[Video’s] Paul O’Sullivan vrygelaat

Paul O'Sullivan

Paul O’Sullivan

Die forensiese speurder Paul O’Sullivan is Maandagaand laat vrygelaat nadat hy vroeër die dag naby die kantoor van sy regsverteenwoordiger in Pretoria in hegtenis geneem is.

Willie Spies, O’Sullivan se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt is kort voor middernag vrygelaat nadat hulle ʼn hofbevel bekom het. O’Sullivan se regspan het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Volgens Spies het die polisiebeamptes wat O’Sullivan in hegtenis geneem het hulle nie gesteur aan ’n vorige hofbevel waarvolgens die polisie vir O’Sullivan 48 uur kennis moet gee voordat hulle hom in hegtenis neem nie.

O’Sullivan het kort ná sy vrylating gesê hulle gaan ’n klagte van minagting van ’n hofbevel teen die polisie indien. “Hulle het my geïntimideer, maar dit het nie gewerk nie.”

'n Dringende hofaansoek is laat Maandagaand aangehoor.

‘n Dringende hofaansoek is laat Maandagaand aangehoor.

Maroela Media het vroeër berig O’Sullivan het Spies by sy kantoor gaan spreek en is in hegtenis geneem toe hy by die perseel uitgery het. “Die polisie het hom buite die kantoor ingewag. Ons het hulle glad nie gesien nie. Hy het uitgery en die volgende oomblik het daar omtrent sewe verskillende voertuie uit vier verskillende rigtings gekom om hom voor te keer en hom in hegtenis te neem,” het Spies gesê.

Spies het vroeër gesê hulle vermoed O’Sullivan se inhegtenisneming hou met dieselfde aanklag verband as waarop Sarah-Jane Trent (32), O’Sullivan se assistent, Vrydag in hegtenis geneem is. Die klagte teen Trent is dat sy haar as ʼn werknemer van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) voorgedoen het. Spies het die klagte voorheen as “belaglik” bestempel en ten sterkste ontken dat Trent haar ooit as ʼn Opod-werknemer voorgedoen het. Maroela Media het vroeër berig Trent is Sondagaand laat op borgtog vrygelaat.

AfriForum het in Oktober verlede jaar sy teenkorrupsie-eenheid, in samewerking met O’Sullivan, in Centurion bekend gestel om korrupsie te beveg. Spies het vroeër gesê Trent het gehelp met die formulering aan ʼn klagte wat deur Opod ondersoek word en verband hou met bewerings dat die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by korrupte aktiwiteite betrokke was.

Opod ondersoek glo hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te bou. Phahlane ontken egter dat hy by enige misdrywe betrokke is. Hy het Maandag hofstukke aan Opod, O’Sullivan, Trent en landdros JR Tsatsi beteken en wil daardeur ’n interdik teen O’Sullivan verkry wat hom verhoed om by Opod se ondersoeke teen hom betrokke te wees.

‘n Onderhoud met O’Sullivan na sy vrylating:

‘n Video wat tydens O’Sullivan se inhegtenisname gemaak is:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

jaco ·

hierdie man het n Ierse paspoort. As hy sy bas wil red, moet hy NOU suid-afrika verlaat. . Wat moet nou nog gebeur voordat hy sien hy is n gemerkte man in SA en die korrupte regering wil hom vasvat??? En by the way, ek sal al my tande SONDER verdowing laat trek as ek weet dis al manier om politieke asiel/burgerskap in ‘n land te kry waar dit beter gaan as in SA. O’Sullivan is BAIE bevoorreg om ook Ierse burgerskap te hê. Dis vreemd dat mense met sulke “agterdeure” nog steeds in hierdie stupid land aankarring.

Afrika-op-sy-beste ·

SEWE polisievoertuie en die hele lot in ‘n werkende toestand?! Ek kan dit skaars glo!! Daar is ook seker ‘n ‘polisiemag’ van ten minste 7×4=28 MANNE en natuurlik tot die tande gewapen.
SAPD, eish!!

AL ·

Gewoonlik kla die polisie hul het n mannekragtekort en voertuigtekort. Hoe dan nou?!

Jan ·

Al, kyk maar as daar betogings en toi-toi is, hulle is op hul effektiefste as hulle in groepe of in hul massas optree.

Etienne ·

Ja-nee, die puppets of a corrupt state. Vasbyt, mnr O’Sullivan.

Bekommerd ·

Skrikwekkend as die polisie so optree en die wet minag. Hulle behoort almal geskors en afgedank te word

AL ·

Se ek ook! Sterkte mnr Sullivan, ons staan saam met jou. Hierdie land ontaard in n gangsta paradise!

GES ·

Ek wonder of daar ook insleepvoertuie saamgekom het om die polisievoertuie in te sleep as daar van dit sou breek gedurende die operasie. Wonder maar net … 7 voertuie, sommige beamptes was seker werktuigkundiges ??

FM ·

Dis reg Afriforum!!!!! Dis tyd om die korrupte, magsbehepte, ongeletterde en onopgevoede beamptes deur middel van die wet vas te vat. Waar kan n gewone polisieman n huis van R8 miljoen besit, n gewone staatsamptenaar? Vlek alles oop, tot op die been. Korruptes sidder!!!!!En Gerrie Nel het nog nie eers begin nie.

John ·

Hoe interpreteer Afrika, reg of verkeerd… en etiek? Gaan dit eerder oor dit waarmee jy kan wegkom (vergrype dus) en die doel heilig die middele? Gaan dit beter elders op aarde?

Johann ·

As jy nie vir hulle is nie, is jy teen hulle, dan is jy sommer ook gebrandmerk as ‘n rasis.

Danie ·

Benoude katte maak benoude spronge seersekerlik is daar n paar mense wat stress die wiel draai verseker.

johan ·

verbaas die enige iemand ons hele land is van 1994 af al net in die hande van ‘n klomp skelms

CL ·

Al my respek aan O’Sullivan. Dit moet baie moeilik wees. As meer van ons so kan wees…

AL ·

O Sullivan het die moed van n leeu. Afriforum is self vreesloos ook. Ek salueer julle.

Ouvrou ·

Hierdie is n totaal oorloop na kommunistiese gedrag. Ons gaan ook net begin verdwyn. Probleem is die res van die wereld gaan dit deesdae sien want daars altyd n kamera oog op die loer.

jaco ·

Ek wens net hulle wil regte kommunisme begin toepas. Daar was behoorlike wet en orde in kommunistiese lande en vir baie misdade vas die vonnis die doodstraf. Almal het werk gehad, nou nie met die wonderlikste betaling nie, maar niemand was werkloos nie. Daar was ook nie plakkerskampe nie. goed soos beurtkrag en waterbeperkings was onbekend. Daar was soms persoonlike verryking van party leiers, amper soos Nkandla, maar dit het nie in alle kommunistiese lande gebeur nie. Die leiers van Oos-Duitsland, Hongarye, Pole en Tsjeggo-Slowakye het doodgewone lewens gelei. Ek weet Christene is vervolg of aan bande gelê, maar in vergelyking met al hierdie ander voordele, was dit maar ‘n klein prys om te betaal.

jaco ·

een van die oorspronklike klagtes teen hom, was dat hy glo met die verkeerde paspoort SA verlaat of binnegekom het. Nou wil ek maar net weet, waarom word NIKS gedoen aan 5 MILJOEN onwettige immigrante nie? Meeste van hulle het net oor ons landsgrense gestap en het GEEN paspoorte en ander reisdokumente nie.

Milan ·

Wonder wat het vd 9de gebod geword.? Jy mag nie valse getuienis teenoor n ander spreek nie. Dit is tipies hierdie staatsdiens van ons se taktiek. Subtiele magsvertoon aan die hand van intimidasie.

Johann ·

En natuurlik het hulle ‘n uitputbare bron van finansies.

marianna ·

Wel as hy selebi in die tronk kon kry kan hy seker ook hierdie phaphlane in die tronk kry, hoop so . Hy weet wat hy doen.

George ·

Kyk almal weet dat jy nie tjorts op n Ier se voorstoep nie. Al wat hulle nou gedoen het is om hulle in n slegte lig te stel en Paul meer gemotiveerd gemaak het om hulle te kry! Hopenlik en ek dink teen die tyd is Paul al gewoond aan die komiese taktieke van sekeres en laat hom nie afskrik deur dit nie. Vat hulle flaffie!!!

Gilla ·

Hoe het die polisie geweet hy is daar? Het iemand by die prokureurs geklik of is hy agtervolg?

KP ·

Ek salueer jou. Vat hulle ordentlik vas en dagvaar hulle tot in die hel.

jaco ·

kan iemand my sê hoe kry n WIT man vanaf Ierland ook burgerskap EN WERK in Suid-Afrika. Watse regstellende aksie is dit???

Melt Olckers ·

O’Sullivan is ‘n miljoener sakeman wat sy eie onderneming bedryf wat spesialiseer in Forensiese Ondersoeke. Baie van die ondersoeke teen senior staatsamptenare befonds hyself.

pieter ·

hie,hie, he he sit hier agter.ONS WITTES SAL MOET SAAMSTAAN OF VLUG.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.