[Video’s] Vyf in hof oor KFC-voorval

‘n Skermskoot uit een van die video’s.

Die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde aanranding van ʼn egpaar verlede week by ʼn KFC-restaurant in Pretoria, sal Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het vroeër aan Maroela Media bevestig Marius Harding (23), Ockert Muller (20), Stephan Nel (39), Dicky Junior van Rooyen (21) en Joshua Schultz (21) staan nou op ʼn aanklag van poging tot moord tereg. Hulle is aanvanklik van aanranding aangekla. Een van die beskuldigdes word ook van die rig van ʼn vuurwapen aangekla.

Maroela Media het vroeër berig ʼn video van die beweerde aanranding, wat by ʼn KFC-restaurant in Montana plaasgevind het, het wyd opslae gemaak nadat dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die beeldmateriaal, wat met ʼn selfoon opgeneem is, toon hoe ʼn groep mans na bewering ʼn egpaar aanval nadat die egpaar die mans gevra het om vorentoe te beweeg in die deurrybaan by die KFC-restaurant.

‘n Skermskoot uit een van die video’s.

Die selfoon skud so erg rond dat die gebeure nie duidelik op die video gesien kan word nie. Daar word egter gehoor hoe ʼn vrou herhaaldelik skree en baie kru taal word in die video gebruik. ʼn Mansstem kan ook gehoor word wat sê “skiet hom, skiet hom”.

Nog ʼn video is intussen aan Maroela Media gestuur wat glo ná die voorval geneem is. In dié video kan gesien word hoe van die mans en die egpaar saam met nog ʼn vrou buite hul motors staan. Daar kan nie op dié beeldmateriaal gesien word dat enige iemand gewelddadig optree nie, hoewel daar gehoor word hoe een van die beweerde slagoffers een van die beskuldigdes vloek. Die ander vrou op die video is duidelik ontsteld en sê herhaaldelik: “Dit is nie veronderstel om so te wees nie.”

Een van die beskuldigdes beweer in die video dat hy eerste geslaan is. Die video eindig met die beskuldigdes wat in hul motors klim en daar kan gehoor word hoe een van hulle aan iemand jammer sê.

Lees alle vorige berigte oor die KFC-voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Blits ·

Dis darem maar interesant, aanranding nou skielik poging tot moord, rig van wapen.
So as n swart man n witman aanrand dan is dit aanranding maar is die wit man terug slaan dan is dit poging tot moord???
DI twee het geweet wat kom, hulle het daarop uit gegaan om daarvoor te soek sodat daar witmense tronk toe kan gaan, Hoekom ander lag die knaap met sy rooi baaidjie so lekker en die vrou wat loop en vloek soos n matroos.

Tuanet ·

Is daar nie ‘n kamera van KFC wat die HELE onaangename insident opgevang het nie?

Michael ·

Die klomp wat so rasisme geskree het sonder bewyse Flip Buys,Adriaana Randal wat namens die DA komentaar gelewer het en die klomp wat die mans so beskuldig het ek dink verskonings is nou die regte ding wat die aanranding betref moet die wet maar nogsteeds sy gang gaan

Hans ·

Vermy sulke plekke,Koop n paar stukke vleis en braai by die huis saam jou gesin en vriende.Geniet dan kwaliteit tyd saam jou familie.Ons Afrikaner volk word uitmekaar gedryf deur moderne eetplekke en allerhande foefies(rassisme)..God eerste en dan die res.Dis van nou af my moto.

Leeu ·

Hahaha @Hans, eetplekke het nie die fout gemaak nie. Dan moet mense van Loftus af bly want die stadion maak mense gesuip.

duifie ·

Hans het ‘n punt beet, Leeu. Vreemde dinge gebeur deesdae links en regs by eetplekke; voor jy weet is jy die volgende een op ‘n video in die media en daarna in die hof. Provokasie gebeur vinnig en spyt kom te laat. Stem saam met Hans. Ek eet onder omstandighede eerder rustig by my huis in vrede en veiligheid.

anti kFC vere ·

@ hans, ek stem saam, KFC is in elk geval nie eers meer lekker nie en boonop vuil! wie wil nou vere eet as jy ‘n selfgebraaide hoendertjie op die kole kan gooi!

Skaam ·

Die klomp wat so skaam was is julle nogsteeds so skaam nou dat julle sien wat onopgevoed is?of gaan julle maar stilbly omrede julle nou geen polities korrekte punte kan verdien nie.

Rina Vermeulen ·

Heeltemal reg jy kan amper niks uitmaak op die video’s wie uitlokkend of die regtige die agressors is was of is nie . So hoe kan klagtes of bewyse hierop gebaseer word ?Ek praat geen insident op so wyse goed nie. Dis net die naakte waarheid dat wit op swart voorvalle met sulke tonele geteiken word ! Kyk maar waar voorvalle swart op wit is wat baie meer gebeur ook media stilte ,ligter strawwe en geensins in aanhouding en hul kant daaroor word gehoor en gestel . Soms is ñ verskoning ook genoeg. Dis waarom die klagte ook nou na poging tot moord verander is om hul borg te kan weier en hul in aanhouding te hou. Mense sal dit moet begin teenstaan anders gaan dit net erger word.

Bruno Stef ·

So ver ek kan sien was daar nie enigsins enige aanranding betrokke by die voorval nie net n histeriese en vloekende swart vrouens wat duidelik vir die kameras gespeel het.Dit is so duidelik dat n martelaars houding ingeneem word om die maksimum myle te kry soos met hoevele ander insidente alreeds gebeur het.

ESTELLE MARAIS ·

Bruno jy slaan die spyker op die kop! toe ek die video sien was dit die eerste wat deur my gedagtes is “sy soek ‘n rol in Isidingo”

Rina Vermeulen ·

Heeltemal reg jy kan amper niks uitmaak op die video’s wie uitlokkend of die regtige die agressors is was of is nie . So hoe kan klagtes of bewyse hierop gebaseer word ?Ek praat geen insident op so wyse goed nie. Dis net die naakte waarheid dat wit op swart voorvalle met sulke tonele geteiken word ! Kyk maar waar voorvalle swart op wit is wat baie meer gebeur ook media stilte ,ligter strawwe en geensins in aanhouding en hul kant daaroor word gehoor en gestel . Soms is ñ verskoning ook genoeg. Dis waarom die klagte ook nou na poging tot moord verander is om hul borg te kan weier en hul in aanhouding te hou. Mense sal dit moet begin teenstaan anders gaan dit nie ophou nie.

Dirk Breytenbach ·

Flip Buys en Afriforum is doodstil…..hoekom????

Cherokee ·

Dirk Breytenbach, verwag jy van Flip Buys en Afriforum om op te tree by elke insident waar wit en swart slaags raak? Is jy ‘n lid? Dra jy by tot ledegeld? Dink jy hul fondse en mannekrag is onbeperk? Wees realisties asseblief en moet nie net kommentaar lewer om iets te sê nie.

gunston101 ·

Elke keer trap die mense in dieselfde slag gat. Bly weg van plekke waar hierdie akteurs lug tyd soek. Wat n skande is , is dat ons wet stelsel deesdae op kleur fokus. Hierdie laatnag dronk nes kry meer nuus tyd as n moord van n onskuldige boere. Dis absurd

Jaco ·

Ek wil net graag weet hoekom die KFC-drama en die doodkisdrama daagliks in ons kele afgedruk en so opgeblaas word, maar daar word niks verder berig oor die misdadigers wat hierdie week n jongseun DOOD gemaak het met n mes as toe hy misdadigers prober keer het nie, ek hoor ook niks verder van die misdadigers wat weer hierdie week n boer DOOD gemaak het nie, n mens hoor ook nie veel oor die man wat amper DOOD geslaan was gister deur taxibestuurders in JHB nie….

Oom Doug ·

As jy n wit vel het in enige situasie dan is jy automaties skuldig. As n Boer homself verdedig is hy skuldig.
Baie sad wat nou gebeur in hierdie wonderlike land.

Adriaan ·

Selfs op Maroela is daar min of geen opvolg berigte oor die die vele moorde (plaas en stedelik) waar wit mense die slagoffers is nie. Maar met sake waar wit mense die beskuldiges is, is daar gereelde opdateerings. Dis amper asof iemand wit mense wil laat minderwaardig voel oor hulle ras …

m ·

Hierdie mense is maar daarop uit om jou uit te lok want hulle het nou die aandag gekry wat hulle soek. Aangesien die selfoon so vreeslik geskud het of wat ook al hoop ek daar is darem konkrete bewyse oor wat hier gebeur het en dat geen aannames gemaak word nie. Dis weer hulle woord teen die witte se woord. Sal seker weer hoor die kameras in KFC het gerieflikheidshalwe nie gewerk nie..

Annatjie Kruger ·

Ek wil ook weet of daar nie sekuriteitskameras is wat die hele insident opgeneem het nie. Vir my lyk dit asof die swart paartjie skoor gesoek het, met die ander mense. Wie is die derde vrou wat daar rondloop en lyk asof sy die vrede wil herstel? Waar is die sekuriteitswagte? Nog ‘n voorval soos die Spur? Alles uit verband geruk?

Jaco ·

En soos gewoonlik, het die swart persoon moeilikheid gesoek en toe die wit persoon opstaan vir homself is hy as ‘n rassis gebrandmerk. Dit lyk op die video glad nie vir my of een van die swart persone aangerand is soos in die nuus geskryf was nie. En natuurlik sal die swart vrou nou aanhou om olie op die vuur te gooi, soos in die Spur debakel ook.

Celeste ·

Die streetwise 4 with a extra piece gaan moeilike he. Maak nie saak of daar n hou geslaan is of nie. Vir hulle is dit rassisties net as jy vir hulle skeef kyk.

Hannetjie Harvie ·

Wat nou van die Minister wat die vrou aangerand, geskop en geslaan het. Hy het dit erken, maar loop nog vry rond. Regtig????

Vannessa ·

Dankie vir die skakel.en dat dit onder lesers se aandag gebring word.
Dit is al van vroeg op ander nuusmedia se blaaie.
Hoekom het Maroela Media nog nie n berig geplaas nie?
Ook, waar is Flip Buys se sterk bewoorde veroordeling van die voorval?

Ronell ·

Ja die geval word ook onder die mat gevee. FiKile Mbalula en daai kaptein Kay Makhubela van Sinoville SAPS, waarom reageer julle nie ook oor hierdie werklike aanranding nie, hierdie was duidelik nie die toneelspel van die sogenaamde slagoffers by KFC nie. Hulle sal ook nie reageer of kommentaar lewer nie want beide weet hulle het die KFC voorval opgeblaas. Dan kry die baksteen aanvallers ook net R600 borg omdat hulle ‘n witman aangerand het met die doel om ernstig te beseer. Ek kan my kop op ‘n blok sit dat daai twee verdagtes nie eers ‘n vaste adres het nie, maar borg is die eerste ding wat toegestaan word. Hulle het seker voorgehou as hulle nie werk nie kan hulle nie vir hul gesinne sorg nie. Dieselfde geld mos nie vir witmense ook nie.

Speedguard ·

@WOW ….baie goeie vraag , dankie vir die link met die berig !!

Fires ·

Het ek die berig gemis!
Van die 2 taxi drywers wat n witman in Pretoria probeer dood slaan het! Kan Maroela daaroor berig?
Wittes word getart om dan uit gewys te word as rasiste! Bly weg van sulke konfrontasies!

Michael ·

Besige tyd van die aand en niemand help nie wat n skande ek sou die man gehelp het.

Hans ·

Vier van die KFC persone was in aanhouding,maar die taxi bestuurders wie n witman met n baksteen aangerand het is op n klein bortogbedrag vrygelaat-verstaan dit nie.

Trevar noa ·

Want julle is te beskaaf of bang ons sal moet optrek na die polisie hoofkantoor en iets aan die brand steek dit is al waneer die regering luister

dries ·

Bly weg van die plekke, weet jy hoe lekker is n hoendertjie oor n vuurtjie, ons is in elk geval nie baie welkom daar nie want ek het nog nooit n blanke gesien wat daar werk nie.

Pieter Roux ·

Kom Flip Buys? Hoekom nou so stil? Jy kan mos nie wag om op die rassisme wa te spring as dit lyk of blankes in ‘n bakleiery betrokke is nie. Jy skree mos sommer dadelik rassisme sonder die bestaan van enige bewyse?

Leahim ·

Moet nie vir Adriana Randall van die DA vergeet nie en o ja vir gawie en gerrie wat die mense so beledig het nie as ek reg onthou was gawie die een wat die DA se mening so verdedig het ….en waars daai mense nou

Johanna Botha ·

En die anc minister wat 2 vrou aangerand het in die club … en dit nogal terwyl 2 poliese lyfwagte toekyk en daar gebeur net mooi niks nie ! !!

Sê maar net ·

Dankie. Ek stem saam Leahim.
En ek sit hier en dink wat kan ons doen om uit die “situasie / omstandighede” in ons land te kom. Ons is voorwaar op ‘n slegte plek.
Volk-word voor God….

Blits ·

rig van vuurwapen, kon iemand op die video sien dat daar n wapen gerig was??? dis maklik om dit te se maar ekt niks van n vuurwapen gesien nie, man word met bakstene gaslaan dis aanranding maar wit mense slaan met sponsies (niks bloed of merke gesien op die mense nie) en dis dan poging tot moord

Amanda ·

Help my reg. Is daar nie n video wat wys hoe die man en vrou begin het met die storie nie. Hoekom gaan die mense dan nog hof toe?

Anna ·

Ons kan kla oor hoe onregverdig en hoe dubbeld die standaarde is, tot ons blou is. Die ware feite is dat die wiel nou gedraai het. Blankes is die minderheid in die land. Dit is hoekom dit 100 maal meer belangrik is om seker te maak jy reageer nie op die tipe doelbewuste uitlokking nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.