Video’s: ‘Dief’ val deur winkel se dak

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Vermeende rower het Dinsdagoggend vroeg deur die dak van die Crossing Superspar in Nelspruit, Mpumalanga geval.

Chris Christie, hoofbestuurder van die Superspar, het aan Maroela Media gesê ʼn ander bestuurder het nagskof gewerk toe sy kort na 01:00 ʼn harde geluid gehoor en die paniekknoppie gedruk het.

Christie het gesê die man het naby die sigaretttoonbank sowat 4 meter ver deur die winkel se plafon geval. Die val het hom bewusteloos gelaat. Veiligheidsbeamptes van Hi-Tech-sekuriteit en ADT was volgens Christie binne sekondes op die toneel en die polisie sowat vyf minute later.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Die onderstaande kringtelevisie-beeldmateriaal is deur Superspar aan Maroela Media verskaf:

[wpvideo l5bMgtaF]

[wpvideo IErA4t0x]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.