[Video] Zuma se aardrykskunde-flater

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van president Jacob Zuma wat beweer dat Afrika die grootste kontinent is, word wyd op sosiale media versprei.

Zuma het glo dié uitlating Woensdagaand tydens ʼn vergadering met sakemanne gemaak en MyBroadband het die video op YouTube gelaai.

Volgens Zuma is Afrika die grootste kontinent en sal al die ander kontinente daar binne pas.

En as jy dalk self onseker is, hiermee die grootte van die kontinente:

Asië 43 820 000 km2
Afrika 30 370 000 km2
Noord-Amerika 24 490 000 km2
Suid-Amerika 17 840 000 km2
Antarktika 13 720 000 km2
Europa 10 180 000 km2
Australië 9 008 500 km2

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Moyra ·

Can l just say if he gets voted in again you deserve all you get. The man has stolen millions, given away most of the mineral rights to China, so all l can say God help you, everyone of you

Kandas ·

Ja, seker is Afrika eleventy seven hundred three six and twenty keer groter. Swaap.

Google net of laat IEMAND vir jou google voordat jy jou mond oopmaak!

Liewe land, JULLE?!

SNEL ·

Bhaha, Kandas, jy maak my dag. Ek het die video gesien waar hy sukkel om daai groot getalle te lees :)

Aster ·

Hy’t seker sy skool onderrig iewers onder ‘n boom staan kry! PATETIES VERBY!

Pienkes du Plessis ·

Nee, hy het st 6 deur sy skool se venster afgekyk.

donald ·

en wat is sy punt. buiten dat hy sy algemene kennis (gebrek aan) ten toon stel.

Wikus ·

Wat verwag jy as jy std3 deur die klaskamer se venster afgeloer het.

Schalk ·

Miskien bietjie kleiner as daai lee dop op sy skouers. En hy hire en fire? Dit is regtig nie eers snaaks nie, n mens kan nie veel meer van hom verwag nie.

Vliegie ·

oh nee ^&*#%^&!!!!! geen maar geen medikasie vir domgeid nie…….

Moeksie ·

NEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEE, ek glo dit nie. Wat nou nog – Boswill Wilkie bied hom asb ‘n pos aan as hoof nar………ek sak my kop in skaamte….

meraai ·

Gaan kyk gerus op zuma se profiel op google….hy het nie eens hoërskool tie gegaan nie, ongeveer 20 kinders en hy is in sy 70’s… wat sê dit vir jou? Hy is die grapjas van suid afrika. Kyk ook hoe vrot sy wiskunde was. Alles moet uitgeskryf wees vir hom en nie in getalle nie. Waarheen is die arme Suid Afrika oppad? Weet hy darem waar ons land op die aardbol is?….

Twinkels ·

Zuma! I think you should stop ruling this country and rather go back to school and start “afresh”!

Rynhardt ·

Zuma het gewys hy is die grootste komediant wat SA nog opgelewer het.Dit is iets waarvan die” three stooges” net kan droom.Geluk prez!

Retief ·

Wat hy eintlik wou gesê het is dat Nkandla die grootste presidentswoning is en dat al die ander daar kan inpas!

meraai ·

Pateties…dalk weet hy ook nie waar om SA te jry op die aardbol nie. Kyk gerus na sy profiel op google….hy het net ‘n gedeelte van sy laerskool gedoen en hy is in sy 70’s met “estimated” 20 kinders. Getalle moet vir hom uitgeskryf word en nie in nommers nie, want dan hakkel die “eerbare” president en begaan flaters… waarheen is die arme SA oppad as die president so dom omgesukkel is?

Francois ·

In Orkney Snork Nie sê Oupa: “‘n Mens kan enigiets uitteel, net nie stupidgeit nie.” Hoe waar van ons onagbare president!

Carina ·

En hy dink ook seker nog die aarde is plat! SA is definitief die grootste grap op aarde. Ek kan my nie eens indink wat ander lande van ons moet dink nie. Ek skaam my dood. Wanneer gaan die lot op die grond wakker word en besef hul grawe hul eie grafte om vir die ANC te stem?

Piet Mulder ·

Vriendelike versoek plaas berigte oor ons president onder SPORTS hofie waar dit hoort, hierdie sports kos ons ook net so baie geld.

GES ·

Alles is vir Zuma relatief. Hy laat my dink aan die seuntjie wat die eerste keer by die see gaan vakansie hou het. Met sy terugkeer vra die mense hom wat hy dink van die see. Hy antwoord en sê dat hy teleur gestel is, hy het gedink die see is grootter. So wat verwag ons???

Wikus ·

Dis seker apartheid se skuld dat hy die pad byster geraak het. Nou moet die hele SA daar onder ly. Voeitog.

HVR ·

Wat vir my skrikwekkend is, is die groot klomp inwoners van hierdie pragtige land wat hom in daardie posisie geplaas het! Na alles wil hulle hom nog steeds daar he…….

DEE ·

Die lot op die grond en ander wat hom so aanhang het self nie n clue dat hy n klomp crap kwytraak nie.

SNEL ·

Mens moet eerder wonder hoeveel kruisies word regtig agter die ANC se naam getrek en hoeveel word nie eerder later slegs ingevul om getalle aan te vul nie.

Winston ·

Onthou hy het net een liedjie geleer en dit was na skool iewers waar hy opgelei was, oor n umshiniwami. Natal was klaar groot en toe hy Afrika sien was hy verbouereerd van verbasing. Mense hierdie is nie n grap nie. Hier kom n ding wat deur n onbevoegde persoon uiters gevaarlik hanteer word. Dit is wat massas teweeg bring, wat net so slim is soos hy.

A.Willemse ·

Die Sjinese het hom oortuig dat Afrika groot genoeg is om al Asië se surplus te absorbeer. Volgens sy wiskunde kan 43 miljoen maklik in 30 miljoen indeel, en die briljante houtwerkmatriekulant kan dit mos beaam.

Sune van Heerden ·

Dagsê Emile

Selfs al word die Merkator-projeksie in ag geneem, gaan die ses ander kontinente definitief nie binne Afrika inpas nie – dit is wat pres. Zuma probeer verduidelik het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Koos ·

Emile,

Ons praat nie hier van hoe Afrika op die kaart vertoon nie, maar van die werklike gemete grootte van die verskillende kontinente – of verstaan ek verkeerd?

Groete

Koos

Gerhardt ·

Hy her eintlik verwys na die grootte van sy ego (julle weet wat ek eintlik bedoel , ‘n sekere skildery, maar MM se moderators is weer gestres vanadag)

Jaco ·

Ek weet nie as ek na n artikel van ander webtuiste mag noem nie maar die skrywer daarvan som die hele storie mooi op. Dit is in Engels deur Rian Malan op politicsweb.

Se Maar Net ·

Daar is geen een wat met sulke wysheid kan argumenteer nie. Liewe hel man…

Izzy ·

Ag nee….eers houtwerk, toe geskiedenis(Anglo boere oorlog) en nou aardrykskunde. Wat is volgende? Huishoudkunde of Naaldwerk?

Philip Venter ·

Naaldwerk beslis… Met so baie kinders kan hy beslis “naald” werk doen…

keelvol ·

Kyk hy bly n idioot. Soos ek al baie gesê het Wat kan jy verwag Hyt net std 4. ZUMAMUSTFALL

keelvol ·

weereens word my komentaar nie geplaas. wat gaan aan maroela.

stomgeslaan ·

Voel dit warm word hier op die grond, kom ons kyk Op, ipv om op sy onbevoegdhede te konsetreer, bid vir hele parlement en land. Oordeel kom ons nie toe, kom ons onthou dit. Glimlag vir die een wat dit die minste verwag. Jy weet wat jy weet.

Berhalet Beukes ·

Humpty Dumpty sat in a wall… Hehehe… Arme, arme breindood eiertjie wat hy is!

Jacques ·

Die stomme vent lei aan Munchausen sindroom en moet onniddelik opgeneem word waar hy oor die tuin kan tuur en eendjies voer

Johannes Meintjes ·

Ons (nog sonder Plan B en Selfbeskikking vir helderdenkende minderhede) is werklik te hard op ons agbare President, meen ek. Hy is 100% korrek, – Afrika is die grootste kontinent wat al die korrupsie, flaters, bedrog en primitiewe eienskappe van al die kontinente huisves. Daarvoor het die kontinent van Afrika baie unieke leierskap-eienskappe nodig.

Fanie ·

Ek dink hy ly aan baie sindrome. Hy is ‘n onbevoegde, onnosele verleentheid vir die hele SA.
Ek dink die hele wêreld lag lekker vir hóm en óns burgers wat met die idioot moet huishou !!!

Ann ·

Wat de joos!!!!
En ons land is in sy glory mmm i wonder why….
Maar stem stem hulle vir die mamparra….
Save US

Jimmy ·

Dit gooi my dat die mense vir so ‘n DESPOOT stem. Dit is seker weer die patriargale strond.

Jef ·

Ek het nou lekker gelag vir die verskillende uitlatinge van lesers maar ons beterwetendheid het ons nog niks verder gebring nie.
Julle kraak die president af maak grappe oor sy skoolopleiding, het hy nou st.3,4,5 of 6 ek weet nie maar julle weet blykbaar net so min.
Met sy lae skool kwalifikasies het hy wel president geword en ons met ons matriek en universitere opleiding, wat het ons bereik.
Vir iemand wat so onbevoegd is staan hy wel ver bo alle geleerdes in SA, dus wie is hier nou dom.

Jef ·

As daar iemand is wat beweer dat hy of sy dit alles beter weet dan stel ek voor dat die persoon hom of haar self as kandidaat stel vir presidentskap in SA.
Dit het 20 jaar of langer nodig voor SA weer regeerbaar word onder n nuwe president, drastiese verandering is nodig op alle sektore in die samelewing, as dit alles op orde is dan pas kan daar regeer word.
Nee wat ek hou maar aan klei ossies maak en verkoop dit en miskien eendag word ek president.

GES ·

Maroela mag ek weet hoekom my plasing aanvanklik goed genoeg was en ‘n dag later verwyder is of is dit my nie beskore?

Mariné Lourens ·

Dagsê GES

Ek vermoed dat daar moontlik ‘n tegniese probleem ingesluip het aangesien jou kommentaar wel vroeër verskyn het. Ons het dit reggestel en dit verskyn nou weer op die webtuiste. Jammer vir die ongerief.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

GES ·

Baie dankie vir die terugvoer. Ek aanvaar die verduideliking.

Karel Sieta ·

Hi Jef, jammer jonge heer, hy lees nie Maroela Media nie so jy probeer verniet so hard om ‘n ou tendertjie te bekom…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.