Video: Zuma op kwadfiets het Twitter op hol

Skermgreep uit die video

ʼn Video van oudpres. Jacob Zuma op ʼn kwadfiets, omring deur lyfwagte, het Twitter-gebruikers se tonge laat klap.

Die video is vandeesweek deur die gebruiker @ZwangaMukhuthu gedeel: “Msholozi [Zuma se familiestamnaam] tydens ʼn oggenduitstappie op sy kwadfiets by Nkandla.”

Dit is egter nie duidelik wanneer die video verfilm is nie. Die beeldmateriaal het ontsteltenis uitgelok omdat Zuma se regspan vroeër vandeesmaand gesê het hy is te siek om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te verskyn.

Adjunk-hoofregter Raymond Zondo Zondo het ʼn aansoek van die kommissie se eie regspan aangehoor dat Zuma gedagvaar word om van 27 tot 31 Januarie voor die kommissie te getuig nadat hy by die afgelope drie geskeduleerde verskyningsdatums nie opgedaag het nie – elke keer met ʼn ander verskoning.

Hierdie keer het die oudpresident se regspan weer ʼn paar wye esse gekap met die uiteindelike boodskap dat Zuma nogmaals nie gaan opdaag nie. Sy regspan het ʼn ongewone aanbod aan Zondo gemaak – dat die hoof van Zuma se mediese span die regter op vertroulike basis sal inlig oor presies wat Zuma se siekte behels.

@Prince_S_A het op die video reageer en gesê: “#Zuma going to buy airtime dwn the road from his nkandla residence…. in a quad bike.”

“I think uBaba has ghosted us! He’s too relaxed without us. Sithi inkinga,” skryf @PrinceNdamase.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Die Waarheid ·

Shame …… Foeitog – Kyk net hoe sieklik is die ou .

syddy ·

…en so kom nog n vissie weg…
te siek… my whatsyoumaycallit man!
skelm tot die dood toe

Johanna ·

Zuma is trying to take all of us, including the Zondo commission, for a ride!!

Gert J ·

Zondo komissie is ook n groot klug en geld mors, miljoene rande en daar gaan niks van kom nie. Regter Zondo is ook te maatjie maatjie met die getuies veral sy boesem vrien Zuma

René Joubert ·

Dalk het sy Dokter die oefening vir hom voorgeskryf?

Gert J ·

Nooit vars lug maak hom siek want hy leef nou net in knkandla se kelder met sy baie vrouens

FM ·

Presies my eerste gedagte. Hy’s te siek om verder voor die Zondo kommissie te lieg

Johan ·

Hy en Shaik sal binnekort weens siekte nog lekker gholf kan speel..

Johann Burmeister ·

Nou toe nou die ou is so siek en kyk al ons belastingbetalers en tax geld wat gebruik word e al daardie lyfwagte vir wat!!!!!

IGeorge Otto ·

Verseker dat hy nie nodige motorfiets lisensie nie het . Waar sal hy die nodige toetse skriftelik en prakties daarvoor gedoen het ?

Johan Venter ·

Deur die hek op die grondpad uit. Is hy dalk op pad teerpad toe met die ding, want dit lyk my nie die Quad is gelesensieer nie?

jaco ·

Gewese wit staatshoofde het ook lyfwagte gehad. PW Botha het dit tot met sy dood in 2006 gehad.

Akademi Buktu ·

Jaco, ek dink jy moet jou vergewis van feite. Voor die “reënboognasie” het ‘n kabinetsminister een persoon gehad wat sy motorbesstuurder en BBP Beskermer was. Nie toue blouligvoertuie nie. Ens, ens.

nnn ·

En hoekom het hulle sulke duur voertuie nodig om agter hom aan te ry hoeveel voertuie vol mense het hy nodig en wat gaan hulle doen as iemand hom nou skiet?? weg hardloop hehehe

JohanR ·

Soe dit is die siekte wat Zuma weg hou van die Zondo kommisie….kwadfietstitis. Ek het ook al daai siekte gehad maar hy het net soe twee uur gehou, van die tyd dat ek op die kwadfiets geklim het, tot die tyd dat die rit klaar was. Zuma het die siekte baie erg. Hy kan vir ses weke nie by die Zondo kommisie uitkom nie. Behandel hulle kwadfietstitis in die VSA?

James ·

Ek gedog hy is te siek om enige iets te doen en voor Zondo te verskein…

Gert de beer ·

Zondo is die duurste sirkus wat hierdie land nog gesien het

Julius ·

Gert ek stem saam want die staatskaping het in1994 al reeds begin en zondo is deel waarvan, hy is ook skuldig.

Rudolf ·

And there goes Pinocchio. He must just be careful not to drive over his own nose, but oops that’s all you can drive. I bet you it’s automatic because he can’t count Gear 1 2 3 or 4????????

Pieter, Weskaap. ·

Daardie 3 BMW’s en die Merc kos ‘n paar miljoen om van die insittendes se salarisse nie te praat nie. Die kwadrit is deur sy persoonlike geneesheer voorgeskryf soos René hierbo genoem het. ‘n Geldige bestuurslisensie het hy nie want jy moet sekere teoretiese en praktiese toetse eers slaag….

René Joubert ·

Pieter, lyk my jy weet iest van Quads af, wat is die maak van daai vierwiel, dalk ‘n Suzuki, verseker nie ‘m ‘Warrior’ nie, en die cc.

Ek sal dit waardeer as al jul ander kommentators oor hier kan uithelp!!

Chris ·

Rene daai kwad is nmafe in china en so 50cc die wat klinders van so 3 to 5 jaar ou gebruik . Kyk mooi daar is kantel wiele en die stuur is radio beheer vanuit n Beemer

Superfilly ·

Vuilgoed…..jy moet bitter bang wees vir IETS as jy so baie lyfwagte om jou het.

Johann cb ·

Dagvaar hom om te verskyn. As hy nie gehoor gee nie, reik ‘n lasbrief uit. Die ou kom met alles weg! Tree ferm op vir ‘n slag!

Johanna Botha ·

En hier laat sy dokters ons verstaan hy is baie siek en kan eers in …..MAART voor Zondo verskyn agv mediese redes …..lekker draai hy almal WEER n rat voor die oë ….kom weg met al die skelmstreke ….geen wet en orde in die nuwe sa en die teenwigte bly weg !

Strandloper ·

Shame hy kyk net na sy boerdery van beet, knoffel en olywe….

Tweetie ·

Ex president wat nie skoolgeld kan bekostig nie, en te siek is vir sy verhoor, en te arm is om by die verhoor te kom. Lyk darm lekker om afgetree te wees, sorgeloos en veilig, nie soos ons wat elke dag misdaad vrees nie.

Belinda ·

Sieatog.. ne…….Ek weet wat is fout met hom. Hy het wegholsiekte.. dis al…

Neels ·

Daai is n radio beheerde kwad bike van die wat jy in n China shop koop . Een van die lyfwagte beheer dit . Dit kan net 5 km oer uur haal . Hy moet baie vars lug in kry en owtrol damoeis nie gesond nie . Oog koordinasie en beweging is ook nie goed as gevolg van die siekte nie . Mens kry hom soooo jammer

Wit Willem ·

Dit is n baie ou video. Was al in die media toe hy nog Prez was. Dit is hoekom daar so baie lyfwagte was. En toe hy nog rond en gesond was!

madels ·

Hy moet pasop, nou nou word hy regtig siek as hy aanhou dit oor homself spreek. Zuma is siek in sy kop!

Jannie van Niekerk ·

Mens noem sy “geheimsinnige siekte” : bangvirtronksiekte. Dis seker ook ‘n termninaalsiekte soos Shabir s’n.

Judge Judy ·

Kan iemand nagaan of hy ‘n bestuurslisensie het vir ‘n quad bike? bewyse is mos daar dat hy self bestuur het. Moeite was gedoen om die ou met Audi TT op te spoor wat verfilm was.

Mtubatuba Inwoner ·

Wonder net wie betaal vir al daardie lyfwagte??

Nick ·

Lekker lag ek nou vir die comments! Almal wat so kwaad is, dink net…. Julle betaal vir die brandstof en die bodyguards, dis zuma se voordele! ????????????

Skroef ·

Niemand is nog die wet verhewe nie! As hy nie self opdaag nie, gaan haal hom. Ek is seker Armani sal vir hom n paar oranje pakkies maak!

A Mac ·

Darem speel hy nie golf nie! Ja, vreeslik sieklik, die man. Hoop die Zondo kommissie sien hierdie video. Lieg kan mens lieg, maar die kraaie bring altyd die waarheid uit. Nou kan die hele wêreld sien hoe liegbek, slapgat, bangbroek, ruggraatloos, bespotting en wie weet wat nog hierdie man vir die land was en is.

Sasha ·

Ek wonder maar net… Vir wie is hy so bang dat hy so baie lyfwagte moet he?

Tallies ·

Hierdie is nie eers ‘n joke nie, dis vrot en siek. Groot skelm wat nie die punch kan vat vir sy dade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.