Video: Zuma verdedig SAL se Myeni

Pres. Jacob Zuma (skermskoot uit die video)

Pres. Jacob Zuma (skermskoot uit die video)

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag sy vertroue in die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, bevestig en gesê die lugredery se probleme het al voor haar aanstelling begin en talle het al probeer, maar was onsuksesvol om dit op te los.

“Die SAL is al vir ʼn geruime tyd in die moeilikheid,” het Zuma aan die Nasionale Vergadering gesê tydens sy kwartaallikse vraag-en-antwoordsessie wat oorheers is deur vrae van die opposisie oor die ekonomie.

“Ons het al verskeie maniere probeer en daar was al verskillende uitvoerende hoofde. Ek sien nie enige verskil in dit wat sy gedoen het en wat ander voorsitters gedoen het nie,” het Zuma gesê. Hy het daarop gewys dat die raad van die SAL saam met die nasionale tesourie werk om die lugredery om te keer.

Toe die Demokratiese Alliansie daarop wys dat Myeni se naam nie voorgestel is vir die nuwe raad wat vandeesmaand aangekondig is nie, het Zuma gesê hy was nie by die kabinetvergadering teenwoordig toe die raad aangewys is nie. “Ek was nie eers daar nie, so ek het nie eers in die kabinet betoog nie.”

Pravin Gordhan, minister van finansies, het verlede week in die Nasionale Vergadering erken dat die raad ʼn “produk van kompromie in die kabinet” is. Op ʼn vraag oor sy opinie van Myeni, het hy gesê die raad werk saam as ʼn kollektief.

Myeni was in ʼn stryd gewikkel met die nasionale tesourie nadat sy daarop aangedring het dat ʼn kontrak met Airbus weer onderhandel moet word, en alhoewel dit gebeur het voor Gordhan na die portefeulje teruggekeer het, was die verwagting dat Gordhan haar sou vervang.

Zuma kon nie DA-leier Mmusi Maimane se vraag, waarom hy aan die hoof geplaas moet word van ʼn nuwe samewerkende raad oor staatsbeheerde entiteite nie, aangesien daar reeds ʼn interministeriële komitee oor staatsbeheerde ondernemings bestaan onder leiding van adjunkpresident Cyril Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Popeye ·

Natuurlik sal hy vir haar pleit. Die gekheid bly net aangaan.

PJ ·

Wonder net hoeveel van die geld wat die Staat voorskiet vir SAL na die zuma foundation gaan

Cruz ·

Dis n ooglopende rat voor die oë draaiery van Zuma teenoor sy landsburgers.
Hys die ergste ramp wat Suid Afrika nóg getref het!
Hou hom net daar ANC.Jul turf gaan goed sit met 2019 verkiesing!

Lance ·

Hy ken nie eers 2 punte van sy 9 punt plan om die ekonomie te red nie ….was so snaaks op tv. Hoe hulle die man kon kies as leier …hy is die grootste ramp en verleentheid vir die land…hy wen egter baie stemme vir ander partye wat great is

John ·

Nog ‘n huwelik kan vanpas wees en nog ‘n paleisie vir no ? sal ons land baie geld en verdriet spaar… Al die buitebande aan die Zoeloe-rover kos ons, met ‘n papwiel wat wag op versool te word en diens te doen as die rovertjie rol… Pyn en lyding, broers en susters, wag met ‘n seer hart…

Willie ·

Ja John wat hartseer is, is die feit dat die insleepdiens ook n pap band het..

Anoniem ·

Geagte Prez, jy sê die feit dat Dudu nie die SAL tot dusver uit stormwaters kon lei nie, beteken sy is nie minder suksesvol is as die vorige voorsitters nie. Die langdurige probleme dui egter eerder daarop dat Dudu, die vorige voorsitters EN vorige rade nie ‘n goeie job daarvan gemaak het nie. Al manier om die lugdiens te red , is om ‘n BEKWAME voorsitter en raad aan te stel (ongeag kleur of politieke “connections”)!!!

Sê net ·

hy hoef nie teenwoordig te wees om sy wil af te dwing nie. Dink hy ons is onnosel?

My opinie ·

zuma erken hy sien nie (weet nie – nie dat hy regtig veel weet nie) wat sy anders as die vorige uitvoerende hoofde van die SAL gedoen het. Behalwe dat sy haar en sy wil afgedwing en werknemers aangestel en afgedank het wanneer hulle nie in die zum-myeni plan ingepas het nie. Raak ontslae van haar en stel ‘n bekwame, regverdige en ervare persoon aan ongeag ras of geslag.

Albert Marais ·

As hy beweer die SAL is al so lank in die moeilikheid, hoekom dan nog weer dieselfde persoon aanstel wat dit nie in die eerste plek kon regmaak nie.
Moet wees dat hy dalk haar in die oog het vir vrou nommer elf

humor ·

Ja vandat flat wheel de Klerk alles oorgee het bly die bande constant versool en pap. Ook eie aan ons brandweerwa op ons dorpie.

humor ·

Albert n redenasie is so eie aan z. Hoe kan 0 uit 9 dan anders redeneer. Trots Afrika.

Jean ·

As daar nie ‘n verskil was tussen haar en haar voorgangers nie, beteken dit julle het NOGSTEEDS die verkeerde persoon in die posisie. SAL kort dringend hulp, hulle kort dringend goeie leierskap, om iemand aan te stel wat ook niks anders as haar voorgangers is nie, beteken maar net weer julle het en gaan weer die verkeerde keuse maak. Julle sal nooit daardie lugredery omgekeer kry met die mense wat julle bly aanstel nie. Ek is bly jy voel geboelie Mnr Zuma, dis hoe ons ook voel, jy doen dit net met ‘n sak vol geld, en ons met leë beursies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.