Video’s: Bekendes wens Maroela geluk met ons 10de verjaarsdag

Oor die afgelope 10 jaar het ons Afrikaanssprekendes genooi om in ons sitkamer te kom sit en kuier. Ongeveer 2 miljoen lesers kom maak tans maandeliks ʼn draai by die kombuistafel om stories te deel, saam te lag en saam te huil.

Dit is met groot genade dat ons onder hierdie groot Maroela-boom met julle alles kan deel wat vir die Afrikaanssprekende belangrik is: van meningsvormers se debatsgesprekke, lekkerleesrubrieke, goeie nuus, sportnuus, landboustories, resepte, taalbrokkies, leefstylrubrieke, allerhande eienaardighede en vreemde stories tot vermaaknuus en selfs elke jaar ʼn splinternuwe radiovervolgverhaal.

Om nie eers te praat van ons app, gratis resepteboek of nuusbriewe waarvan jy kan deel word nie.

Ons het op 29 Julie 2011 ons digitale deure vir die eerste keer wawyd oopgegooi vir die Afrikaanse gemeenskap en vandag, 10 jaar later, is dit heerlik om nog steeds net so lekker saam met julle te kan kuier. Dankie vir elkeen van julle wat getrou jou nuus op Maroela kom lees!

Lizz Meiring, aktrise en raadslid van die Teaterbystandfonds (TBF)

Sanger en skrywer Jak de Priester

Radio-omroeper en sanger Riaan Grobler

Sanger Ruan Josh

Skrywer Jaco Jacobs

Skrywer Fanie Viljoen

Tenoor Jannie Moolman

Skrywer en joernalis Maretha Maartens

Stasiebestuurder van Eden FM, Morné Pietersen

Radiodramavervaardiger en regisseur Bettie Kemp

Lyntjie Jaars, radio-omroeper en televisie-aanbieder

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit

Maroela Media is vandag 10 jaar oud. Ons is almal só trots op die span. Gemeenskapmedia op sy beste! Deel jou gelukwensing hier.

Posted by Dirk Hermann on Thursday, July 29, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ansie

Baie hartlik geluk met julle 10de verjaardag. Mensig, maar die tyd vlieg! Baie dankie vir uitstekende nuus, artikels, resepte en soveel ander. Sien daarna uit om nog lank met julle te kuier.

Delilah

Veels geluk met jul 10de herdenking – mag daar nog vele nuus wees Ek geniet dit om daagliks op hoogte te wees van al die gebeure in ons land CHEERS!!!