[Video’s] Skote klap in die openbaar

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het onlangse voorvalle in Howick en Hillcrest ten sterkste veroordeel waar mense oënskynlik na willekeur vuurwapens in die openbaar afvuur.

“Ons sal nie sulke gedrag duld waar vuurwapens lukraak afgevuur word nie, hetsy by begrafnisse, vergaderings of enige ander geleentheid,” het Langa Vrydag gesê.

Volgens Langa het die polisie van die voorvalle kennis geneem nadat twee afsonderlike video’s waar mense oënskynlik skerp ammunisie in die openbaar afvuur, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

“Ek prys ons polisiebeamptes wat vinnig opgetree en die voorvalle ondersoek het. Dit het daartoe gelei dat drie veiligheidswagte van ʼn private onderneming, onderskeidelik tussen 37 en 40 jaar oud, asook drie lyfwagte in verband met die voorvalle in hegtenis geneem is.”

Een van die voorvalle het na bewering in Hillcrest ná die begrafnis van ʼn taxibaas plaasgevind. Die veiligheidswagte het hulself Donderdag aan die Hillcrest-polisie oorgegee en sal na verwagting deur die loop van die dag in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige afvuur van ʼn vuurwapen in die openbaar.

Volgens Langa het die ander voorval Maandag in Howick plaasgevind toe lyfwagte skote tydens ʼn gemeenskapvergadering in die lug afgevuur het. “Drie lyfwagte is kort daarna in hegtenis geneem en het Donderdag in die Howick-landdroshof verskyn. Die saak is tot 17 Mei uitgestel vir nadere ondersoek,” het Langa bygevoeg.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapens en dit vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit in enige misdrywe gebruik is.

Hier volg die voorval wat na bewering in Hillcrest plaasgevind het:

Hier is die video van die beweerde voorval in Howick:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherise ·

What goes up must come down. Daar word nie daaraan gedink as daai rondte af kom grond toe en iemand tref nie. Wie gaan dan verantwoordelikheid neem. Geen woorde nie.

Cherokee ·

Jy is reg Cherise, en wie dit nie self kan bedink nie, behoort nie ‘n bevoegdheidslisensie hê nie.

Eish ·

Ja née, geen wonder wilde Weste rolprente word tans plaaslik vervaardig nie.

Willie ·

Ja nee kyk dis mos n kultuur ding… En niemand mag niks se, want dans dit rassities…. Hoop die man word vervolg…

HPV ·

Toelaatbare wetteloosheid en anargie is die kenmerk van die regime wat die land regeer. Raak maar gewoond daaraan want dit gaan nie beter word nie. Hoop en bid net jy verloor nie jou lewe in die helhool nie. FW en kie hoekom skryf julle nie vir ons iets in die verband nie? Julle is so stil, wonder of julle nog in die helhool woon?

Oom Kalahari ·

Die gebruik van ‘n vuurwapen benodig verantwoordelike optredes en nie Cowboys en Crooks spel in die publiek waar iemand noodlottig beseer of gedood kan word nie. Hierdie veiligheids beamptes is dan opgelei en waarom hierdie tipe misbruike en optredes. Hul moet onbevoeg verklaar word vir die gebruik van ‘n vuurwapen.

Leeu ·

Die groot sondebok hier is die ou wat die video mid recording draai.

Toenou ·

Hoe gaan jy dit nie duld nie?? Wat doen julle om onwettige wapens af te neem by mense wat dit onwettig besit? Met elke ANC byeenkoms staan die manne DIK GEWAPEN met (meestal onwettige wapens) want baie van die outomatiese en semi outomatiese wapens waarmee hulle paradeer mag jy nie in SA lisensies voor kry nie. DAAGLIKS vertoon mense op FB en op verhoe hulle wapens .. Umkhonto stal dit openlik uit en WAT DOEN JULLE?? Moenie nou weghardloop nie .. JULLE Maak dit so moeilik moontlik vir die WETSGEHOORSAME burgr om ‘n wapen te besit maar julle doen NIKS om onwettige wapens af te neem nie .. julle is heeltyd agter die wettige eienaars se sterte aan …

KP ·

BUTWhy so jy se ons in SA is in n oorlog. Ek dink jy is nogal reg veraal teen wit boere.

Jerry ·

Die wetteloosheid van wetstoepassers en gemeenskappe is n direkte gevolg van politici se wettelose grondgryp agenda en uitsprake asook provinsiale en plaaslike ANC en EFF raadslede se betrokkenheid as die opstokers. Anargie heers wanneer wetteloosheid aan die orde van die dag is en duidellik is daardie dag van anargie vinnig besig om nader te kom.

humor ·

So in ekstase om jou manhaftigheid ten toon te stel. Dit duur egter net totdat die amunisie op is. Daarna is dit maar weer net n lee pistool en n ronde nul.

El ·

Sal graag opvolg wil sien wat met die 2 sake gebeur en of die skuldiges ooit volgens die wapenwet gevonnis gaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.