[Video] Zuma: ‘Snaakse idee van demokrasie om minister af te dank’

Pres. Zuma tydens Donderdag se vraesessie.

Pres. Zuma tydens Donderdag se vraesessie.

President Jacob Zuma het Donderdag ontken daar is ʼn krisis oor die welsyntoelae en het eise dat Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, afgedank moet word, beskryf as ʼn “snaakse” idee van hoe demokrasie werk.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Zuma tydens ʼn mondelinge vraesessie in die parlement gevra of hy nie dink dis tyd dat Dlamini verwyder word nie. Zuma het geantwoord hy het gedink die datum waaroor gepraat word, 1 April, het nog nie aangebreek nie. “Dis ʼn ander soort demokrasie as jy dink iemand gaan misluk en moet gestraf word nog voordat hulle het. Dis ʼn snaakse demokrasie om iemand te straf voordat hulle ʼn fout begaan het,” het Zuma geantwoord.

Zuma het verder gesê daar is nie ʼn krisis met die situasie waarin die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gedompel is met die uitbetaling van maatskaplike toelaes nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het egter Woensdag in die konstitusionele hof die situasie as ʼn krisis bestempel. Die hof lewer Vrydagoggend uitspraak in die aansoek dat die hof ʼn toesigrol moet speel in die uitbetaling van toelaes.

Zuma het ook vir Faith Muthambi, minister van kommunikasie, in die bresse getree. “Die oppergesag van die reg sê nie jy moet iemand straf omdat jy vermoed die persoon gaan ʼn misdaad pleeg nie. Dit is amper soos die wet van die oerwoud.”

Dlamini en Muthambi is van onbevoegdheid beskuldig oor hul hantering van onderskeidelik die Sassa-krisis en die situasie by die SAUK. Zuma het egter volgehou dit is onmoontlik om aan opposisiepartye se eise te voldoen. “Dit is te veel gevra van die president. Sodra ons dit doen, gaan ons sê die president is ʼn diktator. Hy besluit net, selfs al is daar geen feite nie. ”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Tinka ·

As jy Zuma en It langs mekaar sit en se kies, kies ek It!!!!!

Johann ·

Hys al SO gewoond aan LIEG en BEDRIEG; hy glo homself! Of hyt n besonderse toegeneendheid teenoor.die twee “dames”? Faith het bv al twee vrae sesssies misgeloop want sy was saam met NUMBA WHONE op n “amps”besoek? HUIS VAN HOOF HANDPOP EN SY ZUMAIKIES

Johan. H. ·

Hier is 2 woorde bo vermeld wat n mens nie in dieselfde sin gebruik nie.

TDW ·

Ek moet sê ek stem nogal saam. Daar moet eers gekyk word wat gebeur die 1ste April (fools day)

Tinka ·

Weet hy ooit wat hy se??? Dis so vernedering om n president te he soos hy.:(

Kul ·

Kulkunstenaar Martinho: “Kul jou hier, kul jou daar en siedaar”! (Eish!!??)
Die spelling is eintlik twee woorde: DEMO KRASIE.
Nog beter is: DEMO KRATERSIE.

Johann ·

Ai tog mense. Hê tog begrip vir onse NUMBA WHONE. Hyself is al MET bewyse van n klomp goed aangekla, maar hy se bloot issi.soni en dan issit nisoni. So hoe dan nou sy twee zumaikies aankla en dink Zuma self gaan sê hulle is of was stout? TWEE van sy handpoppe wat die handpop dands MMMMMMMMooi dans soos hulle NUMBA WHONE hulle geleer het. Hoe kan hy hulle noi fire? Hulle.doen mos wqt Zumpie verwag van sy Zumaikies! Sies vir julle om.so leleik te wees met hom…

John ·

Julle vergeet dis die normaal vir Afrika. Presies. Al wat nog moet gebeur (en vinnig) is dat die omgewing gewysig word tot chaos, boomloos, waterloos met meer rommelhope waarin mense kan grawe vir die beter lewe van weleer onder die heerskappy van ‘n grootse leier op sy goue troon. Ontwikkeling, gesondheid, werk, kos, klere en infrastruktuur is van die duiwel, waarsku die muti-fundi’s al eeue. Sien ek ‘n rot oor die pad hol… iemand in die sloot? Moenie ‘worry’ nie, dis deel van die geliefde normaal in Afrika… onder die luide gedoem-doem van die geliefde ou trom se soet uitkoms, die dood.

pieter ·

DA 0 ZUMA 100 ,HIERDIE MAN IS SLIM ,AS SASSA GELD UITBETAAL WORD GAAN SY ONDERSTEUNERS HOM BEDANK, EN VIR HOM STEM WANT HULLE HELD HET DIE OPISIESIE OORWIN EN HULLE GELD VIR HULLE GEGEE.

roetie ·

Pieter ,,,,,EK STEM HEELTEMAL SAAM MET JOU …..DIE KLOMP NARRE

giep ·

Weet hy hoe min ons van hom dink wonder ek? En nou het hy nog ‘n maatjie bygekry – ‘n landverraaier met die naam Maimane – na gister se debakel met Zille. De Klerk en Roelf Meyer het dan ook ‘n landsverraaier maatjie bygekry.

AL ·

Zille is as rassis uitgekryt deur swart rubriekskrywer op News 24 en Mail & Guardian het haar ook onder skoot.
Sy moes egter van beter geweet het – sy het reg in die hande van die ANC en EFF gespeel

Katrien ·

Ek slaan my oë op na die berge,
Vanwaar sal my hulp kom?

Frans C ·

Natuurlik weet die President beter as ‘n regter van die konstitusionele hof ,dit is mos hoekom hy hê,ê President is.

Gatvol burger ·

Hoe kan die zuma se werkgewers( die publiek) so ‘n werknemer aanhou!!!? Hy word deur die belasting betalers betaal en dan moet ons na sulke snert luister. Hoekom sal hy haar afbetaal, selfde probleem, die Hoogste Hof maak elke keer die fout om sulke arrogante skelms nie te laat arresteer vir minagting van ‘n hofbevel nie. So ‘n skande dat sulke vermetelheid los rondloop.

Marie Salzwedel ·

Dink Zuma wat hy doen is demokrasie? Vertrap die konstitusie dan praat hy van demokrasie? Sal sien wat op 1 April met uitbetalings gaan gebeur en hoe hy daarop sal reageer.

Lynette ·

Hoe kan hy hulle laat gaan, hy is duisend maal erger en hy loop steeds rond en niemand doen enigiets aan hom!!!!!! SA is n siek grap.

AL ·

Ai gee ons president kans ……. Hy verstaan nog nie heeltemal hoe demokrasie werk nie.
Vir party neem dit langer as vir ander om te snap…. Hehehe

Chaparel ·

Die nar van alle narre het n gewone vraag probeer te beantwoord…….en wat het hy nou eintlik gese?NIKS want hy het geen benul van sake nie.

Scalla ·

ten minste het hy iets kwytgeraak sonder om dit af te lees, gelukkig was daar nie syfers betrokke nie. shame

Henk ·

Zuma, demokrasie het NIE vir dlamini aangestel nie. JY het haar aangestel soos wat jy alle ANC MP”s aanstel om JOU uit die tronk te hou en JOU geldkaste vol te hou. MOENIE vergeet dat ‘n regter reeds in die Shaick saak bevind het jy is korrup nie. En MOENIE vergeet dat die KONSTITUTIONEL HOF bevind het dat daar ‘n prima facie saak teen jou is nie. Daarom het jy vir Abrahams aangestel om te verseker jou verskyning in die hof word so lank moontlik uitgestel. Jy het goed geleer by Mugabe

Anton ·

…n klip in die bos…is Zuma verkeerd wanneer hy se: “dat jy nie iemand kan straf wat jy dink n fout gaan maak en of nog nie n fout gemaak het nie”. Dink daaroor…hy is nie net tegnies reg nie hy is heeltemal reg…die datum 1 April moet nog aanbreek…

TDW ·

@Anton
Ek stem heelhartig met jou saam. Mens moenie die dam onder die eend uitruk nie. Ek hou dalk nie van enige van die ANC nie, maar jy kan nie nou vra om die minister af te dank voor enige betalings gebeur/nie gebeur het.

Frans C ·

Eenvoudig sy het har agterent afgevee aan die konstitusionele hof en reeds in April 2016 geweet die huidige kontrak is onwettig en nogtans niks gedoen om ‘n wettige kontrak te beding nie en die stelsel in ‘n krisis gedompel.

Sug wat is so onverstaanbaar van die regter se bevinding.Dus moet die President wat geweet het sy jaag nonsens aan,saam met haar en almal wat sy siening ondersteun afgedank word.

Zuma vee sy agterent aan die hof af en sterk sy ministers in hul kwaad.

Zuma ·

Eish baas Scalla, djy moet my nie Spot nie. Dai somme ek het nie galeer by die skool. Mar die dimocrasy ek ken hom en sover hy is banja lekker!!

John ·

Waar het ons al die van Dlamini gehoor? Lui dit ‘n klokkie? Is dit dalk ‘n Zoeloe van? Voorste ster van die ANC-Vrouliga, ondersteuner en familielid van eks?- mev-Zuma en volgende president? Ja. Hoekom verstaan ons nie Afrika se kop nie? Ons hou aan skop teen die prikkels. Verstaan tog: Dis juis hoekom Afrika lyk soos hy lyk en wil lyk en dink. Hy kan nie anders nie.

arie ·

As die swart rook uit die kospot op die stoof trek is dit nie verbrand nie.
Dis net verbrand as jy dit van die stoof afhaal om op te skep.

wittaal ·

mmmm?….. hier is alweer geld gesteel!!! dit hukom hy blikbrein bly uitstel!!!!! keer hier keer daar en siedaar!!!! hulle word uitgevang!!!

abel ·

Wat van die punt 96 wat gelees is as sixty nine en nie as ninety-six ??

monk ·

Hi Anton as die agbare minister nie drooggemaak het nie sou hierdiedilemma nie gebeur het nie. Dan sou alles mos seepglad verloop het.

Anton ·

@Monk…die minister het miskien droog gemaak…maar die diensverskaffer, kontrak of nie en tenderproses reg of nie, het nog elke maand sy diens gelewer soos ooreengekom…

JWM ·

Daar is reeds geluide dat betaling dalk n dag of 2 na 1 April mag volg! So die oortreding word net uitgestel? En wat van die daaropvolgende maande? Die probleem word net nie hanteer nie.

Lynette ·

Anton, jy is verkeerd. Sy moes reeds lankal n nuwe groep gekontrakteer het om die uitbetalings vanaf 1 April te doen soos die hof haar beveel het. Sy het dit nie gedoen nie want sy wil he die ou groep moet aangaan. Hoekom, wonder ek. So ons kan eis dat sy afbetaal word

Anton ·

…die hof het self sy bevel tersyde gestel tot die afloop / verstyking, end Maart 17, van die huidige ongeldige kontrak…sodat daar n nuwe diensverskaffer, met die regte prosedures, aangestel kan word…dat sy onbekwaam is is ongetwyfeld…maar as die huidige diensveskaffer nie lewer wat hy moet op die 1ste April nie…dan moet sy pa staan vir dit…tot dan is sy nog in haar regte…

Anoniem ·

Zuma sê: “Dis is te veel gevra van die president. Sodra ons dit doen, gaan ons sê die president is ‘n diktator. Hy besluit, selfs is daar geen feite nie.”

Ek verskil van hom: hy besluit, al IS daar feite. Hy is dus alreeds ‘n diktator.

Dit gaan nie net oor wat op 1 April gebeur nie. Dit gaan oor ALLES wat met hierdie Sassa gemors te doen het.

Jean ·

Dis NOG snaakser vir demokrasie as die PRESIDENT nie die aanvalle op sy landsburgers en belastingbetalers ernstig opneem nie. AS baie LP’s nie opdaag nie, en een uitskreeu “bury them alive” en julle lag daaroor. Dit is ‘n hartseer dag as die culprits beskerm word deur President en sy trawante. Volgens Zuma is daar nooit ‘n krisis nie, nie by die Universiteite wat gebrand het of skole wat tot teen die grond afgebrand is nie, nie met die 50 000 kinders wat aan die begin van die jaar toegang tot skole gehad het nie, nie met MISDAAD in SA wat daagliks toeneem nie, nie met SASSA se betalings of met die SAUK raad of met ESKOM nie, hy leef heerlik in NKandla en koel af in sy “poel” wat hy vir brandbestrydingsdoeleindes aangebring het. Hy het wagte, hy het geld, hy het ‘n werk, hy word beskerm, hy hoef nie te wag vir sy ‘grant’ of vir sy ‘kos’ nie!! Why bother as NIKS in hierdie land jou raak nie? Nice DEMOCRACY, hys niks anders as Mugabe nie, klou ook dat dit goedgaan!

John ·

Monk, dit het mos seepglad verloop… en die ANC gly en gly… en kyk waar trek ons nou…

Andre ·

Die nar het antwoorde op alles , net jammer min maak sin .. !! Hy moet pasop bly maar nog waar jy belangrik lyk en beskerm word , dit gaan nie so eenvoudig wees die dag as jy uitgeskop word nie .. mooi geleer by dikvellige mugabe

Theresa ·

Ek stem saam met nog ‘n kommentaar hier bo, dat dit ‘n vernederend is om so ‘n president aan die hoof van hierdie land te hê. Mag daar binnekort ‘n statige, intelligente, regverdige persoon die belangrike rol beklee.

Hanli ·

Daar is baie ste veel mense wat van die Social Grand afhanklik is. Hoekom begin hulle nie met “Family Planning” nie. Vat liewers die Social Grant weg en sit a stelsil in. Vir die eerste 2 kinders, kry hulle verniet skool opleiding. Enige kinders daar na moet hulle vol skoolfondse betaal.

Christa ·

Dit sal NOOIT gebeur nie!! Kan jy dink wat dit ZUMA gaan kos?? En onthou: Hy is NOG NIE KLAAR NIE!!!!

Hendrik ·

So toe die Min van Finansies verwyder was, watter sort demokrasie het toe gegeld?

Johanna Botha ·

Gladnie meer trots om Suid Afrikaa s te wees nie …eintlik nou skaam. Ek verstaan nie hoe redeneer die man …wat het demokrasie te doen met verantwoordbaarheid maw jou werk doen …lyk my demokrasie beteken jy kan maar maak soos jy wil en dat dit eintlik ook demokrasie is … die man moet net wakkerskrik as hy kan wat so n verleentheid as n hoof het SA nog nooit beleef nie !

Johanna Botha ·

Gladnie meer trots om Suid Afrikaans te wees nie …eintlik nou skaam. Ek verstaan nie hoe redeneer die man …wat het demokrasie te doen met verantwoordbaarheid maw jou werk doen …lyk my demokrasie beteken vir hom jy kan maar maak soos jy wil en dat dit eintlik ook demokrasie is … die man moet net wakkerskrik as hy kan wat so n verleentheid as n hoof het SA nog nooit beleef nie !

SARIE VAN HEERDEN ·

Dawie Rhoodt het gister op die program, Via, kanaal 147 Zuma se stelling dat mens iemand nie voor ‘n oortreding kan berispe of straf gese: “Sou dit nie van pas wees om iemand te keer as hy bv teen ‘n bult opry tot bo by ‘n blindehoogte met sy motor AAN DIE REGTERKANT van die pad (soos ons hier in SA). Jy sien mos moeilikheid kom en moet vroegtydig optree!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.