Video: Zuma antwoord vraag oor Nkandla

Zuma antwoord Woensdag vrae in die parlement. Foto: Twitter

Zuma antwoord Woensdag vrae in die parlement. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma het Woensdag aan LP’s gesê hy gaan nie enige geld wat op sy private woning in Nkandla spandeer is, terugbetaal nie alvorens daar ʼn “bepaling” oor die saak gemaak is nie.

“Nog nooit het ek gedink aan die datum wanneer ek die geld sal terugbetaal nie. Eerstens is daar geen geld wat ek gaan terugbetaal sonder ʼn bepaling deur diegene wat gemagtig is om dit te doen nie, soos voorgestel deur die openbare beskermer,” het Zuma gesê.

Hy het die antwoord gegee nadat Natasha Louw, EFF-LP, gevra het of Zuma al daaraan gedink het oor wanneer hy die geld gaan terugbetaal. Zuma het gesê haar vraag is “voortydig” aangesien dit die parlementêre prosesse, wat die saak hanteer, vooruitloop.

“Die Openbare Beskermer het nie gesê betaal terug die geld nie. Die Openbare Beskermer het gesê daar waar ek of my familie onbehoorlik gebaat het, sy dink die geld dalk terugbetaal kan word. Maar dit moet deur die minister van die polisie besluit word. Die bepaling is nog nie gedoen nie. Hoekom sê jy ek moet die geld terugbetaal? Jy weet nie eens hoeveel nie,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

Wat ‘n grap is die ou nie…om te dink dis wat die werled van ons sien…ek skaam my dood!

Kaaiman ·

Ek is nie ‘n Zuma/ANC-aanhanger nie, maar dat Zuma met veral Mulder en Maimane die vloer gevryf het, is nie altemit nie. Hy is natuurlik reg – daar is ‘n proses aan die gang en hy hét opdrag gegee dat daar bepaal moet word of hy geld moet terugbetaal indien enige. Sy voetwerk is fynberekend en hy weet hoe om opposisie te intimideer, veral toe hy vir Mulder gevra het “what’s wrong with you?” Natuurlik het hy onregmatig baat gevind by die opgradering van Nkandla, maar ek kry tog die indruk dat hy op die dag beter voorbereid was as sy opponente wat vrae gevra het. Mens moet onthou dat die ratwerk van die regering- strukture hom bevoordeel en hy maak gebruik daarvan. Laastens, dis jammer dat hy nie sy vermoëns ooit positief gaan aanwend tot voordeel van die land nie. Hy is ‘n formidable vyand! Vra maar vir Mulder en Maimane.

Allie ·

Zuma jy bly maar n dief soos aangehaal. Kan die DA hom sy dag in die Hof gee oor sy meer as 700 aangelagtes Bedrog Klagtes. Dan kan ons kyk of die Nar nog so uitdagend voorkom.

Patat ·

En dan wonder ons nog hoekom ons land se mense geen respek of maniere het nie! Die leier van ons land steur hom nie aan enige reëls of wette nie – die dat die res van ons bevolking in SA so Lekker wetteloos optree! Totaal wetteloos: van spoedvrate, rooilig- jagers en die wat dink stopstrate is vir ander bedoel tot moordenaars, rowers en verkragters!
Dis die Klein jakkelsies wat die veld vernietig en Zuma, jy is 100% deel daarvan! Jou vermoë om hierdie land te lei, laat veel te wense! Ruggraatloos, geweteloos en geen leierskap vaardighede! Jy het geen liefde vir hierdie land of sy mense nie – dit gaan vir jou alles net oor selfverryking!
Ja, die buiteland lag vir ons – in hulle oë woon hier bobbejane! Dis jammer want ons het n asemrowende mooi land met verskriklik baie potensiaal – ons land se leier voel egter n veer! Skandelik!

CHRISTA ·

Zuma gee nie ‘n dooie duit om vir sy mense nie, maar hulle bly vir hom en die ANC stem. Hulle moenie in die strate bedel nie: Vra die ANC. Die ANC het hulle al meer as 20 jaar gelede GRATIS ONDERWYS, GRATIS BEHUISING, GRATIS MEDIESE DIENSTE, GRATIS WATER EN LIGTE belowe. Hulle het dan mos nie eers ‘n werk nodig nie!!!

Nicolette ·

Ag ons president is n glibberige vis wat homself uit als uit wil wurm.Hy is nie die amp presidentwerd nie, hy dink als Iis n grap en dan jok hy ook nog en sy mense glo elke woord en dan n rukkie later is hulle omgekrap oor die leuens en rig dan skade aan..WORD WAKKER MNR DIE PRESIDENT ONS LAND IS IN n GEMORS DEUR JOU….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.