Video’s: ‘Transformasie’ lei tot chaos by Varsitybekerwedstryd

‘n Skermskoot uit een van die video’s. Die video’s volg onderaan die berig.

ʼn Rugbywedstryd tussen studente aan die Universiteit Stellenbosch en die Nelson Mandela-universiteit (NMU) moes Maandagaand in Port Elizabeth stopgesit word nadat geweld, skynbaar oor raskwotas, tydens die wedstryd uitgebreek het.

Die Maties en die Madibaz het mekaar die stryd aangesê in die Varsitybekerreeks by die FNB Madibaz-stadion op die NMU se suidkampus toe die geweld agt minute ná rustyd uitgebreek het.

ʼn Groep studente, verbonde aan die studenteorganisasie Sasco by NMU, het glo op die veld gegaan, stoele rondgegooi en in onderonsies met sekuriteitsbeamptes, rugbyspelers en toeskouers betrokke geraak.

Die vonke het glo reeds aan die begin van die wedstryd gespat toe die volkslied voor die wedstryd gesing is en van die toeskouers tydens Die Stem-gedeelte gaan sit het.

Van die oproeriges wou na bewering ook met geweld by die universiteit se losie probeer inkom.

In een van vele video’s wat deur omstanders gemaak is en op sosiale media versprei word, kan gehoor word hoe een van die opstokers oor ʼn luidspreker skreeu “apartheid is verby”. Die Sasco-lede het glo ook gekla oor raskwotas en dat daar minder swart mense op die veld is.

Die wedstryd is net ná rustyd beëindig toe die Maties 19-0 voorgeloop het.

Die Maties-rugbyklub het kort nadat die wedstryd afgelas is, aangedui dat al hul spelers veilig en op pad terug na hul hotel is.

Die NMU se Sasco-tak het Dinsdag in ʼn verklaring op sy Facebook-blad gesê hy is teleurgesteld in die manier waarop die universiteitbestuur die situasie hanteer het.

“Sasco is teleurgestel deur die arrogante optrede van die direkteur van sport. Ons glo sy kon ʼn beter werk gedoen het as om meer sekuriteitsbeamptes te roep en hulle opdrag te gee om studente aan te rand,” lui die verklaring.

Die studenteorganisasie het bygevoeg hy gaan met die nodige rolspelers by alle relevante universiteite vergader om transformasie te bevorder.

“Die studente se beroep was billik en eenvoudig en benodig nie sekuriteitsbeamptes nie, maar opbouende betrokkenheid.”

Sasco het gesê die organisasie het sy verteenwoordigers in die NMU se studenteraad versoek om Woensdag ʼn vergadering by te woon om al dié kwessies aan te raak.

Die NMU het in ʼn verklaring die ontwrigting veroordeel. “Die voorval is uiters betreurenswaardig en ons wil mense verseker dat dit nie die gees van die universiteit is nie,” lui die verklaring.

Die universiteit het gesê die voorval sal behoorlik ondersoek en die nodige stappe gedoen word.

Organiseerders van die Varsitybekerreeks het aangedui ʼn verklaring sal uitgereik word sodra hulle terugvoer van die NMU gekry het.

https://www.facebook.com/madmanmandi/videos/2007613426143357/

https://www.facebook.com/madmanmandi/videos/2007612906143409/

https://www.facebook.com/madmanmandi/videos/2007613106143389/

https://www.facebook.com/madmanmandi/videos/2007613106143389/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

humor ·

Solank daar mense met botsende kulture in hierdie land is, sal dinge nooit omdraai nie. Vergeet maar van die reenboognasie konsep en beding vir iets beters. Afsonderlike ontwikkeling.!!!!!!!!!!!!!!!!

Basjan ·

Sasco vra opbouende betrokkenheid, maar hoe opbouend is dit om stoele op die veld te gooi? Hoe het die direkteur van sport verkeerd opgetree om na die veiligheid van almal by die stadion om te sien?
Ek wens so transformasie wil end kry. Al is die hele Springbokspan gekleurd, maar dis die beste in ons land, dan bly ek trots Bok. En so ook andersom. Speel die beste spelers en los transformasie (en politiek) uit sport uit.

Gatvol ·

Daai blok van ñ man, ek salute jou!! Nie ñ bang haar (letterlik) op jou kop nie.
Jou ma het jou reg groot gemaak.

Ekstra Gatvol ·

@Gatvol, het jy opgelet hoe staan die kriminele saam, teen daardie enkele blok van n’ man.
Hulle weet goed dat hy ook sal moeg wees teen die tyd wat die volgende kriminel golf hom tref, en hy nie meer back-up het nie. Die land het sy agterent gesien!

Oujongvrou ·

Dis al wat hulle wil doen. Baklei en afbreek , aan die brand steek en klippe gooi. Daars geen hoop vir n land as die kamptige jeug so aangaan nie. En ek se kamptige want helfde van hulle is al middeljarig.

moeg ·

As jy nie goed genoeg is om in die span te kom nie, is jy nou maar net nie, dit het niks met jou vel kleur te doen nie!

Koos1 ·

moeg, maar wat as jy bitter goed is en wel uit die span gelaat word omdat jy moet plek maak vir die speler wat nie goed genoeg is nie?
Dit gebeur daagliks in SA. Gaan kyk maar hoeveel SA sportmense beoefen hulle passie oorsee.

Selfbeskikking ·

Ons word heeltemal uitgedruk, hulle wil he ons moet weggaan. So kom ons doen dit, ons onderhandel vir ons eie land, dis al oplossing.

Casper Labuschagne ·

Net een gevolgtrekking is hier sinvol: Ons minderheidsgroep is in hierdie land nie meer welkom nie, en die huidige populistiese oogmerke teen ons is vergelding.

Ronel ·

“Apartheid is verby” My liewe mens. Ins watse diep slaap was jy dat jy nou eers wakker skrik?

Ulrich ·

Sasco, gaan betoog GROOT ASSEBLIEF eerder by US se rektor se kantoor, of sommer sy privaat woning. En timmer hom sommer asb namens my. Dan kan hy eerstehands transformasie ervaar. Hy is mos tog te pro transformasie. By voorbaat dankie.

Oupahen ·

Hoekom noem hulle die oproeriges “studente” en nie kriminele wat hulle eintlik is nie?

Rugby ·

Gee rugby vir hulle, laat hulle dit vat, en al ons jongmanne gaan speel oorsee, dan praat ons weer…

Adriana ·

Maak die eerste span swart en die tweede span wit.Dan praat ons weer.De Villiers gaan nie kan wag om die wit studente te verwyder nie.Dit is nou so in sy kraal en moennie van Jansen vergeet nie.Hy sit al klaar gereed met sy pen

Andre ·

Kyk hoe mooi lyk die toekoms van ons land, staan op vir jou volk en baklei terug!

Oom Kalahari ·

Ja-nee kyk, soos kleinkinders wat nie hul sin kry en dan tantrums gooi. Hul instink is breek, brand, besoedel en vernietig. Studente wat sogenaamde leiers van more moet wees en dit is die disrespekvolle optredes. Die beste spelers haal die mylpaal en nie kleur kwotas nie. Stem met vorige skrywer wat noem van: maak eerste span swart en tweede span wit en laat gelyke speel velde vir albei spanne en hul optredes met dissipline en waarneming kan daarop toegepas word. Selfbeskikings en onderhandelinge is die enigste weg vorentoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.