Video’s: ‘Jerusalema’-koors pak SA

Die trefferliedjie Jerusalema en gepaardgaande dansuitdaging is steeds besig om soos ʼn veldbrand te versprei.

Die musiekvideo van Master KG en Nomcebo Zikode is al meer as 150 miljoen keer op YouTube gekyk. Reg oor die wêreld neem mense aan die sogenaamde #JerusalemaDanceChallenge deel en word video’s daarvan op sosiale media gedeel.

Die presidensie het Donderdag ʼn klomp video’s op Twitter gedeel nadat pres. Cyril Ramaphosa op 16 September ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om op Erfenisdag dié dansuitdaging aan te pak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

NEO ·

Nog iets wat die media opblaas en die meerderheid steur hulle nie aan die snert nie. Stel in niks beland wat die kommunistiese ANC opdus nie.

Werner ·

Kon dit nie beter gestel het nie Leon .Die arme ou liberales gryp na enige strooi om hulle reenboog droom weer op dreef te kry. Maar intussen word ons ou mense en boere verkrag en vermoor .Weet nie was jou IK moet wees om jou aan sulke snert bloot te stel nie terwyl jou mense vermoor word

Janine ·

Ons erfenis word daagliks verniel en verwoes. Alles wat opgebou was, word afgebreek. ramaposa behoort homself dood te skaam! En elkeen wat aan hierdie belaglikheid deelneem, ook.

Anon ·

Ja, dans terwyl Rhamaposa die land voor julle oë in ‘n Kommunistiese gemors omskep en standbeelde verwyder en ons uitwis.

Adriaan ·

“Controlled media plays a major role in shaping the narrative(s) to keep you powerless [helpless] and asleep [unaware of truth].”

Charles ·

Julle moet lekker dans, een van die dae is dit die bankrot sokkie…

Gawie ·

O maar ons het ‘n klomp negatiewe mense onder die Maroela-lesers! Hier is nou iets wat regtig mense van verskillende kuilture die laaste ruk saamgebring het, maar nee, julle moet met alles fout vind. Geen wonder ons sukkel om eenheid in die land te bewerkstellig nie!
Of is dit dalk omdat die hele ding by swart mense begin het? Indien wel, begin dan ‘n volkspele-challenge en dryf dit, maar moenie ander kulture afskiet nie.

Dries ·

Ai toggie Gawie. Maak oop jou oe. Om n nasie saam te bring beteken. Verwoes eers jou eie kultuur, monumente en taal dan kan jy saam ons dans. Word tog wakker asb.

Vrijburger ·

Nie negatief nie, kwaad. Ons word as derde klas burgers behandel maar dan word daar verwag ons moet dans en kumbaya sing. Dit is tipiese Stockholmsindroom.

Vonkprop ·

Ek is nou al so moeg vir hierdie liedjie. Selfde storie met Macarena, Gangnam Style ens ens ens. Magtig man moet alles so ge-oordoen word. Gelukkig kan ek darem kies waarna ek kyk en luister. En terloops Ramaphosa, hierdie liedjie gaan nie SA red nie. Jy moet nog steeds jou werk doen, of probeer doen in jou geval.

Vrijburger ·

Dans op die hoof indoena se versoek? Verseker nie! Ek ly nie aan Stockholmsindroom nie.

“Stockholmsindroom is ’n sielkundige fenomeen waarin gyselaars empatie betoon en positiewe gevoelens openbaar teenoor hul oorweldigers, soms in so ’n mate dat hulle die oorweldigers verdedig. Hierdie gevoelens word oor die algemeen as irrasioneel beskou in die lig van die gevaar of risiko waartoe die gyselaars hulself onderwerp. Die gyselaars beskou dan verkeerdelik die gebrek aan mishandeling van hul oorweldigers as ’n goedgunstige daad.”

Lourens ·

Skande dat julle saam met die terroriste en kommuniste dans.

Andrew ·

Marrewhy??? Kom ons dans dans Oom Paul en Afrikaans, saam met onself in die see in. Soos daai rotte wat die fluit volg.

groenboer ·

Ek kan nou eenmaal nie byhou met popkultuur nie. Ek is seker die enigste oorblywende ou in die land wat geen idee het wat die hele Jerusalema-ding eers is nie, en ek kan ook nie bodder om enige van die videos te kyk nie. Oor twee weke het die ding weer oorgewaai, en het ons ‘n nuwe ding om ons aandag af te lei…

Adeline ·

Ramaposa jy moet weet nie een van jou opdragte geld vir my nie – jy is nie my leier – skepper – of wat ookal nie – Ek volg jou nie – verseker nie – jou korrupte misbruik van “godsdienstige liedere” om ‘n eenheid te vorm wat nie bestaan onder die nasies in Suid-Afrika is blatant ‘n kriminele optrede – Zion (Jerusalem) behoort aan die Skepper van die Heelal en ek wonner of jy Hom in die oë kan kyk en ek wonner of jy weet hoe Sy oë lyk? Verseker weet jy nie dit is hoekom jy sulke arrogante versoeke kan rig vir erfnis dag. Pateties verby.

Jack ·

Saam met jerusalema wat goed rym met malema sal ons almal nog ondergaan. Dit is waarskynlik die nuwe volkslied en oorlogslied. Tyd sal leer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.