[Video’s] Spanning by Mooinooi-boer se borgtoguitspraak

Matthew Benson. Foto: Molaole Montsho / ANA

Gemoedere het Vrydag weer hoog geloop by die Brits-landdroshof waar Matthew Benson (24) verskyn het in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing.

Die hof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Benson wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende.

Op video’s wat deur ANA geneem is, kan ʼn mens sien hoe Sheila Mopai, ʼn ondersteuner van Ndlovu se familie, luidrugtig met ʼn kennis van Benson praat. Na wat verneem word, is daar woorde verwissel toe die hof vlugtig moes verdaag weens tegniese probleme met die opnametoerusting.

Mopai het glo teen dié vrou uitgevaar oor beweringe dat Benson geen berou toon nie. Mopai sê ook een van Benson se ondersteuners het haar daarvan beskuldig dat sy die vrou intimideer.

Die polisie het ingegryp om die situasie te ontlont en orde te herstel.

Op 22 September tydens die borgtogaansoek het gemoedere ook hoog geloop toe Ndlovu-ondersteuners oor sitplek uitgevaar het. Lees meer en sien die video hier.

Ndlovu, van Majakaneng, en sy vriende is glo op 2 Augustus na Benson se plaas naby Mooinooi om skrootmetaal te steel, toe Benson hulle opgemerk en op hulle geskiet het om hulle te verjaag. Ndlovu is tydens die voorval in die been geskiet. Sy vriende het hom opgetel en probeer weghardloop met hom, maar glo agtergelaat aangesien hy te swaar was. Hulle het hom onder ʼn boom gelos en na ʼn berg gehardloop. Toe hulle terugkyk, het hulle Benson en ʼn groep mense gesien waar hulle Ndlovu gelos het. Ndlovu het daarna vermis geraak. Bloed is glo op die toneel gevind, maar sy liggaam is nog nie opgespoor nie.

Landdros Jethro Mosime het Vrydag Benson se borgtogaansoek van die hand gewys. Mosime het in sy uitspraak gesê Benson kon nie die hof oortuig dat dit in die belang van geregtigheid sou wees om hom borgtog toe te staan nie.

“Die aansoeker bly by sy meisie; hy het geen eiendom van sy eie nie. Daar is ʼn waarskynlikheid dat hy met die ondersoek en getuies kan inmeng,” het Mosime gesê.

“Die liggaam word sedert 2 Augustus vermis. Ses mense, onder wie die aansoeker, was op die toneel. Daar is ʼn sterk moontlikheid dat die aansoeker van die liggaam ontslae geraak het. Die polisie soek egter nog na die vermiste persoon.”

Benson bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 7 November.

Lees die vorige berigte oor Matthew Benson op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andrea ·

Sterkte meneer Benson! Kan my nie eens indink deur hoeveel stres Jy en jou familie moet gaan nie.

Eish ·

Dis n steil opdraende stryd wat voorlê vir die jongman.
Die oordonderende haat wat telkens oorspoel in die hof is skrikwekkend.

snoefie ·

as sy wit was, het sy defnitief die naweek in die selke deurgrbring oor minagting van die hof

Suzette ·

Beste van als is die seun kan enige plek wees. Hy kon gevlug het…….of die hele ding is een vet opgemaakte storie om n punt te bewys. Ek koop nie al die feite en bewerings nie.

Hendrik ·

Dis diskriminasie in die ergste graad dat hy borgtog geweier is. Was hy enige ander kleur sou hy al lankal vry gewees het! Word daar enigsens n saak teen die wetters gemaak wat die plaas betree het om te STEEL? Nee o hemel, Wat n siek, septiese situasie!

Manie ·

Die swartes het geleer dat hulle intimidasie tegniek werk om te keer dat borg toegestaan word

Boet Fasie ·

Sorry Mnr Benson as jy ‘n ” shack ” gehad het dan was jy lankal op borg vrygelaat. Verder is jou kleur nie gepas vir die hof nie en dan is jy nog ‘n witman , regtig jy gaan vir niks kwalifiseer nie, en ons bewakers oor afrikaner regte in die land is doodstil

Louis ·

Die dief het weggehardloop. Trek seker al in Nigerie.
As a zulu of xhosa dit in ons omgewing waag verdwyn hulle eenvoudig.
Diewe, indringers en moordenaars word onder geen omstandighede geduld deur Tswana’s nie.

KAREN ·

en so skitter afriforum agriforum en solidariteit weereens in afwesigheid ! maar sal ons naam vergat om internasionale krater van ons land te maak. Well done ek wonder of hulle ooit gehoor het van die bejaardes wat op mooinooi plaas aangerand is ? seker nie besig met statistieke !!!!

Vermeende ·

Die regshulp wat vir Me Engels aangebied is, kan dit ook aam Mnr Benson aangebied word of is dit nie polities korrek nie????

Leahim ·

Die boere gemeenskap moet maar net in hulle getalle by die hof opdaag en die hofsaal stofdig sit.

Johannes Meintjes ·

Om plotte en plaase te beveilig in ‘n land waar wetteloosheid seevier en die Staat nie sy burgers teen geweldsmisdaad en plaasaanvalle wil beveilig nie, is die taak op grondeienaars, inwoners en gemeenskappe baie groot. Tensy alle tersaaklike beveiligingsrolspeles bereid is om gefokusde strategie ter uitvoering te bepaal vir individue, buurtwagte, GPF deelname en sekerheidsmaaksappye, bly dit skynbaar ‘n politieke manipulasiespel waar wetsgehoorsame landsburgers en belastingbetaalers op die grond die spit toenemend afbyt en plaasaanvalle voortduur.

Pop ·

Afriforum kan die bulldog nie intree vir verdediging vir die jong mens nie. Ek verstaan nie hoe word jy aangekla vir moord maar daars geen lyk nie.

BANG JAN SE VROU ·

Insiggewend hoe vinnig mense wat iets aan voorheenbenadeeldes iets “verkeerds” doe (?) , opgespoor voor die hof gebring word en kom die vinnige beslissings daaromheen ook blitsvinnig. Is dit omdat witboere se moorde teveel is om aan aandag te skenk?

Chris ·

Sterkte aan die familie wat nog ‘n vermiste persoon soek. Miskien kan mnr. Benson meer lig daarop werp.

Peet J ·

Dit is duidelik dat die staat tot hede toe nie ‘n goeie saak teen Mnr. Benson het nie aldus Mnr. Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, ook dat die staat se saak huidiglik op spekulasie gebaseer is.
Die borgtogaansoek behoort beide kante , staat en aansoeker, volgens meriete oorweeg te geword het maar dit wil voorkom of weiering op ‘n eensydige tegemoetkomende besluit berus het.
Jeff Moyo, en die offisier in beheer van die hofverrigtinge moet toesien dat die omstanders en familie van Ndlovu nie rassespanning d.m.v. onbenullige uitsprake bewerkstellig nie.Mnr Benson is tans volgens wet onskuldig en dit is die plig van die hof om hom skuldig te vind en nie dié van die familie of omstanders nie.

Jannie ·

Die berig hierbo is so gekryf asof Benso klaar skuldig is,julle moet kyk na julle bewoording,gewoonlik word daar gese “Daar word Beweer….dan jou storie” tot iemand skuldig is…

G ·

Noudie dag het ‘n swartman erken hy het moord gepleeg, maar hy is vrygelaat oor die saak nie binne 48 uur aangemeld is nie, en die polisie glo nog bewyse moes kry, maar die witman word aangekla sonder dat daar eers ‘n lyk gevind is. Die ‘vriende’ het dalk self die man vermoor. Hoe ironies dat hul yskaste kan rondra as winkels leeggedra word tydens stakings, maar hul sogenaamde ‘vriend’, is te swaar om te dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.