Swaar reën en stormsterkwinde woed tans in die Wes-Kaap soos die verwagte kouefront Saterdagoggend die suidelike dele van die land bereik het. Kusgebiede in die Oos-Kaap loop ook deur onder stormsterkwinde.
Die kouefront het teen vanoggend (Saterdag) reeds die suidwestelike en suidelike kusgedeeltes van die land en aanliggende binneland bereik met stormsterkwinde van tot 85 km per uur.
Volgens Storm Report SA het reën reeds oor gebiede soos Kaapstad, Somerset-Wes en die Strand uitgesak, met bome wat in dele van die Moederstad ontwortel is.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal reën en stormsterkwinde deur die loop van die dag in die rigting van die Suidkus beweeg, waarna dit die Klein-Karoo na verwagting vanaand sal bereik.
Rowwe seetoestande word tot Sondag aan die kus voorspel. Stormsterkwinde van tot 100 km per uur word in die Wes-Kaap en die Oos-Kaap voorspel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Nooit ‘n woord van dankbaarheid nie .
Die videos in hierdie berig speel nie…?
Dankbaar vir julle daar vir die reen
Daardie Bloekomboom het omgewaai agv die wortels wat afgegrawe is toe daar paaie gemaak is. My man was jare betrokke by tuinbou in die Munisialiteit en hy het baie gepraat oor bome wat se wortelstelsel ontwrig word wanneer sypaadjies gemaak word, dan kan geen boom storms weerstaan nie.