Video’s: Ouma, student veg terug teen boewe

‘n Skermskoot uit die video.

Die afgelope week word daar twee video’s op sosiale media versprei wat wys hoe twee vroue teruggeveg het toe hulle die slagoffers van misdaad geword het.

In een van die video’s wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei kan daar gesien word hoe ʼn wit voertuig in die oprit van ʼn huis intrek en nog ʼn wit voertuig skielik ook ingery kom voordat die hek kan toemaak.

Drie mans spring uit die agterste voertuig en hardloop na die voorste voertuig terwyl hulle met vuurwapens teen die voertuig se ruite tik en die deure probeer oopmaak. Na ʼn rukkie sit die bestuurder, ʼn vrou, haar voertuig in trurat en pyl op die kapers se motor af en stamp dit.

Die kapers hardloop na hul voertuig en die vrou ry weer vorentoe. Die kapers begin wegry, maar die vrou sit weer haar voertuig in trurat en stamp die kapers se motor in die pad. Dit lyk dan of een van die kapers uit die motor wil klim, maar dié keer ry die vrou vorentoe en stamp die kapers se motor aan die passasierskant.

Die ander video wys hoe ʼn jong vrou langs die pad stap en ʼn wit Toyota Avanza langs haar stilhou. ʼn Man spring dan uit die voertuig en gryp die vrou en probeer haar in die voertuig indwing. Die vrou baklei egter terug en kan daarin slaag om weg te kom.

Die man spring dan terug in die voertuig voordat hulle wegjaag. News24 berig die voorval het in Rembrandt Park, noord van Johannesburg, plaasgevind en dat die 21-jarige vrou van haar kampus huis toe gestap het. Sy het die voorval by die polisie aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Dries ·

Knap gedaan dames. Mag di boewe bewus word van julle stille krag!

Mrs.B ·

Nou dit is hoe dit gedoen word. Kalm bly en vinnig dink, wel gedaan dame.

Mvn ·

Ek dink dit was onverantwoordelik, hulle kon die ouma en die student geskiet het….daar was meer as genoeg tyd gewees daarvoor as dit die plan was.

Joe ·

Wees maar versigtig vir Reza – BV daai was n 21jarige student en nie skoolkind nie, hulle “feite” is darm maar baie pap.

Cornelia ·

Dit is so onaanvaarbaar. Die selfskade waarmee mense hul lewe en eiendom moet verdedig. Om jou eie voertuig tot skroot te verwring net om nog ‘n dag langer te oorleef? Die dame se skade is enorm. Die student se veiligheids gevoel verpletter. Dit is te betreur.

Liezl ·

Ek sal nie omgee oor my skade as ek n kans het op oorlewing nie. Klim jy uit en gee al jou goed en hul skiet en verkrag jou in elk geval of veg jy terug en hoop vir die beste? Well done ouma! ‘n Medalje vir jou

Sandy ·

Dis reg. Dis tyd dat ons terugveg en nie meer die nonsens van die blatante kriminele vat nie. Hulle vat en vat tot in die blote daglig, en ons is magteloos. Wel soos die 2 dames gewys het, no more. Mooi so julle. Julle het teruggeveg tenspyte van die gesmashde kar. Jy het mos insurance.

Versekering ·

Ek sal graag wil weet of die versekering sal uitbetaal in so geval?

Ken ·

Nee hulle sal nie, AS hul sou betaal sal dit n klein bedrag wees, omdat jyself die besluit geneem het, en al se jy jyt gepanic, bewys die video sy was in beheer van haar denke. Jammerte maar dis nou maar hoe insurance werk

goeie vraag ·

dis selfbeskadiging wat meriete het. ek hoop hulle betaal sie skade.

HPV ·

Ek glo hulle sal betaal, hulle kon die hele motor verloor het en sou dan moes betaal. Nou betaal hulle net vir die skade, maw sy het deur haar besluit die versekering geld bespaar!

Nou ja Toe. ·

En maak geen fout nie Ken.
OUT Surance ‘for sure’ in weiering om te betaal.
Hul kwansuise welwillendheid die grootste foefie naas Pienk Frikkie se waarborg van ‘wigte en teenwigte’.

LB S ·

Maar natuurlik sal die versekering uitbetaal. Maggies, dit is mos nie aspris gedoen nie.

a ·

Hulle wou haar kaap, so as hulle vining van die motor ontslae wou raak kan hulle haar nie skiet nie, dit sal ‘n bloedige gemors afgegee het, en wie gaan so motor vat.

Asjas ·

Ek sal ook eerder later met die versekering praat as noooit weer met niemand nie.

Vee ·

Wat egter baie kommerwekkend is , is dat die dinge handuit ruk!
Daars geen afskrikmiddel tenopsigte van misdade in ons land nie.
Hy word gevang, verhoor en tronk toe gestuur . . . wat geensins meer n afskrikmiddel is nie!
Ons as lesers lees elke dag hierdie nuus op Maroela en selfs dit word subtiel weggeskuif nadat ons gelees het, hande afgekap leef ons net verder in vrees en bid dat GOD ons en ons geliefdes dit mag spaar! WAAR GAAN ONS HULP VANDAAN KOM?
WAT IS DIE ANTWOORD . . . . al besef ons dis tekens van die laaste dae

Elsje ·

Is dit nie dieselfde tipe voertuig wat in albei gevalle gebruik is deur die rowers nie???

Elke ·

Elsje, ek dink jy is dalk reg. Ek het ook weer en weer na videos gekyk en dit wil vir my ook lyk of dit doeselfde voertuig kan wees. Skokkend!!

Poppie ·

Hier waar ek bly is 99% van die taxies Toyota Avanzas. En wit of silwer. En ja die versekering sal uitbetaal. Ek is n makelaar en jy moet kyk wat die minimum skade gaan wees. Hele motor verloor of laat regmaak. Indien afgeskryf kan die versekeraar die wrak nog verkoop ook. Ek praat nie van Outsurance nie. Ek praat van waar die klient deur n makelaar werk.

Gesiggie ·

Well done aan hierdie vrou… jy het nou wel jou kar beskadig, maar jy lewe… waarlik goeie optrede van jou, kan net dink wat als deur jou kop moes gaan toe hul met gewere langs jou kar staan, ek is net verlig dat hul nie geskiet het. N mens se lewe is meer werd as enige iets… so baklei terug as jy kan, maar in party gevalle is dit nie so maklik. Hoop hul word gevang”ja dit lyk nogal vir my ook na selfde voertuie vir albei gevalle??

Esther Elizabeth Nigrini-Brink ·

Wat daardie ouma gedoen het laat mens regtig dink…. Dis of ‘n koel deur die kop of die motor baie trots op u….. En op die ander dame …..

Asjas ·

As sy uitgeklim het was sy haar kar en haar lewe kwyt!! Hoekom mag jy nie jou kar as selfverdediging gebruik nie?? As ek in optog vasgekeer word sal ek ook ten alle koste (skade aan my kar) daar weg kom. ‘n Lewe beteken niks vir die mense nie. Ek praat in die week met my versekering om te hoor wat hul se en as ek moet sal ek ekstra versekering uitneem.

Emma ·

Ons almal so gatvol vir misdaad. Dit is tyd dat rowers 2de kom. Goed gedoen.

Pieter Smit ·

Dankie wu
graag dit sien om voor te berei vir so ;n moontlikheid.

Alwyn ·

Sien daar word gepraat van sy het paniekknoppie gedruk.Wonder net van wat het geword van ouens aan ander kant van paniekknoppie.Waar was hulle.

Onverantwoordelik ·

Ek is bitter bly die mense het nie seer gekry nie maar dit is ongelooflik onverantwoordelik. Die rowers Wat die motor probeer kaap se adrenalien hardloop ongelooflik hoog. Dit kan n sekonde se twyfel wees en die highjackers kan hulle doodskiet. As jy besluit om te ry, duik af sodat hulle jou moeiliker kan skiet. Hulle is gelukkig om te lewe want baie mense het dieselfde Al probeer en het dit nie oorleef nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.