[Video’s] Studente deur betogers in Neelsie vasgekeer

Twee video’s volg onderaan die berig.

Studente in die Neelsie. Foto: Bernard Pieters

Studente in die Neelsie. Foto: Bernard Pieters

ʼn Gespanne situasie heers by die Neelsie-studentesentrum by die Universiteit Stellenbosch (US) waar personeel en studente in die sentrum toegesluit is.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê werkers betoog op die kampus en het toegang tot die Neelsie probeer kry. “Die Neelsie se deure is toegemaak en daar is personeel en studente in die studentesentrum.”

Volgens Viljoen is die kampus se veiligheidsdienste en die polisie op die toneel. “Ons monitor die situasie en hoop om die probleem vinnig op te los. Sover ons weet is van die betogers werkers wat vroeër afgedank is sowel as uitgekontrakteerde werkers.”

Die protesaksie hou glo verband met die #OutsourcingMustFall-veldtog. Volgens Viljoen is daar ʼn vergadering vir later vandag beplan met verteenwoordigers van die werkers, vakbonde en die US se bestuur.

Bernard Pieters, AfriForum se kampuskoördineerder by Maties wat self ook in die Neelsie vasgekeer was, het aan Maroela Media gesê studente en personeel was vir sowat ‘n halfuur in die sentrum vasgekeer. “Die polisie het toe vir ons een ingang oopgemaak en studente en personeel wat wou, kon daar uitgaan. Die wat uitbeweeg het is egter deur die betogers geteister. Baie studente is egter nog hier in die Neelsie uit vrees vir hul veiligheid.”

[wpvideo BM02nG7F] [wpvideo 2qnBGJKZ]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ronnie ·

Never underestimate the power of stupid people in large crowds.

Michael ·

En wat doen die nikswerd klomp in die blou uniforms soos gewoonlik niks daar is net een manier om hierdie klomp te stop en ongelukkig mag ek dit nie hier noem nie,maar dit is soortgelyks aan wat by die Bloemfontein rugby wedstryd gebeur het.

webnet ·

soos gewoonlik sal hulle niks doen nie as die minderheid in gedwang kom nie. praat maar van wat nou vandag in die skole aan die gang is lafaards kan nieers arme kinders uitlos nie. hulle het skole afbrand omdat hulle onnosel is om veder te dink. n mens bou op om vooruit te gaan en vernietig alles in jou pad nie. geen verstand nie net n tor wat op die vloestof ronddrywe.

Yolandi ·

wat ek nie verstaan nie is dit, hulle wil he Outsourcing must fall…maar wie in hulle regte verstand gaan sulke tipie mense permanent aanstel..?? Dit help hulle saak mos niks nie..? Hulle het geen respek vir die plek waar hulle wil werk nie, vir die mense wat saam met hulle op die perseel is nie..maar jy moet hulle nou permanent aanstel..?? Hoe maak dit sin. Ek wens tog so die mense kan vir eens net bietjie dink oor wat hulle doen en wat dit is wat hulle wil bereik. Waar gaan hulle werk as die gebou af gebrand is..?

pop ·

Dis mos n gyselaar situasie?? So is dit ook nou in hierdie land toelaatbaar?

pieter ·

MISKIEN MOET HULLE HUL EIE UNIVERSITEIT KRY EN LEER VIR STAATS PRESIDENT DAN BEKOMMER HULLE OOR NIKS.

Henk ·

Hoe is dit moontlik,dis mos n gyselaars situasie,vat n klomp Bloemfonteiners soontoe!waar is die polisie?

yster 74 ·

Ongelukkig dink hulle anders as ons. Dit is jammer dat die pragtige land se tersiere instellings in so n wurggreep is. En die polisie vat hul tyd want dis almal se reg om te toitoi. En jou en my kinders kan nie vrylik studeer volgens ons demokratiese reg nie. Net sekere mense se regte kry voorkeur en die res word vertrap. Altyd n paar belhamels wat dalk nie eers meer studeer of op perseel werk nie.

Veritas ·

Waar is ons regskenners? Kan die studente in so ‘n situasie nie as gyselaars beskou word nie? Hulle word immers teen hulle sin daar aangehou.

Leon Coetzee ·

Die huidige regering het hulle mos so geleer , dus is alles deesdae aanvaarbaar. Die studente word basies as gyselaars aangehou, want hulle is toegesluit en kan nie uit vrye wil die plek verlaat nie. Daar word mos nie meer opgetree teen die mense nie , want dit is konsuis ‘n skending van hul menseregte . Verder laat die Universiteit deesdae alles toe.

Wat-ek-lees ·

“Ons monitor die situasie” beteken net mooi bokkerol. Waar is die weermag en die eintlike polisie?

wynand ·

Wie monitor wat? Dit is n gyselaarsituasie. Waarom word daar nie opgetree nie?Kruip wim alweer weg? Hy is net in die limelight wanneer dit hom pas nie waar nie?

Pieter ·

Dis nou ‘n tipiese kleuterskool wat deur kleuters bestuur word

wynand ·

Wim het mos gese dis reg so.Mense moet betoog.Waar is die man nou? Kruip hy weg?Hy is nie n man nie maar n muis. Wie monitor wat dit is tog belaglik. Dit is n gyselaarsdrama en moet dus as sulk behandel word.Terrorisme. Hanteer dit so. Studente betaal nie hiervoor nie.Hulle moet betyds wees vir klasse en loop deur die Neelsie. Wat nou daarvan ?Het klas gemis. Wie gaan hulle daarvoor vergoed? Dit is so onaanvaarbaar. Hoop die personeel kry iets reg met die rugraatlose wim knaap

poeksie ·

‘SlimWim’ net n vragie ~ `WHAT YOU GONNA DO WHEN THEY COME FOR YOU, BAD BOYS?! Moet asseblief nie dink jou wittebroodsdae gaan net vir altyd aanhou nie, hulle gaan jou nie ontsien nie ou bees. Sies man!

Rob ·

Wel Poeksie – party mense se wittebrood hou baie, baie lank aan. Ek sien geen silwer-randjie vir die nuwe verbeterde, “demokratiese” land nie. Sedert 1994 gaan SA net een rigting – en dis afdraend in die modder in.

Yvonne ·

Dis waar, Leeukuil. Intussen bly geregtigheid in die slag!

Blomkop ·

Ek dink dis tyd dat dieselle met hulle gebeur as wat met die myners by marikana gebeur het.

TDW ·

Is dit net ek wat sien wat aan die gebeur is? EFF oefen vir ‘n staatsgreep? Hitler het destyds presies dieselfde rigting gegaan!

TDW ·

Is dit net ek wat dit raaksien? EFF is besig om te oefen vir ‘n staatsgreep. Hitler het destyds ook so begin!

Andre ·

Hierdie lyk vir my na die wigte en teenwigte wat inskop. Waar is Pienk Frikkie nou?

tamboti ·

Ek wil iets se en gaan dit se, ONS HET JULLE MOS GEWAARSKU, nou is dit tyd vir die liberale om te voel!

Hannes marais ·

Stem saam met jou tamboti…glipsie…ekt vergeet…maties is n ultra ver lingse universiteit…dis hkm dai jongmans wat da binne vasgekeer was nie hul pad kon oopveg nie

Amanda Le Doux ·

Dit is vandat als en almal uitgekontrakteur is dat die klomp so staak. Stel hulle weer aan by die instansie maar laat hulle teken dat hulle aan geen stakingsal deelmeem nie, wan word hulle ommiddelik gefire! Toe niemand uit gekontrakteur was nie was dit belhamels van buite af wat getoi toi het en hulle was vinnig vasgevat. Maar bygese polisie was nog Polisie wat hul plig sonder inmenging kon doen en nie ban was hulle word vervolg nie!!!

Tom ·

So wat gaan gebeur as van die ouers n groep huursoldate instuur om hulle kinders te gaan red?

Hannes marais ·

Tom hkm gaan red die ouers nie self hul kinders nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.