Net ʼn dag nadat oudpres. Jacob Zuma deur die hof beveel is om miljoene rande in regsgeld te betaal, het hy Vrydag vrolik aangekondig dat hy by die sosialemediaplatform Twitter aangesluit het.
Zuma het enkele ure terug sy eerste twiet op sy profiel geplaas – ʼn video van homself in ʼn geblomde hemp waarin hy sy besluit om ʼn Twitter-gebruiker te word deel. “Hallo almal. Ek het besluit om saam met die tye te beweeg en by hierdie belangrike gebied van gesprekvoering aan te sluit, omdat ek hoor baie mense praat oor my. En ek hoor baie noem hulself Zuma, daarom het ek gevoel dit is nodig dat ek ook aansluit en deel word van die gesprek,” sê Zuma.
“Dis ek, voormalige president Jacob Zuma.”
Kort daarna het Zuma ʼn twiet gedeel van die Twitter-gebruiker @Muke25700481 wat besonderhede gee van ʼn bankrekening waarin mense “finansiële bydraes vir Zuma kan inbetaal”. Zuma het hom van dié twiet gedistansieer en gesê dié fondsinsameling is vals.
Teen 13:00 het Zuma nog net twee twiets gelewer, maar reeds meer as 30 000 volgelinge gehad. Duisende mense het op sy video gereageer en selfs EFF-leier Julius Malema het geantwoord: “Welcome Baba”.
Ander Twitter-gebruikers was skepties en het ʼn beroep op Twitter gedoen om die profiel te verifieer sodat hulle seker kan wees dit is regtig Zuma wat hier aan die woord is. Op die profiel word aangedui dat dit reeds in November geopen het, maar dit was nog deurentyd onaktief tot vanoggend.
Zuma volg tot dusver nog niemand op Twitter nie – ook nie die ANC of pres. Cyril Ramaphosa wat albei geverifieerde Twitter-profiele het nie.
Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof in Pretoria het gister beslis die staat is nie verantwoordelik vir Zuma se regskoste in kriminele óf siviele sake nie.
Good morning Mzansi
Thank you for the warm welcome, I look forward to engaging with you. pic.twitter.com/sr1MhSNf0F
— Jacob G Zuma (@PresJGZuma) December 14, 2018
Skelm fonteinpadda……
Wonder wie dié keer sy toespraak geskryf het ???
Hou vas julle beursies, Zuma maak n comeback!
Sy aanhangers sal, na alle waarskynlikheid, sy regskoste vir hom dra! Slim skuif, eks Mnr Pres!
Hoeveel skuld jy ons? Toe, tel so bietjie vir ons :-)
Bla bla bla
Probeer dit in Engels anders praat jy met opset ‘n taal wat hy nie verstaan nie, sonder enige doel.
So wat nou gaan hy sy opelyf met almal deel.
Donald Trump is sy rolmodel…
lmklaaaaa…ek skaam my
As die gereg net wil ophou voetesleep kan hy dalk gratis losies kry – dit kan help om sy uitgawes bietjie minder te maak.
As Zuma gaan spel soos wat hy tel is ons in vir n ding….lol.
Ag wat, daar is twitter ook nou in sy glorie in.
Ek wonder maar net wie gaan sy tikwerk namens hom doen.
… seker die ou met die sertifikaat agter hom teen die muur… goud!
Janee hy word verwelkom deur Malema – die een wat gedurig op di enuus gesê het hoe die EFF gaan sorg dat hy tronk toe gaan. Nou is dit skielik “welcome baba”. Mag ek maar wtf vra? Dis mos nie vloek nie!! Dis net ‘n afkorting vir “waar tsotsis fluit”
Another mzombie in mzansi…
Indien daardie Delf vaas eg is, dan is dit meer werd as daardie sertifikaat teen die muur.
Swak toespraakskrywer. Soos altyd.
Hoop hyt iemand wat vi hom kan tik of skryf. Hy mut netni sy woorde probeer tel ni. Hahahaha
Hoekom is dit nuus?
heheheheheheheheheheheheh
Ons hoor van geen ander oud pres so baie soos die ene ….gaan nou weg asb jy het genoeg skade gemaak !
Hoes en betaal. Dit is die wet van Transvaal.