
Neelis Janse van Rensburg, een van die ontstoke inwoners in Hartbeespoort (Skermskoot uit die video)
Inwoners van Hartbeespoort het Saterdagoggend ʼn brandkraan beskerm waarvandaan vragmotors glo water na afgeleë gebiede vervoer het.
Maroela Media het vroeër berig Rand Water het Vrydag die watertoevoer na Hartbeespoort in Noordwes verminder weens agterstallige skuld van die Madibeng-munisipaliteit. Erna Rossouw, raadslid van die Demokratiese Alliansie, het in ʼn verklaring gesê groot gedeeltes van die dorp is tans sonder water terwyl vragmotors van die munisipaliteit steeds duisende liter uit brandkrane wegry.
Cormorant berig die water word na Letlabile en Oukasie vervoer.
Die gebruiker Deon van Huizen het die volgende twee video’s op YouTube gelaai waarin Rossouw verduidelik dat die gemeenskap hul water wil beskerm en ʼn ontstoke inwoner, Neelis Janse van Rensburg, vertel waarom hulle die brandkrane geblok het.
Lees alle vorige berigte oor Hartbeespoort op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Welgedaan ! Daar moet op meer tereine voet neergesit word.
As n Harties inwoner het ons al die vrae gevra oor die trokke wat so by die brandslang punte water steel…..daar is vir ons gese dit is die Madibeng Munisipaliteit? die water word aangery na die nederstettings regoor die myn op pad Brits toe! Daar is geen dienste, die paaie val uitmekaar, swart sakke en vullis word partykeer eers na 2 weke weg gery! Dankie tog vir die mense wat bereid was om op te tree en te se tot hiernatoe en nie verder nie, ons betaal vir die water wat gesteel word, ergste is dan word die brandkrane sommer… Lees meer »