoorreg te gaan help? Ek verstaan jou punt ook en ja familie het ook besigheid hier en hulle voel dit ook maar maak asb eers seker van jou feite!!

Oosie ·

Mense wat hulle skuldig maak aan sulke oppervlakkige kommentaar het nie die verstandelike vermoe om beredeneerd ingewikkelde kwessies te bespreek nie en sal altyd afbrekend i.p.v. opbouend wees. Sterkte daar in die Noorde ons bid vir uitkoms!

vanessa ·

Ek self is n eienaar van n kleuterskool in messina. Ek stem dat ek wel ook kids het wat swaar trek. Hoe weerhou n mens n kind om te kan leer en n bord gesonde kos te kry. Al wat ons kan doen is aanhou glo, vertrou en saamstaan.

Bets ·

“Musina Inwoner” Om ander maatskappye (De Beers) in ons dorp af te bring en te sê hulle ondersteun nie die dorp nie gaan jou nêrens bring nie!Wanneer laas het jy bietjie gaan rondry ( o ja die paaie wat hulle so mooi oor gedoen het en dan is jy ook seker een van daai mense wat kla oor die potholes in die pad) en gaan kyk wat hulle alles vir die dorp doen???Praat van hulle wat nie eers die dorp kan ondersteun nie maar die Witmark Inwoners van Musina wil self nie eers die besighede ondersteun nie??Want of daai een het ń probleem met die ander een of daai een dit en dat!Ja ek verstaan jou punt,familie het ook besigheid hier en hulle voel dit ook!Ons moet mekaar eder ondersteun en deur die tyd help as om ander besighede af te bring.Ek is seker daarvan as De Beers meer hulle dorp kan ondersteun deur alles Local te koop sou hulle,maar in jou lewe gaan jy nie al daai groot masjiene en goed hier kry wat hulle nodig het nie.

pieter ·

Ek stem 100% saam. De Beers doen baie vir die dorp. Anders as die mense wat nou swaer trek in hulle winkels en die rede is dat ons dorp en sy paaie in so toestand is.

Buite Musina ·

Helfte van hierdie besighede (Waarvan die helfte ook deur buitelanders besit word) het onstaan a.g.v. die probleme in Zim en sou dit in elk geval nie bestaanreg hê indien Zim naastenby normaal funksioneer het nie m.a.w. dit sal in elk geval tot niet gaan as Zim eendag indien wel normaliseer. Dit het ook versoorsaak dat die dorp en Beitbrug in ‘n vieslike hool ontaard het met hoë misdaad van elke denkbare oortreding wat tot nadeel van baie ander bedrywe soos toerisme is. Hierdie verbod is nog skaars 3 weke in plek en as ‘n besighede nou al vou kan mens maar net wonder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.