[Video’s] Wit Maties-studente afgejak; probeer standbeeld skoonmaak

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Wit studente van die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag gepoog om die standbeeld van JH Marais skoon te maak nadat ʼn band by die standbeeld aan die brand gesteek is.

Verskeie video’s is op sosiale media gedeel, waaronder ʼn video van die gebruiker @LudweMtakati wat wys hoe die studente uitgejou word.

Maroela Media het vroeër berig werkers en studente het Dinsdag asblikke en ander voorwerpe aan die brand gesteek tydens ʼn betoging by die universiteit.

Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, het gesê die werkers van buitemaatskappye betoog oor uitkontraktering. ʼn Groep studente het hulle by die werkers aangesluit.

WAARSKUWING: Kru taal kan in die video’s gehoor word en sensitiewe kykers en kinders word ontmoedig om daarna te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Reinhardt ·

Uiters skokkend hoe mense tekere kan gaan. Wat hierdie werkers met die universiteit te doen het weet ek nie. Malema stuur seker sy trawante aangesien alles in Stellenbosch sover nog rustig was.

Susan ·

Hierdie mense is ‘n belediging vir almal in Suid Afrika!!!!! Wat ‘n skande. Dan dring hulle aan op gratis onderrig!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ja ·

Hulle se hulle is moeg om agter wit mense skoontemaak…. Soos dit vir my hier lyk is dit heeltemal anders om!!!

Genoeg ·

As hulle moeg is om agter my skoon te maak kan hulle gerus bedank. Hulle is mos nie slawe nie. Gaan werk dan maar vir swart mense. Ek is bereid om te help en te begin deur die wat by my werk te onslaan. Oooh, wag, ek het dit al reeds gedoen….

Gerhardt ·

Liewe “cleaner” in die laaste foto, jy hoef nie agter hierdie witmens skoon te maak nie, regtig. Moet net asb nie kom bedel vir kos nie.

Johan 2 ·

Hul is n walglike spul, geen respek vir niks. Wat soek daai gemors op kampus.

Dirk ·

Bravo aan die dapper jong dames wat die standbeeld skoonmaak. Staan sterk teen barbarisme.

Rentia ·

En dit is die toekoms van ons land???? Watter vooruitsig, ek sal twee keer dink voor ek dokter toe gaan op my oudag.

Marie Swanepoel ·

Hierdie mense wat so afbreek en verwoes is beslis nie opgewasse om aan n universiteit te studeer nie.

Liewe land! ·

Weersinwekkende skolliegedrag deur swak opgevoede mense. Hoe is dit moontlik dat vandale tans blykbaar daagliks ons universiteite aan n gevoelige plek beetkry en rondswaai?

Was die wat op die videogreep aanmekaar “voetsek” skree ooit hande na hulle n toilet besoek het? Stellig nie – Dit is heeltemal te beskaafd en sindelik.

Geen wonder nie dat om skade te berokken, te bevuil, af te breek en liederlik te maak so ‘tweede natuur’ is.

Danie Minnaar ·

Aan sy vrugte sal die boom geken word – ‘n slegte boom kan tog nie goei vrugte dra nie….

Kallie ·

So trots op die jong dames! Julle is die stoffasie wat die vorige geslagte kaalvoet oor die Drakensberge laat stap het, julle het styl, opvoeding en waardes, andeers as die wat soos hooligans om julle dans en gil,net soos wat ons voorvaders moes verduur. Bravo vir julle, bravo!

Sandy ·

Wel gedaan aan die dames wat so pragtig skoonmaak en ‘n voorbeeld stel vir ons jeug, so trots op julle. Kan sien daar is nie ‘n bang haar op hul koppe nie, die een probeer dreig maar ons meisies gaan voort.

Eish! ·

Ek vat my bediende huistoe en die omgewing is vieslik vuil. Ek vra vir haar of dit lekker is, sy se nee. Ek se kry die kinders bymekaar om deur die straat te loop en sover hul loop als op te tel en in sakke te gooi. sodoende is die straat vinning skoon. Haar antwoord was en wie gaan hulle betaal? En ook hoekom moet die kinders skoonmaak, want die grootmense mors die papiere. Toe besef ek vir hul is niks ‘n trots nie. Als gaan oor of ek betaal word. Ek het vir haar gevra nou wie betaal my as ek op my sypaadjie skoonmaak? Ek doen dit vir myself en nie vir my buurman nie en my buurman doen dit weer vir homself en die einde is ons bly almal lekker. Dankie dat ek nog trots het.

Dr Corne Mulder ·

Gedurende n debat in die Parlement in 1993 het mnr FW de Klerk geargumenteer dat daar wegbeweeg moet word van diversiteit en etnisiteit en dat die nuwe SA gebou sou word rondom “gedeelde waardes”. Ek het in my antwoord op sy toespraak aan hom gesê jy sal dalk uitvind dat die waardes wat sal geld die waardes van die meerderheid sal wees wat dalk mag verskil van jou waardes. Ek kyk na SA van 2015 en weet ek was toe reg.

Hennie Alberts ·

Hallo Dr Mulder. Ek het sowat 3 weke gelede ‘n boek klaar geskryf. Sal graag wil hê u moet dit aanskaf en lees. Ek sien hier dat my eposadres nie gemeld sal word nie so ek weet nie hoe om my kontak by u uit te kry. Ek gee dus my selfoon nommer indien u wil kontak maak om die boek in die hande te kry. Miskien kan ek so vir u my eposadres laat kry. Vriendelike groete. 0825500283.

Leonie Booysen ·

Wat my ontstel is dat die meerderheid blankes staan en toe kyk waar is hulle trots om wit te wees waar gaan ons blankes weer jong mense kry met ruggraat. Dit is uiters swak van enige een om eenkant te staan wanneer sy mede volksgenote hulp nodig het en veral om bymekaar te staan. Ons blanke volk het n skande geword vir hulle self.

Riaan ·

Die wereld sal darem maar n beterplek wees sonder daai goed.

Hennie Alberts ·

My boek, “Grond vir Vergifnis” is 3 weke terug voltooi en beskikbaar te koop. Skakel my 0825500283 en bestel deur my epos wat ek sal verskaf. Paralelle word getrek tussen hedendaagse aktualiteite en die geskiedenis sedert 1652. ‘n Moet lees vir enige denkende mens.

Leeutjie ·

Mens voel so magteloos as jy na dit kyk! Waarheen vlug mens? ‘n Totale antiklimaks van etniese groepe. Laat my weereens dink aan die fliek die Lion King waar afbreek deur Skaar en sy trawante aan die orde van die dag was! Die fliek is ‘n goeie weerspieeling van wat vandag in ons samelewing aangaan.

Barend Petrus Uys ·

Vir die damestudent wat daar bly skoonmaak ten spyte van die optrede van die mede-student.

Respek! Hou so aan. Jy gee my moed.

Frans ·

En so word ‘Animal Farm’ ‘n werklikheid in Suid Afrika.

jacques ·

Ek was lanklaas so trots op iemand gewees as wat ek nou is vir die jong dames wat probeer skoonmaak het. Ek ken julle nie eers nie, maar julle het eer, klas, en word hoog geag. Well done. Die ander vrouens het geen klas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.