Vier aangekeer oor renosterstropery

Foto: SAPD

Vier verdagtes is gister en vandag deur die renoster-projekspan en die Nelspruit-honde-eenheid in Mpumalanga en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

“Die lede het ʼn voertuig, wat in Hluhluwe opgemerk is, waargeneem. Terwyl die voertuig op pad was na Nelspruit, is lede van die honde-eenheid ontbied en ʼn hoëspoedjaagtog het gevolg,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee verdagtes is in hegtenis geneem en ʼn renosterhoring is gevind toe die voertuig deursoek is.”

Ondersoekbeamptes het tydens verdere ondersoek ʼn klopjag uitgevoer op ʼn huis in Ntambanana. “Beamptes het tydens die soektog beslag gelê op twee jaggewere, waarvan die reeksnommers afgevyl is, asook ʼn mes en patrone. Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem, waarvan een reeds voorlopig verbind word met nóg ʼn saak van renosterstropery,” het Mogale bygevoeg. “Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik ·

Ek hou van Botswana se manier van doen wat renosterstroping betref. Geen arrestasies, hofsake ens nie. Hul veldwagters skiet om dood te skiet en maak seker almal is dood. Renosterstroping in Botswana staan tans op 0%

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.